Pro­du­sent Lib­star stel vi­sier op JSE

Die Burger - - 13 - Fran­cois Wil­li­ams

Lib­star, wat ver­skeie kos­pro­duk­te on­der ver­skil­len­de han­dels­na­me pro­du­seer en on­der meer pro­duk­te aan KFC, M­cDo­nald’s en Nan­do’s voor­sien, wil op die JSE no­teer.

Sy plan is om so­wat R1,5 mil­jard se nu­we aan­de­le uit te reik.

An­dries van Rens­burg, me­de­stig­ter en uit­voe­ren­de hoof van Lib­star, sê hul­le wil die geld ge­bruik om hul groei­voor­uit­sig­te te steun en ver­der in hul pro­duk­ka­te­go­rieë en ver­vaar­di­gings­ge­rie­we te be­lê.

’n Deel van die geld sal ook ge­bruik word om skuld af te be­taal.

Be­ne­wens die nu­we aan­de­le wat uit­ge­reik sal word, sal be­staan­de aan­deel­hou­ers ook van hul aan­de­le te koop aan­bied.

Die top­be­stuur van Lib­star sal steeds we­sen­lik in Lib­star be­lê wees, het hy ge­sê.

Die mik­punt is wel dat min­stens 40% van sy aan­de­le vry­e­lik sal ver­han­del.

Die maat­skap­py se meer­der­heids­aan­deel­hou­er is die A­braaj-groep, wat ’n be­lang van 70,93% hou, ge­volg deur die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie met ’n be­lang van 19,36% en die be­stuur met 9,71%.

Lib­star wil voor die no­te­ring ’n be­mag­ti­gings­tran­sak­sie be­klink deur twee trusts te stig – ’n werk­ne­mer­trust en ’n trust om swart­be­heer­de on­der­ne­mings bin­ne Lib­star se waar­de­ket­ting te ont­wik­kel.

Lib­star se om­set het ver­le­de jaar met 10% tot R8,826 mil­jard ge­groei en sy aan­ge­pas­te ver­dien­ste voor ren­te, be­las­ting, waar­de­ver­min­de­ring en af­skry­wings met 15,2% tot R940,2 mil­joen.

Lib­star le­wer on­der meer vars pro­duk­te, krui­de­niers­wa­re, ver­sna­pe­rin­ge en ge­bak, ge­spe­si­a­li­seer­de kos­ver­pak­king, as­ook tuisprodukte en ’n ver­skei­den­heid per­soon­li­ke­sorg­pro­duk­te.

Die maat­skap­py het sy eie han­dels­na­me en ge­li­sen­si­eer­de han­dels­na­me en le­wer ook pro­duk­te aan Ro­bert­sons, Sa­fa­ri, Wool­wort­hs, S­par, S­hop­ri­te C­hec­kers en Pick n Pay.

Van Lib­star se han­dels­na­me sluit in Lan­ce­wood (sui­wel­pro­duk­te), Den­ny, Gol­d­crest, Ca­pe Herb and S­pi­ce en S­lim­sy.

Lib­star ver­teen­woor­dig ook in­ter­na­si­o­na­le han­dels­na­me in SuidA­fri­ka soos Ta­bas­co, Ar­la, Lur­pak, Kik­ko­man, Act II en Laug­hing Cow.

Lib­star is in 2005 as ’n be­leg­gings­be­heer­maat­skap­py ge­stig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.