Slag­ting in mos­kee

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de Wee

Hy het her­berg vir ’n nag in die mos­kee ge­vra. Skaars ure daar­na is t­wee Mos­lem-mans wat waar­skyn­lik nog ge­slaap het in die ein­ste mos­kee deur die v­reem­de­ling met ’n mes dood­ge­steek.

’n Der­de man, die i­mam van die mos­kee, A­ch­mat Ali, het eg­ter die aan­val oor­leef.

Die land is gis­ter­og­gend ge­ruk deur die wre­de moor­de op Is­mail Bas­sa (72) en Sa­y­aad Hi­dig, t­wee Mos­lems van die Wes­bank-woon­buurt op Mal­mes­bu­ry in die Swart­land.

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het sy me­de­lye teen­oor die fa­mi­lies be­tuig en het ’n be­roep om kalm­te ge­doen. Plaas­li­ke gees­te­li­ke lei­ers het die aan­val ver­werp en ge­sê in­wo­ners van Mal­mes­bu­ry leef in har­mo­nie met me­kaar.

Bas­sa se seun Fai­zel Bas­sa, wat die k­re­te ge­hoor het van an­der ge­lo­wi­ges wat ook in die mos­kee ge­slaap het, is ook aan­ge­val toe hy hul­le gaan help het. Fai­zel is in sy ge­sig en arm ge­steek. Hy is gis­ter­mid­dag weer in die hos­pi­taal be­han­del na­dat die wond aan sy arm be­gin bloei het.

Die Bas­sas woon reg langs die mos­kee.

Die po­li­sie het die aan­val­ler, glo be­kend as Noor Al­lie (25), kort ná die aan­val op ’n na­bu­ri­ge plein dood­ge­skiet na­dat hy die po­li­sie ook pro­beer aan­val het. Sy naam kon eg­ter nie be­ves­tig word nie.

Po­li­sie­bron­ne op die to­neel het ge­sê ’n vriend van die aan­val­ler het ge­sê die man, ’n So­ma­lie­se bur­ger, was tot on­langs nog ’n pa­si­ënt in ’n psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in Kaap­stad.

S­peur­ders van die Val­ke het men­se wat die aan­val­ler moont­lik ken, on­der­vra en psi­gi­a­trie­se hos­pi­ta­le in en om Kaap­stad ge­bel om sy i­den­ti­teit te pro­beer be­ves­tig. Die Val­ke het nou ook die on­der­soek oor­ge­neem.

Hul­le was op die to­neel toe le­de van die po­li­sie se plof­stof­een­heid die aan­val­ler se lyk deur­soek het.

’n In­wo­ner van Wes­bank, S­ha­rief van S­chalk­wyk, wat ook in die mos­kee in Ne­ri­na­straat aan­bid, het ver­tel hoe hy die aan­val­ler se mes­houe ont­duik het. Van S­chalk­wyk, wat lid van Wes­bank se buurt­wag is, het tus­sen 03:00 en 04:00 op hul W­hat­sApp-groep ’n bood­skap ge­sien oor ’n aan­val by die mos­kee.

Hy is na die mos­kee, waar mans ge­sê het die aan­val­ler is die straat op. Hy is in sy mo­tor ag­ter­na. “Ek het die man in die straat sien af­hard­loop, uit my kar ge­klim en ag­ter hom aan­ge­hard­loop. Hy het met ’n mes na my ge­steek.”

Hy het na sy mo­tor te­rug­ge­hard­loop met die aan­val­ler ag­ter­na. “Ek het my ruit op­ge­draai, maar hy het steeds met die mes na my ge­kap.”

Die po­li­sie was toe ook al op die to­neel en hul­le het die aan­val­ler ag­ter­na­ge­sit. Van S­chalk­wyk sê hy het een of t­wee sko­te hoor klap en toe was dit stil.

Die man wou die po­li­sie glo ook met die mes aan­val.

Hul­le was op die to­neel toe le­de van die po­li­sie se bo­meen­heid die aan­val­ler se lyk vir plof­toe­stel­le deur­ge­soek het.

Im­raahn Mu­kad­dam, Bas­sa se neef, het gis­ter ge­sê So­ma­lie­se bur­gers wat in die mos­kee aan­bid, sê hul­le ken die aan­val­ler glad nie.

Hy het glo ook nie ’n di­a­lek ge­praat wat die men­se ken nie.

Hy het glo Woens­dag­aand laat by die mos­kee ge­vra of hy die nag daar kon slaap. Die man was glo op pad na V­re­den­burg aan die Wes­kus.

Vol­gens Mu­kad­dam en Van S­chalk­wyk mag Mos­lems in­ge­vol­ge hul ge­loof nie men­se kos en/of slaap­plek in ’n tyd van nood wei­er nie.

Vol­gens Van S­chalk­wyk het die aan­val­ler ’n ge­wo­ne wit-en­rooi serp wat ge­woon­lik deur Mos­lem-mans ge­dra word om sy skou­ers ge­had.

Bas­sa is met Mu­kad­dam se nig­gie, Ja­nap Bas­sa, ge­troud. Hy is oor­spronk­lik van Dur­ban, maar na­dat hy Ja­nap ont­moet het en met haar ge­troud is, het hy op Mal­mes­bu­ry kom woon.

Bas­sa is gis­ter­aand ter rus­te ge­lê. Sa­laam, boe­ta Bas­sa. Jou moor­de­naar lê tus­sen t­wee ker­ke

“Sa­laam, koe­rant­man.” “Sa­laam, boe­ta Bas­sa.”

Dit was min of meer al­tyd die aan­kno­pings­ge­sprek tus­sen my en boe­ta Is­mail Bas­sa in sy ge­brak­te A­fri­kaans. Hy was maar al­tyd by die mos­kee, of die ma­sjiet soos ons dit in Mal­mes­bu­ry ge­ken het. Sy jaart was al­tyd vol kar­re.

Wan­neer ek smid­dae werk toe ry, het ek hom me­ni­ge maal ge­sien. Dan het ons vir me­kaar ge­wuif. Ek en die man met die ken­mer­ken­de swart ko­fia.

En nou het Is­mail Bas­sa ’n wre­de dood ge­sterf. Dood­ge­steek bin­ne-in die toe­vlugs­oord van Al­mag­ti­ge. Ver­moor deur ’n v­reem­de­ling wat juis her­berg ge­gee is in die mos­kee.

Van­og­gend in die vroeë og­gend­u­re toe my sel­foon sag­gies brrrr-brrrr, was ek an­ders as an­der tye nog­al bang om na die bood­skap te kyk. Toe dit kort daar­na vir ’n twee­de keer brrrrbrrrr, het dit van my nig­gie ge­kom. Daar was ’n aan­val by die mos­kee by jou, het die bood­skap ge­lui.

Wat­ter mos­kee? Die een t­wee straat­blok­ke van my? Die een waar ek Vry­dag­mid­dae moet suk­kel om ver­by te kom wan­neer die kar­re die pad vol­staan wan­neer my Mos­lem-broers van Mal­mes­bu­ry gaan bid? Kan nie wees nie.

Nie ons mos­kee in Vaal­dorp soos my woon­buurt ge­noem word nie? Nie in die woon­buurt waar elk­een nog me­kaar op die naam noem nie? En al­mal weet wie se kind of ag­ter­klein­kind jy is. Nie die woon­buurt waar ge­slag­te aan me­kaar ver­bind is nie? ’n Woon­buurt wat maar be­staan het uit die ou Groen­pun­ters van Mal­mes­bu­ry. Groen­punt was die woon­buurt in die dorp voor­dat ’n he­le ge­meen­skap ont­wor­tel is weens die Groeps­ge­bie­de­wet en ver­skuif is na Vaal­dorp. Of die amp­te­li­ke naam: Wes­bank.

Groen­pun­ters was maar nog al­tyd aan die na­el­string met me­die kaar ver­bind. Dit was ’n buurt waar Mos­lems en Chris­te­ne sy aan sy ge­leef het. Waar hul­le oor en weer sui­ker by me­kaar ge­leen het en in me­kaar se vreug­de én smart ge­deel het. Daar­die me­de­deel­saam­heid en om­gee kon selfs nie deur die Groeps­ge­bie­de­wet ge­breek word nie.

My eer­ste o­proep was na my oud­ste broer wat ’n Mos­lem is en skuins oor­kant die mos­kee woon. Ek kon hom nie in die han­de kry nie. Ek was be­kom­merd, want Abdu­raag­man (my broer) was nog al­tyd ’n on­rus­ti­ge siel.

En toe kom die bood­skap­pe kort na me­kaar deur. Drie men­se is ge­steek deur ’n v­reem­de­ling met ’n mes in die mos­kee. Wie sou dit wees? Was my broer een van dié wat ge­steek is? Moord in die mos­kee? So kort voor die ein­de van Ra­mad­aan?

By die mos­kee was daar ’n ab­so­lu­te ver­sla­en­heid. Moe­la­na Abdul K­ha­liq Al­lie van die Mos­lem Ju­ri­die­se Raad (MJC) en ’n seun van hier­die Vaal­dorp-ge­meen­skap het be­gin­ne huil. Ek het Abdul nog nooit so ge­bro­ke ge­sien nie. Hy was nog al­tyd die skran­der een en die sterk een wat ’n ge­meen­skap by­me­kaar ge­hou het, hoe­wel hy nou ’n hoë po­si­sie in die MJC be­klee. ’n Groen­pun­ter of ’n Vaal­dor­per wat stuk­kend is. En voor­dat ek my kon keer, big­gel die tra­ne ook uit my oë. Ge­deel­de smart.

Jy kyk na Bas­sa se seuns. Fai­zel, die een wat in sy ge­sig ge­steek is, en luis­ter na Saud, die an­der broer, wat geen wraak in sy hart dra nie, maar die pyn lê dui­de­lik in sy stem.

Ver­der straat­op lê die lyk van die moor­de­naar. Dit nog­al tus­sen t­wee ker­ke. Met ’n po­li­sie­hond wat snuf­fel-snuf­fel na­der­skuif aan sy lyk.

Bui­te blaas die wind uit baie bek­ke. Dit vreet aan jou lig­gaam. En al waar­aan jy kan dink, is: Is­mail Bas­sa, die man met die swart ko­fia.

En nooit weer sal ek in ge­brak­te A­fri­kaans die “Sa­laam, koe­rant­man” uit sy mond hoor nie.

Fo­to: JACO MARAIS

Be­amp­tes van die Wes-Kaap­se ge­sond­heids­de­par­te­ment ver­wy­der die aan­val­ler se lyk.

Is­mail Bas­sa (72) is gis­ter­og­gend met ’n mes in die mos­kee dood­ge­steek.

Fo­to: JACO MARAIS

Die mes waar­mee die slag­of­fers ver­moe­de­lik dood­ge­steek is.

Jo­hann Maar­man is eind­re­dak­teur van Die Bur­ger en ’n in­wo­ner van Mal­mes­bu­ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.