Kurt Co­bain se be­sit­tings in Ier­land uit­ge­stal

Die Burger - - 6 - El­ma Klop­pers

Kort na­dat ’n mu­seum met ’n uit­stal­ling van die A­me­ri­kaan­se grun­ge­san­ger Kurt Co­bain se per­soon­li­ke be­sit­tings af­ge­brand het, ver­rys ’n nu­we Co­bain-uit­stal­ling soos die fe­niks uit die as.

Co­bain was die hoof­san­ger van die groep Ni­r­va­na van die Se­att­le-to­neel en het op 5 A­pril 1994 sy eie le­we ge­neem.

Die A­ber­deen Mu­seum of His­to­ry in Washing­ton in die VSA het op 9 Ju­nie van­jaar af­ge­brand en die uit­stal­ling wat on­der meer ’n rus­bank waar­op Co­bain ge­slaap het in­ge­sluit het, is ver­nie­tig. A­ber­deen was Co­bain se ge­boor­te­dorp.

In Ju­lie gaan Ier­land se Mu­seum of Sty­le I­cons, ’n pop­kul­tuur-mu-seum, ’n ver­sa­me­ling van sy be­sit­tings wat nog nooit in die o­pen­baar ge­sien is nie uit­stal.

Dié uit­stal­ling word moont­lik ge­maak dank­sy ’n vriend­skap tus­sen Wil­li­am Doy­le, die eie­naar van die mu­seum in Ne­w­brid­ge, Ier­land en Co­bain se ma, Wen­dy O’Con­nor, sy sus­ters Kim Co­bain en O­li­via O’Con­nor en sy dog­ter, Fran­ces Be­an Co­bain.

Die een­ma­li­ge uit­stal­ling gaan sy 1956 Dod­ge Dart in ’n poei­er­blou­kleur in­sluit, per­soon­li­ke fo­to’s, kle­re, hand­ge­skre­we li­rie­ke en sket­se wat hy self ge­doen het. Die Dod­ge is die e­nig­ste mo­tor wat hy in sy leef­tyd be­sit het.

Om­dat die Co­bain-fa­mi­lie nog nie van­te­vo­re so ’n uit­stal­ling aan­ge­pak het nie, meen be­dryfs­ken­ners dat dit net so “groot” kan wees soos die on­lang­se Pink Floyd- en Da­vid Bo­wie­uit­stal­lings in Lon­den.

Die uit­stal­ling o­pen op 19 Ju­lie en duur tot en met 30 Sep­tem­ber.

Fo­to’s: DIE CO­BAIN-FA­MI­LIE

Kurt Co­bain, hoof­san­ger van die groep Ni­r­va­na as ’n tie­ner in 1986.

Kurt Co­bain se 1956 Dod­ge Dart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.