Nu­we dek­sel vir ‘El­ke ske­we pot’

Die Burger - - 16 - AJ­ Op­per­man

Nou is dit Hélè­ne Tru­ter wat har­te (pro­beer) by­me­kaar­bring in die twee­de sei­soen van die kykNET-ko­me­die­reeks El­ke ske­we pot.

Sy het die hoof­rol van San­dra, die skep­per van ’n af­spraak­web­werf, by Fran­ci S­wa­ne­poel oor­ge­neem vir die nu­we reeks, wat op 9 Ju­lie be­gin.

Daar­be­ne­wens het Tru­ter se­ke­re teks­te ge­skryf van dié pro­duk­sie – deur Rous Hou­se – se twee­de sei­soen nog voor­dat sy ge­weet het sy gaan in die reeks speel.

“Som­mer die eer­ste to­neel waar­in ek ver­skyn, nog­al ’n on­ge­mak­li­ke ont­moe­ting tus­sen San­dra en ’n man, het ek ge­skryf. So ja, dít moes ek toe uit­speel . . . ” sê Tru­ter.

“Ek het na die eer­ste sei­soen ge­kyk en be­sluit om dit net tot op ’n punt te volg om ’n i­dee te kry. Ek moes die rol op my ma­nier be­na­der. Dit is nog­al in­ti­mi­de­rend om ’n rol oor te neem. Fran­ci het die ka­rak­ter teen 300 km/h ver­tolk. Ek moes ook my ha­re don­ker kleur om net so ’n bie­tjie meer na die ka­rak­ter in die eer­ste sei­soen te lyk.”

Tru­ter, wat ook al ko­me­die ge­skryf het (Ga­bri­ël) en daar­in ge­speel het (Vet­koek­pa­leis), re­ken A­fri­kaan­se ko­me­die is die moei­lik­ste ding om te doen.

“Men­se ver­skil so oor wat s­naaks is. Ek is eint­lik bang vir ko­me­die. Ek is ver­sig­tig om vir ie­mand te sê ons is s­naaks. Dit is ’n moei­li­ke resep.”

Tru­ter het ook nog nooit vir dra­ma te­rug­ge­deins nie en die

‘‘

Ek­ is­ eint­lik­ bang­ vir­ko­me­die.­ Ek­ is­ver­sig­tig­ om­ vi­rie­mand­ te­ sê­ ons­ is­snaaks.

laas­te e­pi­so­de van haar dra­ma­reeks Swart­wa­ter is ver­le­de week op SABC2 uit­ge­saai.

San­dra is in die twee­de sei­soen van El­ke ske­we pot min­der by die an­der vroue in die reeks be­trok­ke. Dit is wel ge­wis dat men­se lief­de soek, maar na­tuur­lik blyk nie al­les pluis te wees met van die ka­rak­ters wat by hul­le kom aan­klop nie.

Hoe­wel Tru­ter ’n reeds be­staan­de ka­rak­ter ver­tolk, is daar t­wee nu­we hoof­ka­rak­ters in die twee­de sei­soen wat deur Ke­vin S­mith en Neels Cla­sen ver­tolk word. Dit is juis S­mith se ka­rak­ter, Re­nier, wat San­dra dwing om te er­ken dat sy eint­lik ook na lief­de soek. Cla­sen ver­tolk An­ton, die nu­we kroeg­man/kel­ner.

Ca­ri­ne Rous, Ma­ri­sa Drum­mond, Ca­rien Bo­tha en Han­nes Br­üm­mer is ook weer in die reeks te sien. An­der ak­teurs wat gas­ver­sky­nings in dié sei­soen maak, sluit in To­bie Cron­jé, Le­lia Et­se­beth, Ja­na Coet­zer en An­ne­li­sa Wei­land. Pier­re van P­let­zen maak weer ’n ver­sky­ning as Koos.

El­ke ske­we pot

■ word­ van­ 9­ Ju­lie(Maan­dae)­ 20:30­ op­ kykNET(DStv-ka­naal­ 144)­ uit­ge­saai.

Hélè­ne­ Tru­ter­ in­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.