Val­ke vang ver­meen­de kwak­sal­wers

Die Burger - - 12 - Mal­her­be Nie­na­ber

Die Val­ke het ses ver­meen­de kwak­sal­wers in die Wes-Kaap in heg­te­nis ge­neem.

Die Val­ke sê in ’n ver­kla­ring hy het saam met die Raad op Ge­sond­heids­be­roe­pe (HPCSA) klop­jag­te by 15 sa­ke­per­se­le en p­ri­va­te hui­se uit­ge­voer.

In die klop­jag­te in Bell­vil­le, die Paarl, M­be­kwe­ni, K­haye­lit­sha en P­hi­lip­pi is be­slag ge­lê op me­di­ka­sie, do­ku­men­te en e­lek­tro­nie­se toe­rus­ting.

Een van die “dok­ters” sal na ver­wag­ting van­dag in die land­dros­hof in P­hi­lip­pi ver­skyn. Na ver­wag­ting kan nog men­se in heg­te­nis ge­neem word.

Die “dok­ters” is tus­sen 33 en 49 jaar oud en word daar­van aan­ge­kla dat hul­le hul­self as dok­ters voor­ge­doen en me­di­ka­sie son­der die ve­reis­te li­sen­sies ver­skaf het.

Hul­le word ook aan­ge­kla van be­drog, ver­val­sing, die uit­gee van ver­vals­te do­ku­men­te en geld­was­se­ry.

Fo­to: AN­DRÉ DA­MONS

Die Val­ke in die Wes-Kaap het toe­ge­slaan op ses kwak­sal­wers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.