Steek Zil­le in pad oor twiet, sê ANC

Die Burger - - 14 - War­da Mey­er

Die ANC sê die Wes Kaap­se wet­ge­wer het geen an­der keu­se nie as om He­len Zil­le die trek­pas as pre­mier te gee oor haar om­stre­de ko­lo­ni­a­lis­me-twiet.

K­ha­ya Ma­gaxa, ANC-lei­er in die wet­ge­wer, het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Kaap­stad ge­sê Zil­le braak net gal oor die be­vin­dings van adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), dat haar om­stre­de twiet die Grond­wet en die e­tie­se ko­de vir pre­miers oor­tree het.

Mkhwe­ba­ne het die Wes-Kaap­se wet­ge­wer be­veel om “ge­pas­te stap­pe” teen Zil­le te doen oor die twiet.

Ma­gaxa het die wet­ge­wer ge­vra om die pro­ses te be­spoe­dig so­dat Zil­le eens en vir al­tyd “vas­ge­vat” kan word. Hy sê Zil­le is “sleg” en nie ge­skik om so ’n be­lang­ri­ke amp te be­klee nie.

“Sy het lank­al haar ver­val­da­tum be­reik. Sy moet gaan voor­dat sy haar­self ver­der ver­ne­der.”

Die OB sal haar op­drag­te oor Zil­le kwar­taal­liks mo­ni­tor.

Zil­le sê sy sal die ver­slag deur die hof laat her­sien. Sy be­skou die be­vin­ding as on­wet­tig en ir­ra­si­o­neel. Zil­le het vroe­ër van­jaar ’n storm ont­ke­ten toe sy op T­wit­ter ge­sê het die na­la­ten­skap van ko­lo­ni­a­lis­me was nie net sleg nie. Sy het on­der meer ver­wys na die on­af­hank­li­ke reg­stel­sel in die land, die ver­voer­in­fra­struk­tuur en die wa­ter­pyp­stel­sel.

Sy hou vol sy het die reg op vry­heid van spraak.

Fo­to: WAR­DA MEY­ER

K­ha­ya Ma­gaxa, ANC-lei­er in die Wes-Kaap­se wet­ge­wer, saam met Mau­ren­cia Gil­li­on, ANC-te­sou­rier in Kaap­stad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.