Van­ Nie­kerk,Pauw­ enVen­ter­ wen

Hof­meyr-prys vir 5de keer E­ben s’n

Die Burger - - 16 - Kuns­re­dak­sie

“Suid-A­fri­ka­ners woon van­dag in ’n be­ter land as slegs agt maan­de ge­le­de, deels dank­sy (Ja­c­ques) Pauw,”

So skryf die be­oor­de­laars oor Pauw se boek The President’s Kee­pers, wat gis­ter­aand met die Recht Ma­lan-prys vir nie­fik­sie ver­eer is.

Pauw is on­der die wen­ners van die Me­dia24 Boe­ke-pry­se wat gis­ter­aand in Kaap­stad oor­han­dig is. Sy boek het by Ta­fel­berg ver­skyn.

Dié pry­se word jaar­liks toe­ge­ken vir boe­ke wat die voor­af­gaan­de jaar deur die Me­dia24 Boe­ke-af­de­ling en Jo­na­than Ball Pu­blis­hers, ook deel van Me­dia24, uit­ge­gee is.

E­ben Ven­ter wen die W.A. Hof­meyr-prys vir A­fri­kaan­se fik­sie vir die vyf­de keer met Groen soos die he­mel daar­bo, waar­in die skry­wer mo­der­ne sek­su­a­li­teit, in­ti­mi­teit en i­den­ti­teit ver­ken. In hul kom­men­taar ver­wys die keur­ders na die aard van Ven­ter se pro­sa: “. . . al­tyd so­wel tref­se­ker as soe­kend; sy sin­ne im­mer smag­tend, by­na ner­veus tas­tend. Wat die le­ser ten slot­te by­bly, is nie so­seer die vol­trek­king van die hoof­ka­rak­ter se soe­ke na sek­su­e­le i­den­ti­teit nie, maar wat die pro­sa ver­mag.” Ven­ter is voor­heen met die W.A. Hof­meyr-prys be­kroon vir Fox­trot van die vleis­e­ters (1994), Ek sta­mel ek ster­we (1997), Be­geer­te (2004) en San­ta Gam­ka (2010).

Die an­der boe­ke op die kort­lys vir hier­die prys was Die wê­reld van C­har­lie Oeng deur E­tien­ne van Heer­den en As in die mond deur Ni­co­le Ja­e­kel S­trauss. Ven­ter se ro­man is deur Ta­fel­berg uit­ge­gee.

Mar­le­ne van Nie­kerk is vir die twee­de keer be­kroon met die E­li­sa­beth Ey­bers-prys vir A­fri­kaan­se en En­gel­se dig­bun­dels, dié keer vir In die stil­le ag­ter­ka­mer: Ge­dig­te by die skil­de­rye van Jan Man­kes 1889–1920, wat deur Hu­man & Rous­seau uit­ge­gee is. Sy het die prys ook in 2014 vir Kaar ont­vang. In die stil­le ag­ter­ka­mer is deur die keur­ders as “’n boei­en­de dog me­di­ta­tie­we lees­er­va­ring” be­skryf en dat die “vi­su­a­li­teit van hier­die bun­del ’n nu­we toe­gangs­punt tot Van Nie­kerk se werk” bied.

Dank­sy die bui­ten­ge­wo­ne sterk veld dig­bun­dels wat vir die E­li­sa­beth Ey­bers-prys in­ge­skryf is, was daar van­jaar vier bun­dels op die kort­lys. Die an­der was Nou, hier deur Cor­né Coet­zee, Rad­braak deur Jo­lyn P­hil­lips en Al­les het niet kom wôd deur Nat­han Trantraal.

Vol­gens die keur­ders sal Pauw se boek saam met #Gup­taLe­aks ont­hou word vir die ver­an­de­ring wat dit in die Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing en die ANC mee­ge­bring het. Die keur­ders sê dat die krag van The President’s Kee­pers deels lê in die plof­ba­re ont­hul­lings wat dit maak, maar ver­al in die feit dat die p­ri­va­te en o­pen­ba­re be­lan­ge wat Ja­cob Zu­ma staan­de ge­hou het, vir die eer­ste keer in ’n breed­ge­ba­seer­de nar­ra­tief met me­kaar in ver­band ge­bring is.

Ook op die nie­fik­sie-kort­lys was How to S­te­al a Ci­ty deur C­ris­pi­an Ol­ver en Khwe­zi: The S­to­ry of Fe­ze­ki­le Ku­z­wa­yo deur Re­di Tl­ha­bi.

Die Her­man C­har­les Bos­man­prys vir En­gel­se fik­sie is van­jaar toe­ge­ken aan Ken Bar­ris vir sy kort­ver­haal­bun­del The Li­fe of Worm and Ot­her Mis­con­cep­ti­ons wat deur K­we­la uit­ge­gee is.

Ca­rin Kra­htz wen die M.E.R.-prys vir jeug­ro­mans met Blou is nie ’n kleur nie (Ta­fel­berg) en die M.E.R.-prys vir ge­ïl­lus­treer­de kin­der­boe­ke is toe­ge­ken vir The All A­fri­ca Wild­li­fe Ex­press, ge­skryf deur Ro­sa­mund Ha­den en ge­ïl­lus­treer deur To­ny Pin­chuck.

Van­jaar is pry­se met ’n ge­sa­ment­li­ke waar­de van meer as R200 000 toe­ge­ken in ses ka­te­go­rieë.

Fo­to: S­TE­PHEN FOU­RIE

E­ben­ Ven­ter­ wen­ die­ W.A.Hof­meyr-prys­ vir­ A­fri­kaan­se­ fik­sie­vir­ die­ vyf­de­ keer­ met­ Groen soos die he­mel daar­bo.

­

Fo­to: JACO MARAIS

Ja­c­ques­ Pauw­ wen­ die­ RechtMa­lan-prys­ vir­ nie­fik­sie­ met­ The President’s Kee­pers. ­

Die­ wen­ner­ van­ die­ M.E.R.-prys­ vi­r­jeug­ro­mans­ in­ A­fri­kaans­ en­ En­gel­sis­ Ca­rin­ Kra­htz­ met­ Blou is nie ’n kleur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.