‘Piz­za-skil­de­ry’ toe ’n Si­o­pis en baie werd

Die Burger - - 17 - La­e­ti­tia Pop­le

In Knys­na word daar tans be­hoor­lik ge­skar­rel soos men­se hul kel­ders, sol­der­ka­mers en trom­mels om­keer op soek na kuns­wer­ke.

Al die be­dry­wig­heid is vir die af­sla­er S­trauss & Co se waar­da­sie­dag in die Ce­arn-saal, Lei­su­re I­sle Lod­ge, in Knys­na op 26 Ju­nie.

Dit is niks nuuts nie, maar ver­le­de jaar eg­ter is ’n his­to­rie­se werk hier op­ge­spoor van die SuidA­fri­kaan­se kuns­te­naar Pen­ny Si­o­pis. Dit het la­ter ’n reu­se­be­drag op ’n vei­ling van die af­sla­er be­haal.

’n In­wo­ner, Jo­hann Vos­loo, ver­tel die waar­da­sie­dag vir skil­de­rye in pri­vaat be­sit word deur die vrien­de van die plaas­li­ke bi­bli­o­te­ke aan­ge­bied en dit is ge­woon­lik ’n aan­ge­na­me kui­er­dag

“Die dag word deur ’n ge­sel­li­ge soort van An­ti­ques Ro­ads­how­stem­ming ge­ken­merk. Ver­le­de jaar het daar skie­lik ’n ge­skar­rel om die waar­da­sie­ta­fel los­ge­breek ná ’n on­der­soek van ’n on­ge­wo­ne skil­de­ry.”

Om­stan­ders het half si­nies die kop ge­skud toe die waar­deer­ders die be­trok­ke skil­de­ry van Si­o­pis uit haar be­ken­de Ca­ke Se­ries teen tus­sen R600 000 en R800 000 ge­waar­deer het.

Si­o­pis het die reeks o­lie­verf­skil­de­rye tus­sen 1980 en 1984 ge­skep. Dit is groot en im­po­san­te wer­ke en dien as her­in­ne­rin­ge van haar kin­der­tyd toe sy haar ma dop­ge­hou het ter­wyl sy die koe­ke in hul fa­mi­lie se bak­ke­ry in Vry­burg in Noord­wes ver­sier het. In die skep van die wer­ke het sy nie die ge­bruik­li­ke kwas ge­bruik nie, maar ge­reed­skap wat koek­ver­sier­ders ge­bruik soos spuit­stuk­ke, en dik lae verf aan­ge­wend, ’n teg­niek be­kend as im­pas­to, so­dat die op­per­vlak ná ’n ruk kreu­kel en kraak.

Met die re­ël van hier­die jaar se be­soek van die af­sla­ers, vra een van die “vrien­de” toe ewe ter­loops “Wat het toe met die piz­zaskil­de­ry ge­beur?”.

By na­vraag het die af­sla­er S­trauss & Co be­ves­tig dat die Si­o­pis-skil­de­ry vroe­ër van­jaar op ’n o­pen­ba­re vei­ling vir R852 000 ver­koop is.

Van­daar die lig­te be­roe­ring in die kus­dorp aan die Tuin­roe­te be­kend om sy tal­le ga­le­rye, kuns­te­naars en kuns­lief­heb­bers.

Die oor­spronk­li­ke eie­naar van die ski­le­ry het haar naam weer­hou.

B­reinknoop

Fo­to: JO­HANN VOS­LOO

Mar­ga­ret Par­kes, his­to­ri­kus van die Knys­na-om­ge­wing, en t­wee ver­teen­woor­di­gers van S­trauss & Co, Ian Hun­ter en Kir­sty Col­led­ge, ver­le­de jaar by die kuns­werk van Pen­ny Si­o­pis wat teen ver oor R800 000 ge­waar­deer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.