Sui­wel­pro­jek: NVG kry wéér pak in die hof

Die Burger - - 14 - Mi­ke van Rooy­en

Die be­slag­leg­gings­een­heid van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het weer op sy baad­jie ge­kry in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein toe ’n be­wa­rings­be­vel oor R33,2 mil­joen van die Bank of Ba­ro­da op­ge­hef is.

Dis die vier­de be­wa­rings­be­vel van die NVG oor die R250 mil­joen van die om­stre­de Es­ti­na­sui­wel­pro­jek by Vre­de in die Vry­staat wat se­dert Maart ge­deel­te­lik of heel­te­mal op­ge­hef is.

Vier ver­skil­len­de Vry­staat­se reg­ters het nou al be­ve­le wat een­sy­dig deur die NVG aan­ge­vra is in ’n po­ging om van die R250 mil­joen van die sui­wel­pro­jek te­rug te kry, op­ge­hef na­dat aan­soek ge­doen is om die op­hef­fing daar­van.

El­ke keer is die NVG boon­op ge­las om die regs­kos­te, wat reeds hon­derd­dui­sen­de ran­de be­loop, te be­taal.

In die on­lang­ste uit­spraak het reg­ter Jo­hann Daf­fue van­dees­week be­vind die NVG het met geen be­we­se fei­te vo­ren­dag ge­kom dat die R33,2 mil­joen, wat op 14 Ok­to­ber 2013 ge­bruik is om Ka­mal Vas­ram se per­soon­li­ke le­ning­skuld te be­taal, die op­brengs van mis­daad was nie.

Op dié dag was daar net R343 653 in Es­ti­na se Bank of Ba­ro­da-re­ke­ning voor­dat t­wee de­po­si­to’s van R10 mil­joen en R25 mil­joen elk ge­doen is. Daf­fue het ge­sê nie­mand het be­weer dié de­po­si­to’s was die op­brengs van mis­daad nie. Dis ook nie van ’n an­der bank­re­ke­ning van Es­ti­na af­koms­tig nie. Hy het sy be­denDie kin­ge oor die be­trok­ken­heid en rol van die bank­be­stuur­der van Bank of Ba­ro­da in die toe­ken­ning van die le­nings aan Vas­ram en die af­be­ta­ling daar­van, maar hy is nie be­reid om so­ver te gaan soos wat die NVG wil hê hy moet nie. “Be­den­kin­ge is nie ge­noeg nie.”

NVG be­weer van die so­wat R250 mil­joen wat die de­par­te­ment van land­bou in die Vry­staat aan die maat­skap­py Es­ti­na be­taal het om die sui­wel­pro­jek te be­dryf, is R110 mil­joen in die Ned­bank-re­ke­ning van Bank of Ba­ro­da in­be­taal.

Daf­fue het ge­sê toe die voor­lo­pi­ge be­wa­rings­be­vel ein­de Maart toe­ge­staan is, het Es­ti­na geen noe­mens­waar­di­ge bank­ba­lans in Bank of Ba­ro­da ge­had nie en die lo­gie­se af­lei­ding is dat dit on­skul­di­ge kli­ën­te se geld is wat daar­mee be­waar is.

Adv. A­z­har B­ham SC, by­ge­staan deur adv. Luc S­pil­ler, het vir Bank of Ba­ro­da op­ge­tree.

Adv. Na­zeer Cas­sim SC, by­ge­staan deur ad­vv. San­dra F­ree­se, T­ha­to N­ti­mut­se en R. Nai­doo het na­mens die NVG op­ge­tree.

Die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.