Jou sto­rie: In­spi­re­ren­de ver­ha­le

Drs. BERNIE PLAATJIES en JAN­NIE PRETORIUS, twee do­sen­te aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, doen na­vor­sing oor rol­mo­del­le uit die ge­meen­skap van Van­rhyns­dorp. Een so ’n rol­mo­del met wie hul­le ken­nis ge­maak het, is Den­nis Boks, nou streek­land­dros op Oud

Die Burger - - 1 -

“Ek het in hag­li­ke om­stan­dig­he­de groot­ge­word,” ver­tel Boks. “Hag­lik in die sin dat dit ’n en­kel­ou­er is wat my moes groot­maak, ’n ma. Ons het dit nie al­tyd breed ge­had teen­oor die an­der wat al­les kon kry waar­na hul­le ge­soek het nie.

“Ek ont­hou die hag­li­ke om­stan­dig­he­de waar­in my moe­der moes werk vir R10 per maand, en dan was daar nog af­trek­kings ook. Dit was moei­lik om drie kin­ders groot te maak. Dan was daar nog erns­ti­ge vor­me van ge­sins­ge­weld – en ter wil­le van ’n moe­der se kin­ders moes sy maar die houe vat.”

Ho­ër gra­de

Boks was op Van­rhyns­dorp op skool en moes ná gr. 9 na ’n an­der skool gaan om­dat die skool op die dorp nie die ho­ër gra­de aan­ge­bied het nie, maar daar was nie geld om hom weg te stuur nie: “Daar was nie geld nie, daar was niks.

“Al my vrien­de is na ver­skil­len­de ho­ër­sko­le toe, net ek het nog ag­ter­ge­bly op Van­rhyns­dorp . . . en van­dag is ek ge­luk­kig vir ’n Li­ons-klub wat ge­hoor het van ’n kind wat swaar­kry, ’n kind wie se ou­ers nie geld het om hom ver­der skool toe te stuur nie . . . en hul­le het vir my ge­vra of ek be­lang stel om skool klaar te maak.”

Hy is daar­op na die Ho­ër­skool Fa­nie van der Mer­we op Cal­vi­nia, waar die skool­hoof hom on­der sy vlerk ge­neem het. Sy a­ka­de­mie­se pres­ta­sies is hier voort­ge­sit en hy het dik­wels ap­plous daar­voor ge­kry: “Ek kon nooit ver­staan waar­om die kin­ders el­ke kwar­taal vir my han­de klap nie.”

Dít kon hy reg­kry ten spy­te van du­ren­de moei­li­ke huis­li­ke om­stan­dig­he­de. Daar was soms nie kos in die huis nie en daar­by was daar drank­mis­bruik: “Drank was aan die or­de van die dag . . . ’n moe­der wat dronk is . . . kin­ders wat jou spot oor jou ma wat dronk is – maar die trots het al­tyd daar ge­bly.”

Sy a­ka­de­mie­se pres­ta­sies het vir hom die deur na ter­si­ê­re op­lei­ding oop­ge­maak. Na­dat hy ma­triek ge­slaag het, het die skool­hoof hom ge­bel om te vra wat gaan hy doen: Gaan hy ver­der stu­deer? Sy ant­woord was: “Ja, ek gaan ver­der stu­deer, maar daar’s nie geld nie.”

Die skool­hoof se ant­woord was ’n aan­ge­na­me ver­ras­sing: “Kan jy ont­hou . . . hoe­veel kwar­ta­le het die kin­ders vir jou han­de ge­klap?” “Ja, ant­woord ek. “Dit was die tyd toe die de­par­te­ment – in daar­die sta­di­um K­leur­ling­sa­ke – el­ke keer ’n be­drag geld be­skik­baar ge­stel het vir die bes­te kan­di­daat op skool.”

“En hy gaan ver­der: ‘Ek het el­ke keer jou geld vir jou weg­ge­sit. Dit het nou ren­te ge­trek vir die af­ge­lo­pe jaar. Daar is ge­noeg geld – jy kan u­ni­ver­si­teit toe gaan’.”

Hoe­kom wou hy in die reg­te gaan stu­deer?

“In die a­part­heids­ja­re is my moe­der ge­ar­res­teer vir dronk – op pad huis toe – ons is by die hek, die po­li­sie­be­amp­te stop, ek smeek die po­li­sie­be­amp­te om nie my ma in te laai nie. Jam­mer, ek ar­res­teer haar vir dronk, was sy ant­woord. Maar wie gaan mô­re vir ons kos maak, hier is nie­mand in die huis nie? wou ek toe weet.

“Hy gee nie om nie en ek sê: ‘Ek kan nie son­der my ma gaan nie.’

“En hy gooi my ook in die vang­wa in en ge­volg­lik be­land ek en my ma in een sel. Daar­die aand lê ek in daar­die sel en vra ek my­self af wat my reg­te is. En ek kom tot die be­sef dat al ma­nier hoe ek sal weet wat my reg­te is, is om in die reg­te te gaan stu­deer.”

In sy eer­ste jaar op u­ni­ver­si­teit is sy ma oor­le­de en hy moes nood­ge­dwon­ge gaan werk om hom­self te on­der­hou. Hy was eg­ter so vas­be­ra­de om sy i­de­a­le te ver­we­sen­lik dat hy heel­tyds ge­werk én ge­stu­deer het.

“Ek het by Net­tex [teks­tiel­ver­vaar­di­gers] ge­werk en dan het ek in die og­gen­de te­rug ge-hi­ke na die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land. Moeg, uit­ge­put, ’n bie­tjie slaap in die stu­deer­ka­mers. So het dit aan­ge­gaan en aan­ge­gaan . . . ge­fo­kus op my eind­doel.

“Soos ek van­dag hier sit, kan ek met trots sê dat ek heel­tyds ge­werk en ge­stu­deer het, en ek het die vrug­te ge­pluk.”

. . . want om ’n land­dros te wees, is ’n trot­se be­roep wat ek nie vir ’n an­der be­roep sal ver­ruil nie.

Eer­ste graad

Hy het sy eer­ste graad vol­tooi en het toe da­de­lik met die vol­gen­de een be­gin. Hy het by ver­skeie in­stan­sies ge­werk en by elk­een ’n kwa­li­fi­ka­sie ver­werf.

Uit­ein­de­lik is hy as aan­kla­er aan­ge­stel, waar­na hy sy eie regs­prak­tyk oop­ge­maak het. Dit het so goed ge­gaan dat hy la­ter ’n pos as streek­land­dros aan­ge­bied is – eers in Jo­han­nes­burg en la­ter op Oudts­hoorn.

Dit is hier waar hy sy LLM­graad aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat ver­werf het.

Toe hy in­ge­sweer is as streek­land­dros was dit vir hom ’n hoog­te­punt. “Dis ’n trot­se be­roep . . . om in­ge­sweer te word as land­dros. Dit het my baie trots ge­maak. Dit is ’n hoog­te­punt, want om ’n land­dros te wees, is ’n trot­se be­roep wat ek nie vir ’n an­der be­roep sal ver­ruil nie.”

Kin­der­dae­er­va­rings

Sy er­va­rings ty­dens sy kin­der­dae maak dit nou vir hom be­lang­rik dat reg en ge­reg­tig­heid sal ge­skied.

“Waar­in ek be­son­der ge­ïn­te­res­seerd is, is dat die reg reg ge­spreek moet word, reg toe­ge­pas moet word – son­der be­voor­oor­de­ling.”

Hy hou daar­van om die fei­te van ’n saak deeg­lik te e­va­lu­eer, want el­ke ge­val moet op eie me­rie­te ge­han­teer word.

“Ek kan daar­uit be­paal wat is waar­skyn­lik vir een ge­val en wat is on­waar­skyn­lik vir ’n an­der ge­val. Dit is al­tyd die lek­ker­ste ge­deel­te – om te kan be­paal en om te kan sê op grond waar­van ek by­voor­beeld een par­ty se ge­tui­e­nis nie aan­vaar nie en ver­werp as vals en een­o­gig, en hoe­kom ek die an­der par­ty se weer­ga­we er­vaar as re­de­lik moont­lik waar.” Daar­na lê die von­nis voor. “Jy moet men­se­ken­nis hê om daar­die as­pek te kan han­teer en ek sien my­self as ’n per­soon wat oor daar­die ken­nis be­skik. Ek kan dit mak­lik han­teer, ek kom uit daai sfe­re uit wat ek vir een ge­val be­skou as be­lang­rik en vir an­der as nie be­lang­rik nie – waar­om die von­nis ver­skil, in daar­die ge­val ’n an­der ti­pe von­nis op­lê en dan moet jy ’n bood­skap ook vir die be­paal­de ge­meen­skap gee: waar­om jy tot so ’n be­vin­din­ge ge­kom het, waar­om jy die per­soon von­nis, want die ge­meen­skap ver­wag van jou as die reg­spre­ker om te kyk na die be­lang van die ge­meen­skap. Jy kan nie die be­lang van die ge­meen­skap el­ke keer on­der­be­klem­toon tot voor­deel van ’n an­der ge­val, soos ’n be­skul­dig­de, nie.”

Die swaar­kry van sy kin­der­ja­re het van hom “’n be­ter mens ge­maak”.

“Dit het my die reg en die be­hoef­te van an­der men­se leer waar­deer – met ’n bre­ër fo­kus kon ek kyk en ek kan ook my waar­de­ring uit­spreek. Dit het my ge­slyp dat ek van­dag hier kan staan en vir an­der ’n voor­beeld kan wees. Jy kán ’n suk­ses maak van jou hag­li­ke om­stan­dig­he­de.”

Fo­to: GARNETT WICOMB

Land­dros Da­niel (Den­nis) Boks in sy to­ga in die Oudts­hoorn­se land­dros­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.