Re­dak­teur kry ge­sog­te stu­die­beurs

Die Burger - - News - Ma­ri­sa Foc­ke­ma

BLOEM­FON­TEIN. – Jo­han­na van Ee­den, re­dak­teur van Volksblad, is aan­ge­wys as van­jaar se Suid-A­fri­kaan­se wen­ner van die in­ter­na­si­o­na­le Nie­man-ge­noot­skap se ge­sog­te joer­na­lis­tiek­beurs.

Hier­voor gaan sy by­kans ’n jaar, van Au­gus­tus van­jaar tot Ju­nie 2015, aan die Har­vard-u­ni­ver­si­teit in Bos­ton, A­me­ri­ka, stu­deer.

Sy be­skryf die ge­leent­heid as ’ n baie groot voor­reg.

“Baie vo­ri­ge Nie­man-ge­no­te is joer­na­lis­te wat al Pu­lit­zer­pry­se ge­wen het. Dit is se­ker dié prys waar­na joer­na­lis­te streef. Vir my is dit reg­tig in­spi­re­rend.”

G­reg Ma­ri­no­vich, fo­to­graaf van die so­ge­naam­de Bang Bang Club en ’n Pu­lit­zer-prys­wen­ner, is die hui­di­ge SuidA­fri­kaan­se beurs­hou­er.

Tim du P­les­sis, uit­voe­ren­de re­dak­teur van A­fri­kaan­se nuus by Me­dia24, het ge­sê Van Ee­den sluit haar nou by ’n trot­se ga­le­ry Nas­pers-joer­na­lis­te aan wat al voor­heen met die beurs ver­eer is.

Du P­les­sis, Ton Vosloo, voor­sit­ter van Nas­pers se di­rek­sie, Sa­lie de S­wardt, ’n oud­di­rek­teur van Me­dia24, en Hen­nie van Deventer, oud­re­dak­teur van Volksblad en voor­ma­li­ge hoof van Nas­pers-koe­ran­te, is vo­ri­ge wen­ners.

Van Ee­den is die eer­ste vrou uit die Nas­pers-groep wat dié beurs ver­o­wer. “Dit is ’n uit­son­der­li­ke pres­ta­sie. Sy het for­mi­da­be­le kan­di­da­te uit­ge­stof om dit te ver­o­wer. Ons is baie trots op haar,” het Du P­les­sis ge­sê.

Hy het ge­sê haar aan­wy­sing is tot groot voor­deel vir Me­dia24 aan­ge­sien sy ver­ryk­te in­sig en ken­nis gaan op­doen.

Van Ee­den sal haar ty­dens haar stu­die graag in die sa­ke­kant van koe­ran­te wil in­gra­we.

Jo­han­na van Ee­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.