Mey­er moet help vre­de skep op ei­land

Die Burger - - 12 - Sa­rel van der Walt

’n Kwart­eeu na­dat hul­le die be­lang­ri­ke fi­gu­re in die des­tyd­se Ko­de­sa-on­der­han­de­lin­ge vir ’n de­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka was, het pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa Roelf Mey­er aan­ge­stel as een van sy spe­si­a­le ge­san­te om te help met die vre­des­pro­ses in Ma­da­gas­kar.

Die an­der ge­sant is E­bra­him E­bra­him, ’n vo­ri­ge ad­junk­mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king.

Ra­map­ho­sa, wat des­tyds die ANC se on­der­han­de­ling­span ge­lei het, en Mey­er, wat aan die hoof van die Na­si­o­na­le Par­ty-re­ge­ring se on­der­han­de­ling­span was, het ja­re ge­le­de saam en in­di­vi­du­eel ge­help om die vre­des­pro­ses in Noord-Ier­land aan die gang te kry.

“Ek en my maat­skap­py het ’n paar jaar ge­le­de, toe Gert Grob­ler nog die am­bas­sa­deur in Ma­da­gas­kar was, be­trok­ke ge­raak by die po­li­tie­ke pro­ble­me daar.

“So ’n maand of wat ge­le­de toe die si­tu­a­sie daar weer be­gin ver­sleg het, het ons Lin­di­we Si­su­lu (mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king) gaan spreek om haar op die hoog­te te bring van wat aan­gaan,” sê Mey­er.

Ge­weld het in A­pril in dié land uit­ge­breek.

Mey­er en E­bra­him was die af­ge­lo­pe maand een keer saam met Si­su­lu in An­ta­na­na­ri­vo, die hoof­stad, om met die stry­den­de par­tye te praat. Mey­er glo Si­su­lu se teen­woor­dig­heid het ’n groot rol ge­speel om “re­de­li­ke vre­de” te be­werk­stel­lig.

Pres. He­ry Ra­ja­o­na­ri­mam­pi­a­ni­na het van­dees­week in op­drag van Ma­da­gas­kar se kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ’n ka­bi­net saam­ge­stel wat ook ver­teen­woor­di­gers van op­po­si­sie­par­tye in­sluit.

“Om­dat me­nings­pei­lings nie in Ma­da­gas­kar toe­ge­laat word nie, is dit baie moei­lik om te sê wie die mees­te steun ge­niet,” sê Mey­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.