Jo­hann Bo­tha: S­kok ná TV­man se skiet­dood

Ver­dag­tes steeds op vrye voet ná moor­de

Die Burger - - 1 - E­li­se Tem­pel­hoff en Je­a­nel­le G­rey­ling

Jo­hann Bo­tha (53), ra­dio-om­roe­per, TV-aan­bie­der, o­pe­ra­san­ger en pro­gram­ver­vaar­di­ger, het nooit be­gin eet voor­dat hy ’n ta­fel­ge­bed ge­doen het nie.

Al was dit in die o­pen­baar, soos el­ke Son­dag wan­neer hy en sy broer Ru­dolph (56) in Qu­een­straat in Ken­sing­ton, Jo­han­nes­burg, gaan ont­byt eet het.

“Dit is wat ek al­tyd van hom sal ont­hou. Dit was al­tyd vir my so ou­lik. Hy het nooit omgegee om voor ete hard­op vir ons te bid nie,” sê Ru­dolph.

Hy het gis­ter­og­gend sy klein­boet se lyk gaan uit­ken na­dat hy tot 03:00 by die Ze­bra Inn-re­stau­rant was waar Jo­hann en sy bes­te vriend en siels­ge­noot, Wer­ner “S­wa­zi” Perch­told (73), die vo­ri­ge aand om­streeks 19:00 koel­bloe­dig dood­ge­skiet is.

Toe Ru­dolph gis­ter na Jo­hann se huis in Ken­sing­ton is om na sy kat­te te gaan om­sien, het ’n wild­vreem­de man met ’n bos blom­me by die hek stil­ge­hou.

“Hy het ge­sê die blom­me is vir Jo­hann. Ek het in tra­ne uit­ge­bars. Jo­hann het dui­sen­de men­se se hart ge­raak met sy mu­siek- en te­le­vi­sie­pro­gram­me. “Ons was baie na aan me­kaar. “Ons het die­self­de oor baie goed ge­dink, al was ons so ver­skil­lend. Ek is die ou wat bin­ne ’n raam­werk pas. Jo­hann nie.

“Hy was van kleins af an­ders, maar ’n mens met groot in­te­gri­teit.”

Ge­or­ge Mazarakis, uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger van die TV-joer­naal­pro­gram Car­te Blan­che, be­skryf Jo­hann as ’n on­ver­vang­ba­re, u­nie­ke mens.

“Ons by Car­te Blan­che is ver­plet­ter en baie kwaad oor Jo­hann se sin­ne­lo­se dood.

“Hy was ’n in­ten­se, in­tel­li­gen­te mens.

“Hy sal nie net deur die TV­be­dryf ge­mis word nie, maar in die al­ge­meen as mens, ver­al in die A­fri­kaan­se ge­meen­skap,” sê Mazarakis.

Wil­lie S­pies, be­stu­ren­de di­rek­teur van P­re­to­ria FM, waar Bo­tha die ge­wil­de Son­dag­aand­pro­gram Nag­mu­siek aan­ge­bied het, sê Bo­tha se dood is ’n reu­se-ver­lies vir die land, me­dia en die men­se van Suid-A­fri­ka.

Nag­mu­siek word Son­dag 21:00 vir die laas­te keer uit­ge­saai.

Co­bus Be­ster, ’n voor­ma­li­ge aan­bie­der op RSG, sê: “As ’n

Hy was ’n in­ten­se, in­tel­li­gen­te mens. Hy sal nie net deur die TV­be­dryf ge­mis word nie, maar in die al­ge­meen as mens.

— GE­OR­GE MAZARAKIS

me­de-uit­saai­er het ek al­tyd ver­stom ge­staan oor Jo­hann se veel­sy­dig­heid en sy reu­se-, om­vat­ten­de mu­siek­ken­nis.

“Van o­pe­ra tot rock, blu­es en punk, hy kon al­les han­teer en re­spek af­dwing by die kun­dig­ste. En dan kon jy hom maar s­tuur om rug­by of krie­ket ook uit te saai. Sy lief­de vir die na­tuur was sy an­der sy.”

Ru­dolph sê Jo­hann wou eint­lik ’n o­pe­ra­san­ger ge­word het, maar om­dat die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria dit nie as vak aan­ge­bied het nie, het hy dra­ma stu­deer.

Hul ou­ers, Mol­lie (84) en Han­sie (85), is stuk­kend, sê hy. “Ek dink nie die werk­lik­heid het al tot hul­le deur­ge­dring nie.”

Ka­te Vos, Jo­hann se per­soon­li­ke as­sis­tent, sê hy en S­wa­zi is dood in die plek waar hy die ge­luk­kig­ste was: die Ze­bra Inn.

Hy het el­ke Dins­dag­aand daar gaan skaak speel. “Wat hy Woens­dag­aand daar ge­doen het, weet nug­ter,” sê Vos.

Lu­cil­le Ga­briels (50), Perch­told se vrien­din van 13 jaar en me­de-ei­e­naar van die Ze­bra Inn, wou eers nie ’n vrien­din glo toe dié haar bel oor Jo­hann en S­wa­zi se dood nie.

“Ek was ge­skok, want ek het so 15:00 oor die foon met S­wa­zi en Jo­hann ge­praat,” sê Ga­briels.

“Ek het ’n an­der vriend ge­vra om die kroeg te be­soek om se­ker te maak (hul­le is dood).”

Sy s­terk tans in Kaap­stad aan

Jo­hann wou on­ge­reg­tig­heid ont­bloot. Tog was hy so plat op die aar­de.

— MICHAEL LINGWOOD

ná ’n heup­ver­van­gings­o­pe­ra­sie.

Die Ze­bra Inn was vir S­wa­zi ’n stok­perd­jie eer­der as ’n on­der­ne­ming, sê sy.

Dit is meer as net ’n re­stau­rant wat weg­neem­e­tes ver­koop: Dit ver­koop ook boe­ke, lang­speel­pla­te, jag­tro­feë en se­ëls.

“S­wa­zi was ’n men­se­mens en an­der het na hom op­ge­kyk.”

Michael Lingwood het ook ure voor hul dood met sy twee vrien­de oor die foon ge­sels.

Hy sê Jo­hann het S­wa­zi ja­re ge­le­de ont­moet toe hy ’n on­der­houd met hom ge­voer het oor sy diens in 32 Ba­tal­jon.

Jo­hann was ook by kykNET se Pro­jek Aard­wolf be­trok­ke en was ’n voor­ma­li­ge aan­bie­der van die na­tuur­pro­gram 50/50.

“Jo­hann wou on­ge­reg­tig­heid ont­bloot,” sê Lingwood. “Tog was hy so plat op die aar­de. Hy het nooit skoe­ne ge­dra of sy ha­re ge­sny nie en het al­tyd ’n ge­skeur­de T-hemp ge­dra.”

S­wa­zi het sy by­naam ge­kry om­dat hy ja­re lank in S­wa­zi­land ge­woon het. Hy was ’n er­va­re jag­ter en “op sy ou­dag nog ’n Com­ra­des-at­leet”.

Jo­hann word ook oor­leef deur sy broer Han­nes (58) en sus­ter, T­ha­ri­na (50), en sy eks­vrou, Her­mien de Vos.

S­wa­zi word ook oor­leef deur sy seuns, Andrew en Mark, wat in Lon­den woon. Hul­le vlieg van­dag na Suid-A­fri­ka.

Ga­briels loop nog met ’n loop­raam en is ver­bied om te vlieg.

Sy sal per mo­tor Jo­han­nes­burg toe ge­bring word.

Sy sê sy sal die be­graf­nis­re­ë­lings tref wan­neer sy met S­wa­zi se seuns ge­praat het.

Kapt. Kay Mak­hu­be­la, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê drie mans en ’n vrou het Woens­dag­aand by die Ze­bra Inn in­ge­loop en dran­kies ge­koop.

Hul­le het die twee mans dood­ge­skiet en twee vuur­wa­pens en ’n on­be­ken­de be­drag geld ge­steel. Die vier is steeds op vrye voet.

Jo­hann Bo­tha Links: Sy bes­te vriend en siels­ge­noot, Wer­ner “S­wa­zi” Perch­told.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.