‘Fo­kus is voor­ko­ming van mis­daad op pla­se’

Die Burger - - 12 - And­rea K­ü­sel

As daar nie sta­bi­li­teit in boe­re­ge­meen­skap­pe is nie weens plaas­moor­de en vee­dief­stal, sal dit ’n erns­ti­ge uit­wer­king op ver­skeie sek­to­re in die land hê.

“Hier­die voort­du­ren­de vlaag van mis­da­di­ge aan­val­le op boe­re­ge­meen­skap­pe ver­oor­saak erns­ti­ge ska­de en on­se­ker­heid wat moont­lik werk­ge­leent­he­de, e­ko­no­mie­se groei en voed­sel­se­ker­heid kan raak. Dit kan nie daar ge­laat word nie,” het Mi­ke Mlengana, di­rek­teur-ge­ne­raal van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, gis­ter op ’n be­raad oor plaas­moor­de en vee­dief­stal in P­re­to­ria ge­sê.

Die be­raad is deur die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye aan­ge­bied om “op­los­sings” vir on­der meer lan­de­li­ke vei­lig­heid te pro­beer vind.

Rol­spe­lers wat on­der meer teen­woor­dig is, is TLU SA, A­gri SA, die A­fri­can Far­mers’ As­so­ci­at­ion of South A­fri­ca (Af­sa), A­friForum, die po­li­sie en die Men­se­reg­te­kom­mis­sie.

Mlengana sê die doel van die be­raad is om met uit­voer­ba­re plan­ne vo­ren­dag te kom om plaas­moor­de en mis­da­de op pla­se stop te sit. “Ons sal die plan­ne aan die mi­nis­ter voor­lê en ons hoop om dan die plan­ne deel te maak van die be­gro­ting so­dat ons dit kan uit­voer.”

Mlengana sê die hoof­fo­kus is op die voor­ko­ming van mis­da­de op pla­se, maar as die mis­da­de wel plaas­vind, “moet die oor­tre­ders tronk toe gaan so­dat hul­le kan sien dat hul­le vir hul mis­da­de teen­oor die mens­dom en die e­ko­no­mie” moet boet.

Fo­to: JA­COB ROOI

Mi­ke Mlengana, di­rek­teur-ge­ne­raal van land­bou, bos­bou en vis­se­rye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.