AB ver­lig oor uit­gra­wing

Oud-Pro­tea sê hul plan is só am­per in wie­le ge­ry

Die Burger - - 3 - Wim P­re­to­ri­us

Die voor­ma­li­ge Pro­tea-kol­wer AB de Vil­liers sê hy en sy vrien­de kan hul­le eint­lik ge­luk­kig ag dat hul ge­hei­me trommel van­dees­week op die ter­rein van die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) in P­re­to­ria op­ge­gra­we is.

De Vil­liers en se­we van sy vrien­de, De­rick Ku­ün, C­liff Mil­ton, Sa­rel Pot­gie­ter, Ba­sil de Donc­ker, Wil­lem Tau­te, Wil­lem Fra­ser en Her­man van der Laan, het die aand van hul laas­te skool­dag in 2002 be­sluit om in die ge­heim ’n trommel na­by die skool se boog­hek te be­gra­we waar­in elk­een van hul­le iets ge­bê­re het.

Kon­struk­sie­wer­kers wat by die skool doe­nig is, het dit Dins­dag ge­vind toe hul­le op­gra­wings ge­doen het om wa­ter­py­pe te ver­vang.

Vol­gens De Vil­liers, wat in Mei uit al­le weer­ga­wes van in­ter­na­si­o­na­le krie­ket ge­tree het, het elk­een ook ’n brief ge­skryf oor waar hul­le oor tien jaar wil wees.

“On­ge­luk­kig het nie een van die brie­we be­waar ge­bly nie,” het De Vil­liers gis­ter by na­vraag ge­sê.

Hy sê in daar­die sta­di­um was hy nog nie se­ker wat­ter sport­soort hy pro­fes­si­o­neel wou be­oe­fen nie.

“Ek het in my brief ge­vra of dit rug­by of krie­ket gaan wees en die He­re ge­vra om my te lei. Ek het toe so ’n bie­tjie meer na krie­ket oor­ge­leun, maar ek het rug­by eint­lik nog al­tyd ’n bie­tjie meer ge­niet. Daar is min din­ge wat by ’n lek­ker ag­ter­lyn­be­we­ging kan kers vas­hou.”

De Vil­liers het een van sy eer­ste­span-rug­by­truie in die trommel ge­sit, met ’n bot­tel von­kel­wyn en si­ga­re wat ook be­gra­we is. “Die plan was om dit oop te maak wan­neer ons die ding weer op­gra­we, maar dit het ook nie be­houe ge­bly nie.”

Hoe­wel hul­le dit op hul tien­jaar­re­ü­nie wou uit­haal, moes hul­le dit uit­stel tot 2022. De Vil­liers meen dit is dalk ’n be­dek­te se­ën dat die trommel ge­vind is voor­dat die kon­struk­sie­werk vol­tooi is.

“Ek dink ons was ge­luk­kig dat hul­le daar­op af­ge­kom het, an­ders was dit dalk vir e­wig daar ver­steek.”

De­on Bo­tes, sy eer­ste­span-krie­ket­brei­er by Af­fies, en Lou­is du P­les­sis, een van sy span­maats, was wel be­wus van die trommel en het selfs een aand daar­na gaan soek.

“Ek en Lou­is het een aand in 2005 by die skool ge­braai toe hy my ver­tel dat hy graag ’n eer­ste­span-rug­by­trui wil hê,” sê Bo­tes.

“Ons het min of meer ge­weet waar die trommel is en met ’n paar gra­we daar in­ge­vaar om dit te pro­beer op­spoor. Ons po­gings was ver­geefs. Ek het glad nie be­sef hoe diep hul­le dit be­gra­we het nie.”

De Vil­liers sê die trommel en sy in­houd het groot sen­ti­men­te­le waar­de.

“Af­fies is waar al­les vir my be­gin het. Dis waar ek vir die eer­ste keer voor ’n groot ska­re uit­ge­draf het. Die eer­ste keer toe ek vir Af­fies se Wit Bul­le (die eer­ste rug­by­span) uit­ge­draf het, is steeds my spe­si­aal­ste oom­blik voor e­ni­ge ska­re.”

Hul trommel-plan is des­tyds am­per in die wie­le ge­ry toe Sak­kie van der Walt, hul eer­ste­span-af­rig­ter, hul­le by­na be­trap het. “Hy het te­rug­ge­keer van ’n ont­haal ter­wyl ons ge­gra­we het. Ons was nog­al pa­nie­ke­rig, want hy duld nie kat­te­kwaad nie. Ons het ag­ter die bos­se in­ge­duik tot­dat hy ver­by­ge­ry het,” sê De Vil­liers.

Fo­to: WIL­LI­AM BROWN

AB de Vil­liers en De­on Bo­tes, sy krie­ket­af­rig­ter by Af­fies, hou sy eer­ste­span­rug­by­trui vas wat 16 jaar on­der die grond be­gra­we was.

Fo­to: A­FRI­KAAN­SE HO­ËR SEUN­SKOOL

De Vil­liers in 2002 vir die eer­ste span van die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.