Saam met Jan ‘kon jy oor­log toe gaan’

Die Burger - - Aktueel / Buiteland -

Co­bus Claas­sen CUL­LI­NAN. – Selfs ’n ou oom wat kwa­lik kan be­weeg het gis­ter­og­gend in Cul­li­nan se Her­vorm­de kerk uit re­spek met groot moei­te o­rent ge­kom toe die kis van een van die wa­re ys­ters van S­pring­bok­rug­by by dié kerk in­ge­dra is.

Daar is op dié stil dor­pie, oos van Pretoria, van die rug­by­reus Jan El­lis af­skeid ge­neem na­dat hy ver­le­de week ná ’n lang stryd met kan­ker dood is.

El­lis was ’n le­gen­de vir sy aan­han­gers. En hy het die af­ge­lo­pe paar jaar ook ’n le­gen­de vir God ge­word, het ds. Lou­rens Au­camp El­lis (71) se le­we gis­ter op­ge­som.

Au­camp het El­lis be­skryf as ’n kwaai en reg­uit man wat hom mak­lik kon ver­vies.

“Maar hy was ’n won­der­li­ke man vir sy vrou en het so­veel lief­de vir sy ge­sin ge­had.”

Hy het ge­sê El­lis was met die ge­wa­pen­de roof­tog in 2000 waar­in hy in die maag ge­wond is en la­ter met die kan­ker “nooit weer die­self­de man nie”.

“God het Hom met die swaar­kry aan Jan El­lis ver­bind en Jan het vre­de in God ge­vind. Hy het des­tyds spie­re op die rug­by­veld ge­had, maar hy het ook met ge­loof­spie­re ge­sterf.”

Ma­ryna Vi­viers, we­du­wee van die le­gen­da­rie­se rug­by­kom­men­ta­tor Ger­hard Vi­viers en fa­mi­lie­vriend van die El­lis­se, het in haar huldeblyk ge­sê sy ont­hou die dag toe El­lis, kort voor haar man se dood, by hom kom kui­er het.

“Jan was be­kom­merd dat Ger­hard hom nie meer gaan ont­hou nie. Toe ons hom vra wie langs sy bed sit, het Ger­hard, wat in daar­die sta­di­um nie eint­lik meer kon praat nie, met ’n hees stem ge­ant­woord: ‘Die groot­ste flank wat Suid-A­fri­ka tot nog toe op­ge­le­wer het’.”

“Die twee het daar­na lek­ker saam ge­sit en huil.”

Sy het ver­tel El­lis kon nooit ver­staan hoe an­der S­pring­bok­ke hul baad­jies kan ver­koop of op vei­lings van die hand sit nie.

“Hy het el­ke trui, baad­jie en selfs oe­fen­broek met groot trots be­waar.”

F­rik du P­reez het ge­sê El­lis is die so­veel­ste “maat” wat hy die af­ge­lo­pe tyd moes groet.

“Hel, ou Jan was ’n moer­se goeie rug­by­spe­ler. Hy was nie ’n ou vir kui­er saam met die man­ne nie, maar ons het me­kaar se ge­sel­skap ge­niet.”

Piet G­rey­ling, wat in 24 toet­se El­lis se flank­maat was, het ge­sê dit was ’n voor­reg om saam met ’n fe­no­me­na­le spe­ler soos El­lis te kon speel.

“Hy was ’n pri­vaat ou en jy het Jan nie som­mer op ’n ont­haal ge­kry nie. Maar as jy saam met hom op­ge­draf het, het jy ge­weet hier is ’n man saam met wie jy kan oor­log toe gaan.”

Fo­to’s: CRAIG NIEUWENHUIZEN

Oud­span­maats van Jan El­lis het gis­ter dié S­pring­bok­le­gen­de se be­graf­nis op Cul­li­nan by­ge­woon. Van links is Jan Tromp, F­rik du P­reez, Piet G­rey­ling en Lof­ty Nel.

Be­graf­nis­brie­we vir Jan El­lis lê gis­ter­og­gend in die voor­por­taal in die Her­vorm­de kerk op Cul­li­nan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.