Swaar re­ën het ge­val en daar kom nog!

Die Burger - - 1 - Ver­slag­span

S­torm­sterk noord­wes­te­win­de en moont­li­ke oor­stro­mings kan van­dag oor die Wes-Kaap voor­kom, met nog re­ën wat vir Son­dag en Maan­dag voor­spel word.

Die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens het gis­ter ge­waar­sku dat win­de van 50 km/h tot 80 km/h oor die Sen­tra­le Ka­roo ver­wag word, ter­wyl swaar re­ën in Kaap­stad, die Kaap­se Wyn­land­dis­trik en wes­te­li­ke de­le van die O­ver­berg-dis­trik kan uit­sak.

Die weer­diens het uit­ge­vaar teen bood­skap­pe oor ’n ver­wag­te “or­kaan-ti­pe storm” wat op W­hat­sApp rond­ge­stuur is en ge­sê hy sal nie weer­waar­sku­wings op dié plat­form uit­reik nie.

Re­ën­buie word van­dag oor Kaap­stad, die Paarl, Wor­ces­ter, Mal­mes­bu­ry, Her­ma­nus, Gra­bouw en Kaap Agulhas ver­wag, met noord­wes­te­li­ke win­de van 40 km/h tot 50 km/h.

Be­wolk­te weer word van­og­gend vir Ge­or­ge, Mos­sel­baai, Ri­vers­dal, Port E­li­za­beth en P­let­ten­berg­baai voor­spel, met ’n 30%-kans op re­ën­buie teen die mid­dag.

Op Ce­res, Lan­ge­baan, Clan­wil­li­am, Laings­burg en in die suid­wes­te van die Noord-Kaap be­hoort re­ën­buie nog van­og­gend voort te duur en word be­wolk­te weer teen van­mid­dag ver­wag.

’n Sterk kou­e­front het Woens­dag­aand en gis­ter oor die suid­wes­te van die land be­weeg. Teen mô­re be­hoort die kou­e­front re­de­lik op te klaar, met koue, ge­deel­te­lik be­wolk­te weer wat oor die groot­ste de­le van die Wes- en Oos-Kaap voor­spel word.

Son­dag is daar ’n 60%-kans op re­ën in Kaap­stad, die Paarl, Mal­mes­bu­ry, Lan­ge­baan, Her­ma­nus en Gra­bouw en ’n 30% kans in Wor­ces­ter, Ce­res, Clan­wil­li­am en Re­de­ling­huys.

Maan­dag is daar ook ’n 30%-kans op re­ën oor die Suid­wes-Kaap, suid­wes­te van die Noord-Kaap, Port E­li­za­beth, P­let­ten­berg­baai, Ui­ten­ha­ge en Jou­ber­ti­na in die Oos-Kaap.

■ Die Hu­ge­no­te-ton­nel was gis­ter­mid­dag vir ver­keer ge­sluit ná ’n krag­on­der­bre­king ter­wyl swaar re­ën oor die he­le Kaap­se me­tro­pool uit­ge­sak het.

Paaie was se­dert vroeg die og­gend oor­stroom, dak­ke het by ’n on­der­ne­ming af­ge­waai en bo­me is ont­wor­tel. Geen sterf­tes is teen gis­ter­aand aan­ge­meld nie.

C­har­lot­te Po­well, woord­voer­der van die Kaap­stad­se ramp­be­stuur­sen­trum, het gis­ter­og­gend ge­sê oor­stro­mings is aan­ge­meld in die in­for­me­le ne­der­set­tings BM Secti­on, G­reen Point, To­wn 2 en Tai­wan in K­haye­lit­sha en Ma­si­cin­da­ne in S­trand­fon­tein. Die wind het dak­ke af­ge­ruk in A­san­da Vil­la­ge in die S­trand. “’n Paar paaie in die me­tro­pool is oor­stroom. Ramp­be­stuurs­be­amp­tes as­ses­seer die si­tu­a­sie en die paaie word deur die paaie- en storm­wa­ter­af­de­ling skoon­ge­maak.”

Teen 15:30 het sy ge­sê oor­stro­mings is aan­ge­meld in in­for­me­le ne­der­set­tings in K­haye­lit­sha, Lan­ga, die S­trand, S­trand­fon­tein, P­hi­lip­pi, Ken­sing­ton en At­lan­tis. So­wat 500 struk­tu­re is toe ge­raak.

Die af­de­ling vir in­for­me­le ne­der­set­tings het die si­tu­a­sie ge­as­ses­seer en kos­pak­kies uit­ge­deel, sê Way­ne Dy­a­son, woord­voer­der van Kaap­stad se wets­toe­pas­sings­af­de­ling.

Daar was ook kra­gon­der­bre­kings in B­rid­ge­town, Athlo­ne.

“Teg­ni­ci her­stel die krag. Tal­le bo­me is ont­wor­tel in Ke­nil­worth, Pa­row In­dus­tria en Good­wood en dit ge­niet aan­dag, nes paaie in die me­tro­pool wat oor­stroom is.”

Vol­gens Ka­te Tur­ner van die Kaap­se weer­kan­toor het groot­skaal­se re­ën se­dert gis­ter­og­gend in Kaap­se dam­me se op­vangs­ge­bie­de ge­val.

Gis­ter­og­gend is die vol­gen­de neer­slae ge­meet (die le­sings is tus­sen 08:00 en 09:00 ge­neem en weer­spie­ël net die voor­af­gaan­de t­wee uur se re­ën­val, sê Tur­ner): Sal­dan­ha 25 mm; Vil­liers­dorp 17,8 mm; Fransch­hoek 16 mm; Bell­vil­le 16,2 mm; Slang­kop (Kom­me­tjie) 16 mm; Kaap­punt 9,8 mm; Ke­nil­worth 11,2 mm; en Mit­chells Plain 11,6 mm.

– Mal­her­be Nie­na­ber, Car­ryn-Ann Nel en Dun­can Alf­reds, News24

Fo­to: MAURICETTE S­MITH | FA­CE­BOOK

So het dit gis­ter­og­gend voor ’n skool in Melk­bos­strand ge­lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.