Hond help Mans-lei­dra­de soek

Die Burger - - 14 - An­dré Da­mons Na­ta­sha Mans

Fo­ren­sie­se on­der­soe­kers en ’n po­li­sie­hond het gis­ter weer die huis en erf in Groen­vlei bui­te Bloem­fon­tein ge­fyn­kam waar Na­ta­sha Mans se lyk Woens­dag on­der ’n boom ge­vind is.

Die hond is op­ge­lei om on­der meer men­se­bloed en -se­men uit te snuf­fel.

Mans (46), wat op 31 Mei spoor­loos ver­dwyn het, se lyk was glo koud toe dit die mid­dag op Den­nis Cas­ten, haar vriend, se erf ge­vind is.

Sy het ’n skiet­wond in die bors ge­had en die ver­moe­de be­staan dat haar lyk eers in ’n vries­kas ge­hou is.

Kapt. C­ha­ka Ma­r­o­pe, po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n lyk­skou­ing sal moont­lik van­dag ge­doen word om vas te stel pre­sies wan­neer Mans dood is.

Ma­r­o­pe sê Cas­ten se erf, wat gis­ter met geel po­li­sie­lint af­ge­sper is, is ’n mis­daad­to­neel en dat Cas­ten sy huis se sleu­tels, as­ook die af­stand­be­heer­der van die hek aan die po­li­sie oor­han­dig het.

Vol­gens Ma­r­o­pe was die po­li­sie teen gis­ter­mid­dag laat steeds op die to­neel be­sig.

Hy het vroe­ër ge­sê Mans is ver­moe­de­lik on­langs op ’n an­der p­lek ge­skiet en toe on­der die boom ge­laat waar sy Woens­dag glo deur Cas­ten ge­vind is.

’n Re­wol­wer wat aan Cas­ten be­hoort, is langs haar lyk ge­vind, maar die po­li­sie twy­fel of dit die vuur­wa­pen is waar­mee sy ge­skiet is.

Ver­skeie be­amp­tes, met blou­en-wit fo­ren­sie­se pak­ke aan, het om­streeks 12:20 die per­seel in­ge­gaan en met hul on­der­soek­werk be­gin.

Die huis is deur­ge­soek en ook weer die p­lek op die erf waar Mans se lyk aan­ge­tref is.

Cas­ten, ’n ei­en­doms­ont­wik­ke­laar, se broer en dog­ter het ook met blou-en-wit oor­pak­ke aan saam met die po­li­sie die erf in­ge­gaan en la­ter met sy t­wee hond­jies uit­ge­kom.

Hy het bui­te in ’n bak­kie ge­sit ter­wyl die be­amp­tes die erf deur­ge­soek het en die be­amp­tes la­ter na die huis ver­ge­sel.

Vol­gens in­lig­ting het Cas­ten Woens­dag­aand by sy broer oor­ge­slaap.

Dit is nog nie be­kend of die po­li­sie e­nig­iets op die to­neel ge­vind het wat hul­le sal help om die raai­sel van die moord op Mans op te los nie.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.