T­wee groot be­leg­gings in Du­noon

R42 m. aan tax­istaan­plek be­stee

Die Burger - - 14 - Mal­her­be Nie­na­ber

Die Kaap­se stads­raad gaan meer as R42 mil­joen be­stee om die tax­istaan­plek in Du­noon op te knap, ter­wyl grond van 71 ha oor­kant die N7 ver­kry is om be­hui­sing te ver­skaf.

Pa­tri­cia de Lil­le, bur­ge­mees­ter van Kaap­stad, het gis­ter op ’n be­soek aan die ge­bied ge­sê die op­knap­pings­werk sal na ver­wag­ting oor t­wee maan­de be­gin.

Die stads­raad hou gis­ter en van­dag ’n uit­stal­ling in die ge­meen­skap­saal oor sy plan­ne om Du­noon te ont­wik­kel.

Amp­te­na­re is teen­woor­dig om in­wo­ners se vrae te be­ant­woord.

Dit volg op ge­weld en grond­be­set­tings ty­dens be­to­gings in die ge­bied die laas­te paar we­ke, wat dik­wels daar­toe ge­lei het dat die N7 weens bran­den­de mo­tor­ban­de ge­sluit is.

Nu­we ge­rie­we vir taxi’s

De Lil­le sê die hui­di­ge tax­istaan­plek, wat dik­wels mod­de­rig raak, sal met nu­we ge­rie­we ver­vang word, wat win­kels, kan­to­re, bad­ka­mers en ’n loop­pad sal in­sluit.

“Op week­dae ge­bruik by­na 8 000 pen­de­laars die staan­plek om be­stem­mings soos Bell­vil­le, Ny­an­ga, die mid­de­stad en Wit­raad sand te be­reik.”

Die op­knap­pings­werk sal na ver­wag­ting bin­ne t­wee jaar af­ge­han­del wees.

“Dié be­leg­ging dui op ons ver­bin­te­nis om ons ge­meen­skap­pe op te hef deur ge­hal­te-in­fra­struk­tuur en uit­ne­mend­heid in diens­le­we­ring te bied.”

Nu­we woon­buurt

B­rett Her­ron, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir ver­voer en ste­de­li­ke ont­wik­ke­ling, sê hui­se moet op goed­ge­plaas­te grond met toe­gang tot ver­voer en werk­ge­leent­he­de ge­bou word om ’n “doel­tref­fen­de en in­klu­sie­we stad” te skep.

“Dit maak saak waar men­se woon en dit is waar­om die stads- die grond oor­kant Du­noon ge­koop het om ’n nu­we woon­buurt te skep wat aan hier­die i­de­a­le vol­doen.”

Na ver­wag­ting sal “dui­sen­de be­hui­sings­ge­leent­he­de” op die stuk grond ge­le­wer kan word, so­wel as maat­skap­li­ke ge­rie­we en ge­bie­de vir han­del.

’n Bi­bli­o­teek van R39 mil­joen sal ook na ver­wag­ting van­jaar vol­tooi word.

Dig­ter be­hui­sing, met ge­boue van drie ver­die­pings, word op die grond be­oog, so­wel as per­se­le vir han­del­dry­wing en lig­te ny­wer­heids­ge­bruik.

“Oor die laas­te we­ke het ek met ver­skeie in­wo­ners en ge­meen­skaps­lei­ers ver­ga­der om te vra dat hul­le saam met die stads­raad werk om die grond teen be­set­tings te be­skerm – ver­al waar ont­wik­ke­lings be­plan word,” het Her­ron ge­sê.

Vol­gens hom kan die stads­raad be­gin in­fra­struk­tuur aan­lê as hy by­stand kry om on­wet­ti­ge be­set­tings te voor­kom.

Die stads­raad werk ook saam met die pro­vin­si­a­le re­ge­ring aan plan­ne om die duik­weg on­der die N7 by Du­noon op die knap om “be­ter, vei­li­ger toe­gang” aan voer­tuie en voetgangers te bied, so­wel as om ver­keer op me­di­um­ter­myn te ver­lig.

Fo­to: JACO MARAIS

Pa­tri­cia de Lil­le, bur­ge­mees­ter van Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.