’n Le­wen­de tes­ta­ment wat boek­de­le spreek

Hon­der­de hout­blok­kies ver­tel sto­ries wat op hart druk

Die Burger - - 6 - La­e­ti­tia Pop­le

Ont­wor­te­ling, die trau­ma­tie­se ver­lies van ’n tuis­te en mi­gra­sie. Dít is die te­mas waar­oor van­jaar se US Woord­fees-kuns­te­naar se werk die af­ge­lo­pe vyf jaar han­del – sy het selfs ’n a­ka­de­mie­se stu­die oor ont­heem­ding ge­doen.

Em­ma Wil­lem­se ver­tel hoe sy in die ja­re ne­gen­tig ver­skeie ke­re haar eie huis ver­loor het – dit was nie uit eie keu­se nie; el­ke keer was dit ’n ge­dwon­ge trek. Sy staan om­ring deur haar kuns­wer­ke in die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch-mu­seum – die uitstalling heet Ar­gie­we van ver­lies en ver­lan­ge.

Haar me­dia is die hout­blok­kies van vloe­re wat sy uit ge­sloop­te hui­se gaan haal het kort voor­dat die stoot­skra­per sy ver­woes­ting sou saai. Sy sif en ver­ga­der soos ’n ar­ge­o­loog. Die blok­kies word op­nuut bou­ste­ne van ’n “ver­slag” oor die ont­heem­des. Dit is nie ’n so­ber a­ka­de­mie­se ver­slag nie, maar ’n le­wen­de tes­ta­ment wat boek­de­le spreek. Die ar­gi­ve­ring her­in­ner aan die fo­to’s van op­ge­hoop­te skoe­ne en kle­re van Jo­de wat in die gas­ka­mers ge­sterf het.

“Om ’n huis te ver­loor het ’n ge­wel­di­ge im­pak op ’n mens se psi­ge, jou i­den­ti­teit en selfs jou ge­heue – dit laat ’n on­sig­ba­re wond,” sê Wil­lem­se.

In die gro­ter kon­teks spook die hu­ma­ni­tê­re kri­sis van 65 mil­joen mi­gran­te wê­reld­wyd waar­oor wê­reld­lei­ers nie by op­los­sings uit­kom nie. Bo uit die dak hang die ge­raam­te van ’n boot­struk­tuur wat nie meer kán vaar nie.

In al haar werk is ’n mens­li­ke fi­guur af­we­sig – tog voel jy as ky­ker die teen­woor­dig­heid aan, as­of die hon­der­de blok­kies sto­ries te ver­tel het, sto­ries wat op die hart druk.

“Ek het doel­be­wus nie men­se of die mens­li­ke lig­gaam ge­bruik in my werk nie – want hoe im­pli­seer of beeld jy af­we­sig­heid uit? En ver­lies?” Wil­lem­se voel dit is on­e­ties om ’n lig­gaam te ge­bruik. “Dan word dit soos ’n il­lus­tra­sie van ver­lies. Ek wou die trau­ma tas­baar maak; vi­su­e­le kuns gaan vir my oor tas­baar­heid.”

Met haar be­soe­ke aan slo­pings-ter­rei­ne om haar blok­kies te ver­sa­mel, praat sy dik­wels met ont­heem­des – “meer as drie­kwart van die blok­kies kom uit Wood­stock; dié his­to­rie­se Kaap­se buurt gaan nou deur ’n reu­se-gen­tri­fi­ka­sie­pro­jek – u­nie­ke ou ska­kel­hui­sies word ver­nie­tig om plek te maak vir tren­dy ge­boue, struk­tu­re met min per­soon­lik­heid”. Sy ge­bruik ver­al die on­der­kant van die blok­kies waar die gom nog ru­weg vas­sit om te wys dat dit weg­ge-

‘‘

Dit is vir my ’n aan­dui­ding van die gees­te­li­ke won­de van dié wat hul hui­se ver­loor het. Baie van die men­se het net tien mi­nu­te ge­had om hul­le be­sit­tings te pak, an­der ’n dag.

ruk is: “Dit is vir my ’n aan­dui­ding van die gees­te­li­ke won­de van dié wat hul hui­se ver­loor het.

“Baie van die men­se het net tien mi­nu­te ge­had om hul be­sit­tings te pak, an­der ’n dag. Hoe kies jy on­der daar­die ti­pe druk wat jy hou en wat jy laat gaan?”

Die vloer van ’n woon­huis is ’n stil ge­tuie van die huis­men­se se le­we. “Dit er­vaar en ab­sor­beer al­les in die huis – van ons in­tiem­ste oom­blik­ke, ook ons oom­blik­ke van lag en huil. Die blok­kies ver­tel sto­ries.”

Kuns­te­naars­boe­ke – 101 om pre­sies te wees – vorm die hart van die uitstalling. Sy het die ge­tal 101 ge­kies om­dat dit op on­ein­dig­heid dui – “ons sê dik­wels ek het 101 din­ge om jou te ver­tel”. Die boe­ke se om­slae be­staan uit ru­we hout­blok­kies, of fyn sa­tyn­glad­ge­skaaf­de blok­kies met hand­ge­maak­te wit pa­pier of pa­pier ge­kleur met die bloe­kom­bas van ’n boom wat by haar huis af­ge­saag is.

Daag­liks bied sy ’n uur lan­ge per-for­man­ce met die boe­ke aan – sy laat die tyds­duur uit­sy­fer in twee reu­se­uur­gla­se. Die om­slae klet­ter en klap om­dat dit op ’n ver­wik­kel­de ma­nier soos leg­kaar­te in­een­ge­ska­kel is. Die ge­lui­de wat sy voort­bring, klink soos die op­ruk van die blok­kies­vloe­re – dis ’n aan­slag. Ná el­ke per­for­man­ce lê die boe­ke in nu­we for­ma­sies – ’n gans an­der sto­rie kan nou in die blok­kies ge­lees word. “’n Nu­we ge­heu­e­spoor word el­ke keer in per­for­man­ce ge­skep. Die per­for­man­ce dien om ky­kers uit te daag om met die kon­sep van ont­heem­ding te werk óf hul eie ver­lies te ver­werk.”

Sy het al fa­set­te van die wer­ke in Flo­ren­ce, Da­kar en Pa­rys uit­ge­stal – men­se het da­de­lik aan­ge­voel waar­oor dit gaan. “Al het ’n ky­ker nog nooit hul eie huis ver­loor nie, er­vaar ek e­mo­si­o­ne­le re­ak­sies op my werk. As my werk men­se em­pa­tie gee vir huis­lo­ses, voel ek te­vre­de.”

Wil­lem­se bied daag­liks om 09:30 ’n gra­tis in­ter­ak­tie­we aan. Rond­lei­dings van­dag en Woens­dag om 14:00. R50 en R60 by die deur.

Fo­to:­ JACO­ MARAIS

Em­ma Wil­lem­se, die US Woord­fees se fees­kuns­te­naar van­jaar, met die 101 kuns­boe­ke ge­skep uit hout­vloer­blok­kies in die ag­ter­grond. Bo is ’n hout­boot wat dui op mi­gra­sie en ont­heem­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.