Nu­we aan­soek om hulp vir droog­te kom

Die Burger - - 2 - C­har­né­ Kemp

Die Noord-Kaap­se de­par­te­men­te van land­bou en wa­ter en sa­ni­ta­sie werk saam met A­gri Noord-Kaap om nog droog­te­hulp vir die win­ter te kry.

Dit volg na­dat die na­si­o­na­le ramp­ver­kla­ring van die droog­te in die Wes-Kaap, OosKaap en Noord-Kaap Woens­dag ver­stryk het.

Hen­ning My­burgh, hoof­be­stuur­der van A­gri Noord-Kaap, sê boe­re kry van­dees­maand die laas­te vee­voer­hulp in­ge­vol­ge die ramp­ver­kla­ring.

“Ons hoop dat ons nu­we aan­soek om hulp van Ju­lie tot Au­gus­tus vir die suid­wes­te­li­ke deel van die pro­vin­sie sal slaag. Die he­le Na­ma­kwa­land en aan­gren­sen­de de­le in die Pix­ley Ka Se­me- en ZF Mg­ca­wu-dis­trik word ook deur die droog­te ge­raak.

“Dit het nie mil­de­lik, e­we­re­dig en wyd­ver­spreid in die so­mer­re­ën­val­ge­bied ge­re­ën nie en die droog­te duur voort. Die droog­te­hulp wat die re­ge­ring ge­gee het, was ’n ge­wel­di­ge ver­lig­ting vir boe­re.”

Die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie en Gift of the Gi­vers is be­sig om boor­ga­te in Sut­her­land na te gaan, nu­wes te sink en vee­voer, as­ook le­wens­mid­de­le, aan in­wo­ners te skenk.

Die or­ga­ni­sa­sie re­ken daar is 56 boe­re wat op die punt staan om boe­del oor te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.