Ger­tjie Nie­m­öl­ler: ‘Hy kon die on­moont­li­ke ver­mag’

GER­TJIE NIE­M­ÖL­LER van Po­f­ad­der kon sto­ries van die Boes­man­land en sy men­se ver­tel soos nie­mand an­ders nie. Hy was ’n boer – van ’n ka­ra­koel­stoe­te­ry tot da­dels. La­ter het hy ver­skil­len­de soor­te klip­pe ont­gin. Op 10 Ju­lie is hy oor­le­de. Jo­han Nel, wie se pa

Die Burger - - 1 - Jo­han Nel is ’n on­af­hank­li­ke ver­vaar­di­ger van do­ku­men­tê­re TV­pro­gram­me en ’n vry­skut­joer­na­lis. Hy woon op Wel­ling­ton. Om­dat hy, nes Ger­tjie Nie­m­öl­ler, in die Noord­Kaap groot­ge­word het, het hul paaie dik­wels ge­kruis. Ger­tjie ver­skyn ook in twee van die do

Die noor­de van die Boes­man­land – dié deel van ons land wat ook as die Klein-Boes­man­land be­kend staan – is nie ’n plek wat jy rus­tig en op jou tyd kan deur­ry nie. Voor jy jou kom kry, raak jy haas­tig en gooi voet in die hoek, want om jou is net leë, ho­ring­droë vlak­tes, bar klip­ran­te en ver­la­te berg­reek­se wat sta­dig by die mo­tor ver­by­skuif.

Vir baie ja­re het die men­se van die Klein-Boes­man­land ge­glo jy kan hier om­trent net met ska­pe en bok­ke boer. As jy op ’n an­der ma­nier ’n le­we wil pro­beer maak, moet jy maar el­ders bly­plek gaan soek.

Toe ver­skyn Ger­tjie Nie­m­öl­ler van Po­f­ad­der op die to­neel. Ger­tjie was ie­mand wat deur die groot Suid-A­fri­kaan­se ny­we­raar van wel­eer, dr. An­ton Ru­pert, as ’n “hom­mel­by­mens”* be­stem­pel sou word. Hy was ie­mand wat die slag ge­ken het om die on­moont­li­ke te ver­mag en hy was o­ën­skyn­lik on­be­wus van die feit dat die om­stan­dig­he­de om hom dit vir hom on­moont­lik sou maak om dit waar­oor hy droom, te ver­mag.

As jong man het hy bin­ne ’n paar jaar daar­in ge­slaag om die droë vlak­tes en klip­ran­te van die Klein-Boes­man­land te om­to­wer in ’n skat­ka­mer van ryk mi­ne­raal­my­ne.

Hy het ook die sand­vlak­tes tus­sen die droë rots­kop­pe ver­an­der in ’n o­a­se van wui­wen­de, groen da­del­palms.

Ger­tjie, wat op 10 Ju­lie op 87 in die hos­pi­taal op U­ping­ton oor­le­de is, het nie al­leen die men­se van die Noord­wes­te en la­ter die he­le Suid-A­fri­ka ver­stom met die slim, in­no­ve­ren­de plan­ne waar­mee hy sy wê­reld en uit­ein­de­lik die gan­se K­leinBoes­man­land om­vorm het nie. Hy het oor die ja­re ook tientalle me­de-Boes­man­lan­ders ge­help om met splin­ter­nu­we oë na hul wê­reld te kyk en om nu­we ma­nie­re te vind om suk­ses­vol daar te le­we.

Ger­tjie Nie­m­öl­ler was “an­ders”. Po­f­ad­der se be­jaar­des, wat hom reeds van sy kin­der­dae af ge­ken het, sê hy het – an­ders

‘‘Hy het bin­ne ’n paar jaar daar­in ge­slaag om die droë vlak­tes en klip­ran­te van die Klein­Boes­man­land te om­to­wer in ’n skat­ka­mer van ryk my­ne.’’

as die an­der kin­ders op die dorp – sel­de aan kin­der­spe­le­tjies deel­ge­neem. Hy het ver­kies om in die mid­dae in die sit­ka­mer van sy pa se ho­tel na die sto­ries van die groot­men­se te sit en luis­ter. Hy het ook ge­reeld plek­ke soos die werks­win­kel van die dorp se mo­tor­ha­we be­soek waar hy met groot be­lang­stel­ling staan en

kyk het hoe die werk­tuig­kun­di­ges mo­tor­voer­tuie her­stel.

Een van die men­se wat baie ge­reeld by sy pa se ho­tel op Po­f­ad­der oor­ge­staan het, was dr. Jo­hann von Back­ström, ’n staats­ge­o­loog wat be­sig was met ’n stu­die van mi­ne­ra­le en ver­al van die tal­le peg­ma­tiete wat in die ber­ge van die Klein-Boes­man­land voor­ge­kom het.

Hier­die kon­tak met Von Back­ström het ge­maak dat toe ie­mand vir hom la­ter, na­dat hy op die plaas Klein Pel­la be­gin boer het, ver­tel het dat daar in die ran­te oor­kant die Oran­je­ri­vier waar­de­vol­le wit klip­pe voor­kom, hy da­de­lik die ri­vier oor­ge­steek en van die klip­pe gaan haal het.

Hy het die wit klip­pe na die de­par­te­ment ge­o­lo­gie­se op­na­mes in P­re­to­ria ge­stuur en uit­ge­vind dat dit bis­mut is, ’n mi­ne­raal wat in die maak van se­ke­re me­di­sy­ne ge­bruik word. Hy het met be­hulp van ’n groe­pie hel­pers die bis­mut met ’n tuis­ge­maak­te skuit oor die ri­vier na die plaas ge­bring en daar­in ge­slaag om sy eer­ste vrag bis­mut te ver­koop. Die geld wat hy so ver­dien het, het ge­maak dat hy met splin­ter­nu­we oë na die klip­ran­te om hom be­gin kyk het.

Sy kon­tak met ge­o­lo­gie­se op­na­mes in P­re­to­ria het hom ook ge­help om voor­beel­de van al die be­lang­ri­ke mi­ne­ra­le wat rond­om Po­f­ad­der voor­kom, in die han­de te kry. Hy het die voor­beel­de in sak­kies ge­plaas en be­ne­wens sy eie sak­kie het elk­een van sy skaap­wag­ters ook ’n sak­kie klip­pe ont­vang. Hul­le moes, ter­wyl hul­le in die veld ag­ter die vee stap, kyk of hul­le nie nog sul­ke klip­pe raak­loop nie.

Hier­die pro­spek­teer­werk het daar­toe ge­lei dat hy op ’n dag ’n be­son­der ryk neer­slag van sil­li­ma­niet na­by Klein Pel­la ont­dek het. Sil­li­ma­niet is ’n mi­ne­raal wat in die maak van vuur­vas­te ste­ne vir hoog­oon­de in die staal­be­dryf ge­bruik word. Dit was knap ná die Twee­de Wê­reld­oor­log en Ja­pan was be­sig om op groot skaal hoog­oon­de vir sy staal­be­dryf te bou.

Ger­tjie het op ’n vlieg­tuig ge­klim en na Ja­pan ver­trek om sy sil­li­ma­niet te gaan ver­koop.

“Dit was daar­die ja­re ’n an­der­ster vlie­ë­ry as van­dag,” het hy ge­sê toe hy my van sy be­soek aan Ja­pan ver­tel het.

Dit was lank voor die dae van vin­ni­ge, straal­aan­ge­dre­we pas­sa­siers­vlieg­tuie. Daar was ook nie di­rek­te vlug­te tus­sen SuidA­fri­ka en Ja­pan nie.

Hy moes na die Mid­de-Oos­te vlieg, toe ’n an­der vlug na In­dië neem, daar­na ’n vol­gen­de vlug na Hong­kong haal en van daar ’n vier­de vlug na Ja­pan waar hy die Ja­pan­ne­se oor­reed het om ’n lang­ter­myn­kon­trak vir die le­we­ring van sil­li­ma­niet te sluit.

Ger­tjie se sil­li­ma­niet­myn het baie din­ge in die Klein-Boes­man­land ver­an­der: Die strin­ge swaar vrag­mo­tors wat die sil­li­ma­niet na die naas­te spoor­weg­sta­sie op Ka­ka­mas moes ver­voer het die plaas­li­ke o­wer­he­de ge­dwing om die pad­net­wer­ke in en om die myn te ver­be­ter. Daar was skie­lik splin­ter­nu­we werks­ge­leent­he­de vir die men­se van die Boes­man­land en daar was ge­noeg geld om die Nie­m­öl­ler­pla­se Klein Pel­la en Kam­breek­fon­tein be­hoor­lik te ont­wik­kel.

Aan­vank­lik is ’n ta­maai ka­ra­koel­stoe­te­ry op die pla­se ont- wik­kel, maar toe die ka­ra­koel­mark in duie stort, het Ger­tjie be­sluit om met da­dels te boer.

Hy het na Is­rael en die Mid­deOos­te ge­reis om ’n deeg­li­ke stu­die van da­del­ver­bou­ing te maak. Ken­ners het hom ge­waar­sku dat die da­del­bo­me in die Mid­de-Oos­te met ’n vi­rus be­smet is. Dit het hom na die wes­kus van A­me­ri­ka laat reis waar hy die spe­si­fie­ke va­ri­ë­tei­te da­dels waar­na hy op soek was, in groot maat gaan aan­koop het.

Om­dat die vrag da­del­bo­me wat hy in A­me­ri­ka aan­ge­koop het, van die Noor­de­li­ke na die Sui­de­li­ke Half­rond ver­voer moes word, moes die boom­pies voor­af ver­koel word. Daar­na is dit met koel­trok­ke per pad na die oos­kus van A­me­ri­ka ver­voer en toe met ’n koel­skip na Suid-A­fri­ka ge­neem.

Min van die A­me­ri­kaan­se da­del­bo­me het uit­ein­de­lik die ver­skui­wing na Suid-A­fri­ka oor­leef, maar die wat wel op Klein Pel­la be­gin groei het, het ge­sorg dat da­del­ver­bou­ing in Suid-A­fri­ka dra­ma­ties ver­an­der het.

Lank voor die nu­we va­ri­ë­tei­te op Klein Pel­la ge­ves­tig is, is daar op klein skaal met da­dels op ver­skeie plek­ke langs die Oran­je­ri­vier ge­boer.

Die be­kend­ste da­del­plan­ta­sies was die by die Room­se sen­ding­sta­sie op Pel­la en ook die plan­ta­sie by Hen­kries. Hier­die da­dels was klein en nie baie soet nie. Klein Pel­la se nu­we da­dels was groot en stroop­soet en word dees­dae as ’n vars vrug be­mark.

Na­dat ’n ta­maai vloed in die Oran­je­ri­vier in 1988 feit­lik al Ger­tjie se da­del­plan­ta­sies op Kam­breek­fon­tein ver­nie­tig het, het hy die pla­se ver­koop, op Po­f­ad­der gaan woon en op­nuut met klip­pe be­gin boer.

Die da­del­plan­ta­sies wat hy op Klein Pel­la en Kam­breek­fon­tein be­gin het, het bly groei en is dees­dae die groot­ste da­del­plan­ta­sies in die Sui­de­li­ke Half­rond. Die da­dels voor­sien nie al­leen in al Suid-A­fri­ka se be­hoef­tes aan da­dels nie, maar word ook op groot skaal na die bui­te­land uit­ge­voer. Daar is baie Boes­man­lan­ders wat dees­dae kan ge­tuig dat Ger­tjie Nie­m­öl­ler, sy my­ne, sy pla­se en sy an­der­ster ma­nier van din­ge doen, die le­we in die Boes­man­land dra­ma­ties ver­an­der het.

Hy het van vrag­mo­tor­be­stuur­ders ver­voer­kon­trak­teurs ge­maak; van vee­wag­ters pro­spek­teer­ders . . . Hul­le al­mal sal vir jou sê Ger­tjie se hand het vir al­mal oop­ge­staan; dat toe hy en ’n span­ne­tjie wer­kers die lan­de­rye op Kam­breek­fon­tein be­gin ge­lyk­sleep het, Ger­tjie Nie­m­öl­ler in ’n een­vou­di­ge tent­jie saam met sy wer­kers ge­woon het. Hy het ook daar­op aan­ge­dring dat al­mal el­ke dag saam om die kos­pot moet sit en deel wat in die pot is.

Op Kam­breek­fon­tein het ek ty­dens ’n on­lang­se be­soek op ’n ver­la­te klein graf­kel­der af­ge­kom. Ger­tjie se dog­ter Lui­se het my ag­ter­na ver­tel dat toe haar pa as jong boer Kam­breek­fon­tein se vloed­vlak­te be­gin om­dol­we het om be­sproei­ings­lan­de­rye aan te lê, hy op ’n paar Boes­man­graf­te op ’n bult­jie bo­kant sy nu­we lan­de­rye af­ge­kom het.

Hy het da­de­lik die een­vou­di­ge Boes­man­graf­te met dié graf­kel­der toe­ge­bou om te ver­se­ker dat die graf­te nie in die toe­koms ver­steur sal word nie.

* ’n Hom­mel­by­mens was vol­gens An­ton Ru­pert ie­mand wat soos ’n hom­mel­by die on­moont­li­ke ver­mag deur te vlieg, on­danks die feit dat hy nie toe­ge­rus is met vler­ke wat ’n by van sy groot­te in staat kan stel om te vlieg nie.

‘‘Hy was ie­mand wat die slag ge­ken het om die on­moont­li­ke te ver­mag.’’ ‘‘Hy het van vrag­mo­tor­be­stuur­ders ver­voer­kon­trak­teurs ge­maak; van vee­wag­ters pro­spek­teer­ders...’’

Fo­to: DANA SNY­MAN

Po­f­ad­der, 2010: Ger­tjie Nie­m­öl­ler ty­dens sy on­der­houd met Dana Sny­man. Dana sluit sy ar­ti­kel oor oom Ger­tjie af met: “Ek kyk na oom Ger­tjie en be­sef ons het eint­lik niks oor al oom Ger­tjie se pres­ta­sies en vin­ding­ryk­heid en be­faam­de goed­har­tig­heid...

Fo­to: VER­SKAF

Die be­gin van groot din­ge: Die da­del­plan­ta­sies wat Ger­tjie Nie­m­öl­ler ja­re ge­le­de op die pla­se Klein Pel­la en Kam­breek­fon­tein aan­ge­lê het, vorm deel van wat van­dag be­skou word as die groot­ste da­del­plaas in die Sui­de­li­ke Half­rond.

Fo­to: S­TE­FAN BO­THA

Sto­ries oor die Boes­man­land word ver­tel: Ger­tjie Nie­m­öl­ler saam met die TV­aan­bie­der Jo­hann Bo­tha ty­dens die ver­vaar­di­ging van Jo­han Nel se TV­do­ku­men­têr Die Ver­ge­te Ri­vier wat han­del oor die Klein­Boes­man­land en die Oran­je­ri­vier.

Fo­to’s: VER­SKAF

Ses­tig jaar ge­le­de: Ger­tjie be­sig om Kam­breek­fon­tein se ri­vier­grond met don­kie­krag ge­lyk te sleep en ge­reed te maak om on­der besproeiing te bring.

Ger­tjie se tuis­te langs die Oran­je­ri­vier: Dié tent was Ger­tjie se tuis­te toe hy meer as 60 jaar ge­le­de die vloed­vlak­te langs die Oran­je­ri­vier op Kam­breek­fon­tein be­gin voor­be­rei het vir die da­del­plan­ta­sies.

Die uit­voer van mi­ne­ra­le: Ton­ne sil­li­ma­niet­erts is oor die ja­re deur Ger­tjie na Ja­pan uit­ge­voer. Sil­li­ma­niet is ’n mi­ne­raal wat in die maak van vuur­vas­te ste­ne vir hoog­oon­de in die staal­be­dryf ge­bruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.