‘Dis hart­seer om­my Bok­maat El­lis te ver­loor’

Die Burger - - Front Page - Sa­rel van der Walt

PRETORIA. – Jan El­lis (71), die le­gen­da­rie­se oud-S­pring­bok­flank wat lank saam met F­rik du P­reez die re­kord vir die mees­te toet­se vir die S­pring­bok­ke ge­hou het, is dood.

“Rooi­kop Jan El­lis van Suid­wesA­fri­ka”, soos die rug­by­kom­men­ta-tor Ger­hard Vi­viers na hom ver­wys het, het gis­ter ’n lang stryd teen been­kan­ker ver­loor. Hy is in ’n hos­pies dood. “My pa het die laas­te ruk baie ge­ly,” het sy dog­ter, Pe­tro O­li­vier, ge­sê. “Hy het 18 maan­de kan­ker ge­had.”

El­lis is in 2000 in ’n roof­tog in Pretoria ge­wond en het se­dert­dien met sy ge­sond­heid ge­suk­kel.

O­re­gan Ho­skins, pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie, het in ’n ver­kla­ring ge­sê El­lis was een van die “bes­te S­pring­bok-los­voor­spe­lers van al­le tye”.

“Hy was ’n ‘in­stel­ling’ in die S­pring­bok­span en sal ver­al met deer­nis deur die ou­er ge­slag rug­by-on­der­steu­ners ont­hou word.”

El­lis, wat in Brak­pan ge­bo­re is maar na­by Go­ba­bis in Na­mi­bië groot ge­word het, het tus­sen 1965 en 1976 in 38 toet­se ge­speel en 74 keer (ge­wo­ne toer­wed­stry­de in­ge­sluit) die groen-en-goud oor die kop ge­trek.

Dié ra­tel­taai-flank was be­kend om sy fiks­heid en het net een van die 39 toet­se mis­ge­loop wat tus­sen sy eer­ste en laas­te toets ge­speel is.

El­lis het se­we toets­drieë ge­druk en nóg 25 in toer­wed­stry­de.

Dr. Da­wie de Vil­liers, on­der wie se kap­tein­skap El­lis die mees­te van sy toet­se ge­speel het, het ge­sê dit is “hart­seer om ’n ou S­pring­bok­maat te ver­loor”.

El­lis, wat sy loop­baan as kap­tein van Trans­vaal af­ge­sluit en die laas­te 30 jaar op Ray­ton na­by Pretoria ge­woon het, het in 1965 sy toets­bui­ging in Wel­ling­ton, Ni­euSee­land, teen die All Blacks ge­maak.

“Jan was ’n uit­son­der­li­ke en be­gaaf­de rug­by­spe­ler. Hy was groot én sterk en vin­ni­ger as baie ag­ter­spe­lers,” het De Vil­liers ont­hou. “Sy swenk was be­drieg­lik en hy kon spe­lers goed af­stamp met die bal in een van sy groot han­de.”

De Vil­liers het ge­sê El­lis was ’n “stil en te­rug­ge­trok­ke mens wat nie voor op die wa was nie”.

Du P­reez het ge­sê hy is ge­skok oor die nuus van sy ou span­maat se af­ster­we. “Kyk, daai ou was nie net die fiks­ste van ons al­mal nie, hy kón ’n bal han­teer. Van­dag se rug­by sou hom soos ’n hand­skoen ge­pas het,” het Du P­reez ge­sê.

El­lis word oor­leef deur sy vrou, Hei­la, twee kin­ders, Pe­tro O­li­vier en Jan El­lis jr., en vyf klein­kin­ders.

Jan El­lis en sy vrou, Hei­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.