‘Mu­siek maak die hart sag’

Kom­po­nis hul­dig ko­nin­gin Ma­ke­da

Die Burger - - 17 - Herschel­le Ben­ja­min Die Suid-A­fri­kaan­se kom­po­nis Neo Muy­an­ga.

Al het hy op drie vas­te­lan­de ge­woon en ge­werk, is dit vir hom die groot­ste voor­reg om sy mu­siek huis toe te bring.

So sê die ge­vier­de Suid-A­fri­kaan­se kom­po­nis Neo Muy­an­ga, wat van­jaar by die 15de S­tel­len­bosch In­ter­na­si­o­na­le Kamermusiekfees (6 tot 15 Ju­lie) ver­eer word.

Muy­an­ga het ’n nu­we kom­po­si­sie, “Ma­ke­da”, spe­si­aal vir die fees ge­skryf. Dié boor­ling van So­we­to se mu­siek dra in­vloe­de van al dié plek­ke waar hy al was. Hy glo die i­dee dat daar ka­te­go­rieë in mu­siek is vir “Eu­ro­pe­se” of “mu­siek uit A­fri­ka” is ’n mi­te en sy mu­siek daag dié wan­per­sep­sie vrees­loos dog ook speels uit.

“Ma­ke­da” is ge­ïn­spi­reer deur Suid-A­fri­ka se ryk tra­di­sie van die pro­tes­lied en Muy­an­ga meen wê­reld­wyd is dit nou ’n be­lang­ri­ke tyd om die rol van pro­tes in die sa­me­le­wing te tak­seer.

“Ek be­sin daar­in oor ’n ge­meen­skap se ver­moë om em­pa­tie te gee en te bied. Suid-A­fri­ka­ners is wê­reld­wyd be­kend as die ‘pro­tes­lied-na­sie’, met ‘Ma­ke­da’ be­lig ek daar­die sta­tus. Ek wil ook hê luis­te­raars moet oor dié sta­tus na­dink.”

Die wê­reld het ver­an­der, men­se het af­ge­stomp ge­raak en is on­ge­dul­dig met pro­tes­ak­sies as ’n in­stru­ment om ver­an­de­ring te bring, meen hy. “Ons kan nie ver­an­de­ring stop nie, maar ons kan saam met dit werk vir die gro­ter ge­heel.”

Ma­ke­da was die E­thi­o­pie­se ko­nin­gin (al­ge­meen as S­ke­ba be­kend) soos ver­vat in die an­tie­ke 14de eeu­se teks Ke­bra Na­gast. Hier­die teks be­rig on­der meer oor die aan­koms van die Ge­bonds­ark in E­thi­o­pië wat die t­wee klip­ta­fels met die Tien Ge­booie be­vat.

Muy­an­ga smee die vor­se Ma­ke­da se ka­rak­ter­ei­en­skap­pe en a­von­tu­re saam met ’n “ko­nin­gin” na­der aan sy ou­der­dom – die san­ge­res en men­se­reg­te-ak­ti­vis,Mi­ri­am Ma­ke­ba (1932-2008), ook be­kend as Ma­ma A­fri­ca, met wie hy ’n be­son­der­se ver­hou­ding ge­had het. Hy ver­wys na haar as “u-Ma­ma”. Sy is vir hom ’n voor­beeld van em­pa­tie, harts­tog en fyn vaar­dig­he­de as kuns­te­naar. “Sy het die wê­reld ver­an­der met haar mu­siek. So min Suid-A­fri­ka­ners be­sef dit. Is dit nie ’n tra­ge­die nie?”

Ma­ke­ba was wê­reld­wyd be­kend om lie­de­re soos by­voor­beeld “So­we­to Blu­es” wat han­del oor die So­we­to-op­stand in 1976 ra­ken­de on­der­rig in A­fri­kaans.

Muy­an­ga, ook werk­saam as ’n mu­siek­na­vor­ser met die pro­tes­lied as spe­si­a­lis­veld, meen “Ma­ke­da” snoer al sy werk en vak­man­skap tot dus­ver saam.

“Dit baat uit my o­pe­ra- en te­a­ter­werk as­ook uit my eks­pe­ri­men­te­le werk. Dit is ont­wik­kel dank­sy my me­de­wer­kers as­ook my ver­knogt­heid aan boe­ke en ar­gie­we.”

Mu­siek kan op­voed en men­se se ver­lo­re waar­dig­heid her­stel, meen Muy­an­ga. “Ek sien my­self as (’n jon­ger) deel van ’n ou tra­di­sie wat mu­siek vir ge­ne­sing ge- bruik. Mu­siek ver­sag die hart en die hart is vir die ver­beel­ding net so es­sen­si­eel soos vir die hart om te klop.”

Die S­tel­len­bosch In­ter­na­si­o­na­le Kamermusiekfees duur van 6 tot 15 Ju­lie in die End­ler­saal, S­tel­len­bosch. Dit sluit mu­siek­on­der­rig­ses­sies, stu­den­te­kon­ser­te, mees­ter­klas­se en kon­ser­te in. “Ma­ke­da” word op 9 Ju­lie om 20:00 in die End­ler­saal uit­ge­voer.

Zitts

S­tof­fel

Fo­to: NASIEF MA­NIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.