Fluis­ter­boom spog nou met kam­pi­oen­sta­tus

Die Burger - - Aktueel - Jackie K ru­ger

Die so­ge­naam­de Fluis­ter­boom van Al­ber­ti­nia is tot kam­pi­oen­boom ver­klaar.

Die boom, ’n wil­de­vy ( Fi­cus bur­kei), is een van die tien dik­ste bo­me in die land en is so­wat 200 jaar oud.

Hy is ver­le­de jaar deur Ma­rie­tjie Coet­zee, ei­e­naar van die Vo­ël­roe­pers­fon­tein-gas­te­huis, as kam­pi­oen­boom be­noem en Maan­dag­aand op ’n ge­sel­lig­heid is be­kend ge­maak dat hy nou amp­te­lik dié sta­tus het.

Hy het die naam Fluis­ter­boom ge­kry na­dat An­ne­ke van der Mer­we, ’n be­soe­ker, ge­sê het “dit is as­of die boom met my praat as daar ’n wind­jie deur die tak­ke roer”.

Grant Ridd­les, bur­ge­mees­ter van die Hes­se­qua-mu­ni­si­pa­li­teit, het op die ge­sel­lig­heid ge­sê dit is ’n won­der­li­ke toe- ken­ning. Hy het Coet­zee be­dank om­dat sy die boom op die toe­ris­me­kaart ge­plaas het.

Die pu­bliek kan bo­me vir die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye se Kam­pi­oen­boom-pro­jek be­noem.

’n Pa­neel kun­di­ges e­va­lu­eer die be­noem­de bo­me een keer per jaar en be­sluit of hul­le op ’n kort­lys kom.

In­dien no­dig word die bo­me op die kort­lys be­soek om die ma­te soos hoog­te, kroon­wyd­te en stam­om­trek of deur­snee te be­ves­tig. Die lys bo­me word vir kom­men­taar ge­pu­bli­seer.

Bo­me wat in die S­taats­koe­rant tot kam­pi­oen­bo­me ver­klaar word, word deur wet­ge­wing be­skerm en mag nie be­ska­dig word nie.

I­zak van der Mer­we, ko­ör­di­neer­der van die Kam­pi­oen­boom-pro­jek, het die Fluis­ter­boom se ma­te in De­sem­ber 2016 na­ge­gaan nog voor­dat dit aan die pa­neel voor­ge­lê sou word om­dat die ma­te op die be­noe­mings­vorm on­re­a­lis­ties ge­lyk het. Hy het be­vind dat die wil­de­vy ’n ver­stom­men­de om­trek en by­na ’n on­aard­se voor­koms het as ge­volg van die lug­wor­tels wat grond­waarts groei. Die stam­om­trek was toe so­wat 14,6 m (4,67 m in deur­snee).

Die dik­ste boom in SuidA­fri­ka is die Sa­go­le-kre­me­tart in Lim­po­po met ’n stam­om­trek van 33,7 m. Dit is die twee­de dik­ste boom­stam ter wê­reld. Die hoog­ste bo­me in die land is sa­lig­na-bloe­kom­bo­me wat in 1906 in Wood­bush na­by T­za­neen ge­plant is. Boom­klim­mers het be­paal dat hul­le 81,5 m, of­te­wel 26 ver­die­pings hoog is.

Se­dert die Kam­pi­oen­boom­pro­jek in 2004 be­gin is, is net meer as 80 bo­me en groe­pe bo­me tot kam­pi­oe­ne ver­klaar.

Die wil de­vy in Al­ber ti­nia w at die s ta­tus v an ’ n k am­pi­oen­boom g e­kry het .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.