Baie dan­kie vir al­les wat Pa nié ge­doen het nie

Die Burger - - 18 - Van­ Al­le­ Kan­te Cor­ne­lia de Kock

Toe ek ’n kind was, het Moe­ders­dag nie be­staan nie – om van Va­ders­dag nie eens te praat nie. My pa sou in plein A­fri­kaans ge­sê het: “Dis ’n A­me­ri­kaan­se ge­neuk.” Die vie­ring van hier­die dae is tot van­dag toe ’n ta­boe in die le­wens van sy na­ge­slag.

Maar as my pa, wat in 1911 ge­bo­re is, hier­die Va­ders­dag nog by ons kon wees, sou ek tog vir hom ’n Va­ders­dag­brief skryf.

In plaas daar­van om hom met die ge­wo­ne cli­chés te ver­eer, sal ek dan­kie sê vir al­les wat hy nié vir my ge­doen het nie.

Om jou he­le la­er­skool­loop­baan die skool­hoof se dog­ter te wees, was maar ’n op­draan­de stryd.

Ek is ge­kies as hulp­doel vir die o.9-net­bal­span. In die voor­af­gaan­de we­ke het ek in daar­die po­si­sie ge­oe­fen, maar toe die na­me van die toer­span op die ken­nis­ge­wing­bord ver­skyn, het ek ge­skit­ter in my af­we­sig­heid.

Ná skool het ek hui­lend saam met Pa huis toe ge­stap. Net daar­die og­gend het hy die be­trok­ke on­der­wy­se­res, ons af­rig­ter, be­tig en ge­volg­lik wou sy die skool­hoof se kind by­kom.

Ek het hom ge­smeek om die saak reg te stel, maar hy wou haar nie haar sin ge­gee nie. Die in­ter­sko­le het toe son­der my voort­ge­gaan.

“Dan­kie, Pa, daar­die dag het ek ge­leer dat die le­we on­reg­ver­dig is en is ek voor­be­rei op die on­ver­dien­de klap­pe wat la­ter na my kant toe sou kom.”

Pa het die la­er­skool­leer­plan­ne van bui­te ge­ken. Ek sou dan met ’n hand­boek na hom toe gaan so­dat hy my kon toets. Reeds ná die eer­ste vraag het hy die boek toe­ge­klap en op­ge­merk dat hy nie die werk vir my gaan leer nie.

“Dan­kie, Pa, want so het ek ge­leer wat ‘swot’ reg­tig be­te­ken.”

Toe­gangs­geld na die o­pen­ba­re swem­bad was ’n tie­kie (t­wee-en-’n-half sent). Gaan­de­weg het Pa se kerk­geld uit sy ma­nel­pak se sak ver­dwyn. Ek moes el­ke pen­nie te­rug­be­taal.

“Dan­kie dat Pa my nie ’n dief ge­noem het nie, maar my ge­leer het dat ’n mens nie swem of koop met geld wat jy nie het nie.”

Dik­wels het ek my wan­de­len­de Woor­de­lys-en­spel­re­ëls-pa oor die spel­ling van ’n spe­si­fie­ke woord ge­raad­pleeg.

Hy het klok­slag na die boek­rak be­duie en my be­veel om self die woord na te slaan.

“Dan­kie, Pa, ek weet steeds ‘on­mid­del­lik’ het t­wee d’s en t­wee l’e.”

Op 11 het ek aan­ge­kon­dig dat ek een­dag ’n dok­ter gaan word. Sy re­ak­sie? “Jy moet nou eers st. 3 deur­kom.”

“Dan­kie dat Pa nie on­re­a­lis­tie­se ver­wag­tin­ge by my ge­skep het nie.”

Die on­der­werp van my laas­te skool­op­stel in ma­triek was “Daar­die na­re skoe­ne wat so kraak”. Die blad­sy voor my het leeg ge­bly.

Pa, skry­wer van tal­le skool­lie­de­re en la­te­re kin­der­rym­pie­dig­ter, is ge­vra om net die één keer ’n op­stel vir my te skryf. Hy het ge­wei­er.

“Dan­kie, Pa, want as Pa dit wel ge­doen het, sou ek nie 50 jaar la­ter hier­die ru­briek kon skryf nie.”

‘‘

Die­ vie­ring­ vanMoe­ders-­ enVa­ders­dag­ is­ tot­van­dag­ toe­ ’nta­boe­ in­ die­le­wens­ van­ my­pa­ se­ na­ge­slag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.