Po­li­sie trek man by Pe­ar­ston vas oor ge­steel­de sy­bok­haar

Die Burger - - 1 - Ca­ra-Lee Dorf­ling

Die po­li­sie in die Oos-Kaap het so­wat R50 000 se ver­moe­de­lik ge­steel­de sy­bok­haar te­rug­ge­kry.

T­wee sak­ke vol sy­bok­haar is gis­ter­og­gend om­streeks 02:50 in die be­sit van ’n 34-ja­ri­ge man in Pe­ar­ston, so­wat 75 km bui­te Graaff-Rei­net, ge­vind.

Vol­gens kapt. Ger­da Swart, po­li­sie­woord­voer­der, het le­de van die Pe­ar­ston-po­li­sie­kan­toor die man ná ’n kort jaag­tog aan­ge­keer.

Le­de het K­lip­plaat­berg­weg ge­pa­trol­leer toe hul­le ’n wit Toyo­ta Corol­la sien wat in die rig­ting van die dorp be­gin weg­jaag het toe die be­stuur­der die po­li­sie­voer­tuig sien.

Swart sê die po­li­sie het die mo­tor voor­ge­keer en t­wee sak­ke met sy­bok­haar in die voer­tuig ge­vind. Die sak­ke het saam so­wat 160 kg ge­weeg en het ’n waar­de van on­ge­veer R50 000.

“Die man is op ’n klag van die be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de goe­de­re in heg­te­nis ge­neem.”

Hy sal van­dag in die land­dros­hof op Pe­ar­ston voor­kom. Swart sê ver­skeie dief­stal­sa­ke van sy­bok­haar is die af­ge­lo­pe jaar in die Graaff-Rei­net- en Cra­dock-dis­trik aan­ge­meld.

“S­peur­ders volg tans al­le lei­dra­de op om vas te stel waar die sy­bok­haar ge­steel is en of die ver­dag­te moont­lik met an­der sa­ke ver­bind kan word. By­ko­men­de klag­te kan by­ge­voeg word wan­neer die on­der­soek af­ge­han­del is,” sê Swart.

Sy sê dief­stal van sy­bok­haar is ’n bron van kom­mer vir die Graaff-Rei­net-po­li­sie­ge­bied. Brig. Ru­dolph A­dolph, be­vel­voer­der van dié po­li­sie­ge­bied, het die po­li­sie­le­de vir die in­heg­te­nis­ne­ming ge­prys en ge­sê hy glo dié in­heg­te­nis­ne­ming sal as af­skrik­mid­del dien vir soort­ge­ly­ke oor­tre­ders.

Dié sak­ke sy­bok­haar is gis­ter in ’n man se be­sit ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.