Trump en Kim uit vier hoe­ke

Die Burger - - 15 - Teks maar ef­fens oor kern­ont­wa­pe­ning Klink na ’n kom­pro­mie

As al­les ge­beur soos daar ge­hoop word, is daar ná 68 jaar se vy­and­skap ein­de­lik die voor­uit­sig op ’n du­ren­de vre­de in Ko­rea. Maar las­ti­ge vrae word ge­stel oor die oor­een­koms tus­sen pres. Do­nald Trump en Kim Jong-oen. Le­o­pold S­choltz be­rig.

Daar is ver­skeie hoe­ke waar­uit die spits­be­raad en oor­een­koms tus­sen pres. Do­nald Trump en die Noord-Ko­re­aan­se dik­ta­tor, Kim Jong-oen, be­kyk kan word. Elk­een sal tot ’n an­der ant­woord lei. Die bes­te is moont­lik om in ál­le hoe­ke te gaan staan en te kyk hoe din­ge lyk.

Dalk die be­lang­rik­ste hoek om mee te be­gin, is dat die be­raad en oor­een­koms hoe­ge­naamd plaas­ge­vind het.

Die vy­an­de­lik­heid op die Ko­re­aan­se skier­ei­land het 68 jaar ge­le­de be­gin, in 1950, toe die kom­mu­nis­tie­se Noord-Ko­rea die sui­de bin­ne­ge­val het. Ná ’n ver­woes­ten­de oor­log van drie jaar is ’n vuur­sta­king in 1953 ge­sluit, maar tot ’n for­me­le vre­des­ver­drag het dit nooit ge­lei nie.

In die oor­een­koms wat pas in Sin­ga­poer ge­sluit is, word die bou van ’n “du­ren­de en sta­bie­le vre­des­re­gi­me” in die voor­uit­sig ge­stel. Met an­der woor­de, die vre­de is nog nie daar nie, maar wat pas ge­beur het, kan in be­gin­sel die be­gin vorm van ’n pro­ses wat uit­ein­de­lik daar kan ein­dig.

As dit ge­beur, sal dit ’n ge­skied­kun­di­ge deur­braak wees. nie. Trump het, ver­ras­send ge­noeg, Kim as ge­ly­ke er­ken en hom in die be­trek­lik kort ge­sprek van vier uur be­son­der be­leefd han­teer.

Dit is in teen­stel­ling met die wy­se waar­op hy sy bond­ge­no­te in die G7-lan­de pas in Ka­na­da in die tan­de ge­skop het.

Toe die t­wee vir die eer­ste keer saam in die o­pen­baar ver­skyn het, was op die ag­ter­grond ’n ry vlae van so­wel A­me­ri­ka as Noord-Ko­rea. E­nig­ie­mand wat iets van di­plo­ma­sie weet, be­gryp dat A­me­ri­ka Noord-Ko­rea hier­mee by im­pli­ka­sie as ’n le­gi­tie­me staat er­ken het.

Dit is be­ves­tig deur die ge­sprek en oor­een­koms tus­sen ge­ly­kes.

Daar­mee het Kim een van sy groot­ste doel­stel­lings be­reik. Meer nog, hy het dit reg­ge­kry dat hy po­li­ties er­ken word as ’n krag waar­son­der vre­de nie moont­lik is nie.

Iets wat hier­mee ge­paard­gaan, is dat Kim daar­in ge­slaag het om sy beeld as wre­de dik­ta­tor te ver­ruil vir dié van ’n vrien­de­li­ke, jo­vi­a­le man met wie sa­ke ge­doen kan word.

Ver­geet nie dat hy ver­ant­woor­de­lik is vir ’n bru­te re­gi­me wat in wreed­heid nie on­der­doen vir A­dolf Hit­ler, Jo­sef S­ta­lin en Mao Ze­dong nie. Om sy mags­po­si­sie te ver­se­ker het hy selfs so­wat die helf­te van sy fa­mi­lie­le­de en tal­le an­der hoog­ge­plaas­tes ge­na­de­loos ver­moor. oe­fe­nin­ge tus­sen A­me­ri­ka en Suid-Ko­rea ge­kan­sel­leer word. Wat on­dui­de­lik is, is of dit net van­jaar se oe­fe­nin­ge is of al­le toe­koms­ti­ge oe­fe­nin­ge ook.

Dit is iets wat deur die ja­re ’n ys­li­ke do­ring in die Noord-Ko­re­aan­se vlees was waar­teen dik­wels luid ge­pro­tes­teer is. Uit die oog­punt van Noord-Ko­rea is dit ’n aan­sien­li­ke toe­ge­wing.

An­der­syds het Kim, lui­dens die oor­een­koms, be­loof om “te werk aan die to­ta­le kern­ont­wa­pe­ning van die Ko­re­aan­se skier­ei­land”.

Vol­gens Trump op sy nuus­kon­fe­ren­sie het Kim hom bo­wen­dien ver­tel dat hy ook die toets­ter­rei­ne vir mis­sie­le sal ver­nie­tig.

Vroe­ër het Mi­ke Pom­peo, die A­me­ri­kaan­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, ge­sê sy land sal met niks min­der nie as “die to­ta­le, ve­ri­fi­eer­ba­re en on­om­keer­ba­tê­re kern­ont­wa­pe­ning” van Noor­dKo­rea te­vre­de wees nie.

Teen dié ag­ter­grond klink die teks van die oor­een­koms maar ef­fens.

Op sy nuus­kon­fe­ren­sie het Trump ge­sê na­tuur­lik moet die ver­nie­ti­ging van Noord-Ko­rea se kern­wa­pen­ver­moë ve­ri­fi­eer­baar wees en hy het met Kim daar­oor ge­praat. Hy het eg­ter geen be­son­der­he­de ge­gee nie en ’n mens moet nog maar wag om te sien wat hier­oor be­kend word.

Dit is na­tuur­lik die kern van die saak. In die ver­le­de het Noord-Ko­rea tel­kens be­lof­tes ge­maak en nie na­ge­kom nie. Dié keer, sê Trump, sal dit an­ders wees.

“Daar is nou ’n nu­we president,” is sy re­de.

Bo­wen­dien het hy on­der­neem dat die e­ko­no­mie­se sank­sies teen Noord-Ko­rea be­hou sal word tot­dat hy te­vre­de is.

Die ant­woord op die twee­de hoek is dus dat dit te gou is om te kan sê wie ge­wen het. Dit sal eers blyk wan­neer vol­doen­de fei­te be­kend is en wan­neer ge­noeg tyd (moont­lik ’n jaar of vyf) ver­by­ge­gaan het so­dat men­se kan weet of Noord-Ko­rea dié keer sy be­lof­tes uit­voer.

Men­se­reg­te, sê Trump, is “be­trek­lik kortliks” be­spreek. Hy het er­ken dat die men­se­reg­te­si­tu­a­sie in Noord-Ko­rea “rof” is, maar het dui­de­lik nie vor­de­ring in dié op­sig as voor­waar­de vir vor­de­ring na vre­de ge­stel nie.

’n Der­de hoek is: Hoe bly­wend is die oor­een­koms?

Ook in dié op­sig sal dit maan­de, dalk ja­re, duur voor­dat ’n ant­woord ge­gee kan word. Wat ’n mens wel kan sê, is dat Trump sy aan­vank­li­ke, ge­wo­ne groot­bek­hou­ding vir ’n re­a­lis­tie­ser be­na­de­ring ver­ruil het.

Sy aan­vank­li­ke hou­ding was dat hy die kwes­sie som­mer tjoeftjaf, bin­ne mi­nu­te, sal op­los. Op aan­drang van Pom­peo het hy on­langs be­gin praat van “’n pro­ses” en selfs ver­skeie be­ra­de in die voor­uit­sig ge­stel.

Vre­de in Ko­rea en af­stand doen van kern­wa­pens is ’n on­ge­re loof­lik in­ge­wik­kel­de pro­ses wat waar­skyn­lik ja­re kan duur voor­dat dit vol­tooi is. En dan moet jy maar af­wag of die be­rug­te Trump-wis­pel­tu­rig­heid nie tog weer ’n stok in die wiel steek nie. ’n Vier­de hoek: A­me­ri­ka het dit baie dui­de­lik ge­maak dat hy nie uit is op die om­ver­wer­ping van die Noord-Ko­re­aan­se dik­ta­tuur nie.

Hier­mee is sy be­na­de­ring – te­reg – heel­te­mal an­ders as by­voor­beeld die Bush-ad­mi­nis­tra­sie s’n met dié se ramp­spoe­di­ge in­val in Irak in 2003.

Die Kim-di­nas­tie se ba­sie­se stra­te­gie­se doel­stel­ling deur al die ja­re was sy eie po­li­tie­ke oor­le­wing. Voor die be­raad het uit­ge­lek­te nuus uit die Trump-ad­mi­nis­tra­sie ge­lui dat die president om­vat­ten­de vei­lig­heids­waar­bor­ge aan Kim sou gee.

Niks hier­oor staan in die ge­skre­we oor­een­koms nie en Trump het ook niks daar­oor op sy nuus­kon­fe­ren­sie ge­sê nie. Maar dis on­denk­baar dat Kim si­to-si­to van een van die be­lang­rik­ste wa­pens in sy han­de – sy kern­bom­me – son­der der­ge­li­ke waar­bor­ge af­stand sal doen.

Die uit­ein­de­li­ke uit­slag – en ’n mens kan nie op­hou om dit te be­klem­toon nie – al­les wat hier ge­skryf word, is heel voor­lo­pig. Dit klink dus ver­dag baie na ’n kom­pro­mie, na die soort wen­wen-si­tu­a­sie wat Trump so haat.

As dit kor­rek is, is dit tot Trump se k­re­diet.

Maar laat ’n mens eers maar wag en kyk . . .

Fo­to: REUTERS

Pres. Kim Jong-oen van Noord-Ko­rea sal waar­bor­ge wil hê voor­dat hy sy kern­wa­pens ver­nie­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.