Wat s taan ons t e doen?

Die af ge­lo­pe 20 jaar het die ong e­ly­ke v er­de­ling v an ink om­ste en die sis te­mie­se aar d v an ar­moe­de in S uidA­fri­ka v er­diep. Is dit dalk t yd om w eer t e be sin oor ’ n w el­vaart­be­las­ting om die er gste ar­moe­de t e v er­lig? won­der Sam­pie T er­re­blanch

Die Burger - - Forum -

T­win­tig jaar ge­le­de, op 11 No­vem­ber 1997, was ek die eer­ste per­soon wat ge­tui­e­nis voor die Waar­heid-en-Ver­soe­nings­kom­mis­sie (WVK) se in­sti­tu­si­o­ne­le ver­hoor oor sa­ke en ar­beid af­ge­lê het. By daar­die ge­leent­heid het ek voor­ge­stel dat ’n wel­vaart­be­las­ting ge­hef word en dat die op­brengs daar­van in ’n res­ti­tu­sie­fonds ge­stort word om die erg­ste ar­moe­de te ver­lig.

Dié voor­stel het hef­ti­ge teen­kan­ting uit­ge­lok – een koe­rant het my be­skryf as ’n vreem­de ver­skyn­sel uit die bui­ten­ste ruim­te. Maar die skerp­ste kri­tiek was van per­so­ne ver­bon­de aan San­lam, Rem­brandt, De Beers en Ang­lo A­me­ri­can.

“Cor­po­ra­ti­ons are not in­sti­tu­ti­ons es­ta­blis­hed for mo­ral pur­po­ses . . . Li­fe is not a mo­ra­li­ty play,” het Ann Bern­stein uit die Ang­lo-stal ge­ar­gu­men­teer.

In 1997 al het ek die ar­moe­de, werk­loos­heid en on­ge­lyk­he­de waar­in on­ge­veer 50% van die be­vol­king vas­ge­vang was, sterk be­treur. (Dit het my ge­mo­ti­veer om

A His­to­ry of I­ne­qua­li­ty in South A­fri­ca te skryf.)

Oor die af­ge­lo­pe 20 jaar het die maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se pro­ble­me in ver­al die swart ge­meen­skap baie er­ger ge­word.

Ek wil hier Suid-A­fri­ka se maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se pro­ble­me be­kyk van­uit die oog­punt van ’n i­de­a­le ge­meen­skap. Só ’n ge­meen­skap kan na­tuur­lik nie ge­skep word nie, maar ons kan dit nog­tans be­dink en sin­vol vir a­na­li­tie­se doel­ein­des ge­bruik.

In só ’n ge­meen­skap sal al­le pro­duk­sie­fak­to­re in oor­een­stem­ming met hul pro­duk­ti­wi­teit be­loon word, of al­le pro­duk­sie­fak­to­re sal in oor­een­stem­ming met hul ge­brek aan pro­duk­ti­wi­teit be­straf word.

Met hier­die voor­waar­de ge­stel, kan ons be­paal wat­ter rol­spe­lers in die e­ko­no­mie on­ver­diend be­voor­deel of on­ver­diend be­na­deel word.

Drie punt e v an die drie­hoek

Die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie word ge­ken­merk deur groot on­ge­lyk­he­de wat in die ver­de­ling van in­kom­ste in­ge­bur­ger ge­raak het.

So­wat 20% van die be­vol­king word on­ver­diend be­voor­deel. Hier­die 20% kan weer in twee groe­pe in­ge­deel word: 10% wit men­se en 10% swart men­se. So­wat 40% van die be­vol­king kan be­skryf word as on­ver­diend arm­las­tig.

Dit laat ons met drie goed ge­de­fi­ni­eer­de groe­pe: ’n wit e­li­te en ’n swart e­li­te en ’n ver­arm­de swart meer­der­heid.

Ons sou hier­die drie groe­pe kon be­skryf as die drie ge­vaar­li­ke pun­te van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie­se drie­hoek.

Hou ook in ge­dag­te dat daar nog die oor­bly­wen­de 40% is wat meest­al vir baie lae lo­ne werk.

In die een hoek leef die wit e­li­te in on­ver­dien­de weel­de en uit­spat­tig­heid. In die twee­de hoek leef die swart e­li­te ook in weel­de en uit­spat­tig­heid. In die der­de hoek leef die swart meer­der­heid in mens­ont­e­ren­de ar­moe­de en el­len­de wat ten he­me­le skree.

In­dien hier­die drie ge­vaar­li­ke hoe­ke ’n kor­rek­te weer­ga­we van die Suid-A­fri­kaan­se werk­lik­heid weer­spie­ël, is die vraag wat ons daar­om­trent moet doen.

Dit sal ’n groot fout wees om die ge­vaar wat in hier­die on­ge­ly­ke ver­de­ling van in­kom­ste op­ge­sluit lê, te ont­ken of ge­ring te skat.

Die wit en s wart e­lit e

Die wit e­li­te het baie geld wat hul­le in die ja­re se­dert Jan van Rie­beeck op­ge­gaar het – hul ryk­dom is hoof­saak­lik “ou geld” en die mees­te daar­van is in die han­de van ’n paar wel­ge­stel­de fa­mi­lies.

Die wit e­li­te ma­ni­fes­teer sy ryk­dom deur luuk­se hui­se, mo­tors, huis­raad en va­kan­sies, en hul­le laat geen ge­leent­heid ver­by­gaan om met hul ryk­dom te spog nie.

Som­mi­ge van die wit e­li­te is pro­duk­tief om­dat hul­le goed ge­skool is en baie werk­on­der­vin­ding op­ge­doen het. Die by­drae wat hul­le tot die e­ko­no­mie maak – in ter­me van ske­we en ver­ou­der­de maat­staw­we – is in­druk­wek­kend.

Die vraag is eg­ter of die wit e­li­te meer van die ge­meen­skap “vat” as wat aan die ge­meen­skap “ge­gee” word. In hier­die vraag staan die rol wat mo­ra­li­teit en mag in die e­ko­no­mie speel sen­traal.

Hier­die baie be­lang­ri­ke vraag kan net met die­pe be­sin­ning be­ant­woord word.

Die wit e­li­te wil baie graag die ge­dag­te ves­tig dat hy baie meer aan die ge­meen­skap “gee” as wat hy van die ge­meen­skap “vat”. Wat die reg­te ant­woord op hier­die vraag is, dat weet ek niet.

Die swart e­li­te het ook baie geld, wat hy hoof­saak­lik in die on­lang­se ver­le­de op­ge­gaar het, dus hoof­saak­lik so­ge­naam­de “nu­we geld”.

Die swart e­li­te is nou­veau ri­che en ge­dra hul­le soos een wat nie baie geld ge­woond is nie.

Hul­le is dus ge­neig om, net soos die wit e­li­te, met hul ryk­dom te spog. Die swart e­li­te is in die al­ge­meen nie so pro­duk­tief en ge­skoold soos die wit e­li­te nie.

Die vraag is ook of die swart e­li­te meer aan die ge­meen­skap “gee” as wat hy van die ge­meen­skap “vat”. Ook hier­die vraag moet met sorg­vul­di­ge oor­we­ging en die­pe be­sin­ning be­ant­woord word.

Die swart e­li­te wil ook graag die ge­dag­te ves­tig dat hy in­der­daad meer aan die ge­meen­skap “gee” as wat hy van die ge­meen­skap “vat”. Wat die ant­woord of hier­die vraag is, dat weet ek ook niet.

Swart ar­moe­de en el len­de

Die der­de ge­vaar­li­ke hoek in die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie is die on­ver­dien­de ar­moe­de en el­len­de wat in oor­maat aan die swart meer­der­heid toe­ge­deel is.

Die ar­moe­de en el­len­de van die swart meer­der­heid ma­ni­fes­teer on­der meer in die ge­brek aan mid­de- le soos voed­sel, kle­ding, skui­ling, me­di­sy­ne en toe­gang tot al­le vlak­ke van on­der­wys.

Dit is wel so dat so­wel die vol­was­se­nes as die kin­ders sub­si­dies van die staat ont­vang.

Daar is eg­ter baie te­kort­ko­min­ge aan die sub­si­die­stel­sel. Dit is meest­al nie toe­rei­kend nie en baie van die sub­si­dies gaan ty­dens die af­le­we­rings­pro­ses ver­lo­re.

Dit is ver­al die swart kin­ders wat ’n groot bron van kom­mer is. Hier­die kin­ders se le­wens­om­stan­dig­he­de is so swak dat dit die ge­we­te van bei­de e­li­te-groe­pe erns­tig be­hoort aan te spreek.

Wat doen die twee e­li­te-groe­pe ten op­sig­te van die el­len­de van die swart meer­der­heid?

Wat moet nou g e­beur?

Die lot­ge­val­le van die twee e­li­te­groe­pe en van die arm meer­der­heid het so nou met me­kaar ver­vleg ge­raak dat dit die sta­bi­li­teit van die to­ta­le stel­sel be­dreig.

Wat­ter aan­pas­sing is no­dig om die sta­bi­li­teit van die to­ta­le stel­sel te ver­se­ker? Hoe kan daar ver­soe­ning tus­sen die bot­sen­de groe­pe be­werk­stel­lig word so­dat die voort­be­staan van die to­ta­le stel­sel ge­waar­borg kan word?

Dit is 20 jaar se­dert die WVK hom oor ar­moe­de en on­ge­lyk­he­de in Suid-A­fri­ka ver­ant­woord het. Dit is ook 20 jaar se­dert wel­vaart­be­las­ting voor­ge­stel is.

Die voor­stel is ook vyf jaar la­ter in die WVK se fi­na­le ver­slag her­haal. Die re­ge­ring het dit nie aan­vaar nie.

Daar­om het die sis­te­mie­se aard van ar­moe­de in Suid-A­fri­ka ver­diep. On­ge­luk­kig be­te­ken dit dat die ge­va­re wat tus­sen die veel­vou­di­ge groe­pe heers, er­ger is as wat dit in 1997 was.

Wat staan ons te doen?

■ Ver­naam­ste bron­ne: Ter­re­blan­che, Sam­pie. 2014. We­stern Em­pi­res, Chris­ti­a­ni­ty and the I­ne­qua­li­ty be­t­ween the West and the Rest. Pen­guin Books. Ter­re­blan­che, Sam­pie. 2012. Lost in Trans­for­ma­ti­on. KMM Pu­blis­hing Com­pa­nies. Ter­re­blan­che, Sam­pie. 2002. A His­to­ry of I­ne­qua­li­ty in South A­fri­ca: 1652-2002. KMM Pu­blis­hing Com­pa­nies & U­ni­ver­si­ty of Na­tal P­ress. Sen, A­mar­tya. 2009. The I­dea of Jus­ti­ce. Har­vard U­ni­ver­si­ty.

Dit is 20 jaar s e­dert wel­vaarts­be­las­ting voor­ge­stel is . Dis ook vyf jaar l a­ter in die WVK s e fi­nal e v er­slag her­haal. Die r e­ge­ring het dit nie aanv aar nie . Daar­om het die sis­te­mie­se aar d v an ar­moe­de in S uid­A­fri­ka ver­diep.

Fo­to: AR­GIEF

Blik­kies­dorp, ’ n ne­der set­ting op die K aap­se Vl ak­te.

Prof. Ter­re­blan­che is ’n e­me­ri­tus-pro­fes­sor in e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.