Dié­ on­der­wy­sers­in­ voor­ste­ li­nie

Die Burger - - 18 - Vry­dag­ Ak­tu­eel Lin­die Koorts

■­

Ek was 14 jaar oud toe ek be­sluit het ek wil ’n his­to­ri­kus word. Ek was baie lief vir sto­ries, en my lus vir lees was on­ver­sa­dig­baar.

His­to­rie­se ro­mans het my ver­al aan­ge­gryp – dit het die ge­skie­de­nis vir my laat lééf. By die skool kon ek nie wag vir ge­skie­de­nis­pe­ri­o­des nie, want dan was dit sto­rie­tyd. Dit is wat ge­skie­de­nis vir my was: ’n ver­haal, maar een wat hom werk­lik af­ge­speel het. Ek kon nie dink aan ’n lek­ker­der be­roep as dié van his­to­ri­kus nie, want dan sou ek heel­dag met sto­ries kon werk.

My ou­ers het my on­der­steun, maar an­der groot­men­se het hul kop ge­skud. Vir hul­le was ge­skie­de­nis nie ’n be­roep nie. “Wat gaan jy daar­mee maak?” is ek tel­kens ge­vra.

Daar­die in­ge­steld­heid, oor die nuts­waar­de van ’n be­paal­de vak, het ek al ve­le ke­re deur die ja­re te­ë­ge­kom, en dit kom dik­wels na vo­re wan­neer ho­ër­skool­leer­lin­ge oor hul vak­keu­se ge­ad­vi­seer word. Die klem val ge­woon­lik op die na­tuur­we­ten­skap­pe en han­dels­vak­ke om­dat daar ’n per­sep­sie is dat dit meer ge­leent­he­de vir ’n ver­skei­den­heid van be­roeps­rig­tings bied. Die gees­tes- we­ten­skap­pe en kuns­te suig meer­ma­le aan die ag­ter­speen.

Deur laas­ge­noem­de t­wee een­kant toe te skuif word ’n breë spek­trum be­roe­pe waar­in ge­skie­de­nis van groot waar­de is, ge­ne­geer – dink maar aan nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies, die uit­ge­wers­we­se, die joer­na­lis­tiek of toe­ris­me.

S­tads­be­plan­ners moet tog kan ver­staan hoe a­part­heids­wet­te die uit­leg van ons ste­de ge­vorm het, en in­ge­ni­eurs moet ’n be­grip hê vir die nood­saak­lik­heid van ont­wik­ke­ling te­sa­me met er­fe­nis en be­wa­ring.

Maar dit ein­dig nie daar nie. Ge­skie­de­nis kweek lang­ter­myn-denk­pa­tro­ne en a­na­li­tie­se vaar­dig­he­de, so­wel as em­pa­tie teen­oor jou me­de­mens. E­ni­ge be­roep waar daar met of saam met men­se ge­werk word, is ’n be­roep wat baat vind by ’n be­sef van jou me­de-land­ge­no­te se his­to­rie­se ag­ter­grond – ver­al in ’n di­ver­se land soos Suid-A­fri­ka.

Daar is eg­ter ’n groot “mits” hier ter spra­ke: Leer­lin­ge kan al hier­die voor­de­le uit ge­skie­de­nis put, mits dit goed on­der­rig word. Dit is ’n kom­mer wat on­langs weer ge­op­per is met die mi­nis­te­ri­ë­le taak­span vir ge­skie­de­nis se aan­be­ve­ling dat ge­skie­de­nis ’n ver­plig­te vak vir gr. 10-12 ge­maak word.

Wat ek on­rus­ba­rend vind, is die be­vin­dings van ’n B­rit­se na­vor­ser, Na­ta­sha Ro­bin­son. In ’n stuk wat sy op The Con­ver­sa­ti­on ge­skryf het, be­skryf sy

■­

Die Bur­ger hoe sy gr. 9-ge­skie­de­nis­klas­se by vier uit­een­lo­pen­de s­ko­le in die Wes-Kaap by­ge­woon en daar­na met die leer­lin­ge en on­der­wy­sers on­der­hou­de ge­voer het.

By elk van die s­ko­le het sy ge­vind dat die leer­lin­ge ’n goeie ken­nis van his­to­rie­se ge­beu­re het, maar hul­le nie nood­wen­dig daar­in kon slaag om ’n ver­band te trek tus­sen die ver­le­de en die he­de nie. Hul­le kon by­voor­beeld nie die s­ka­kel sien tus­sen ar­moe­de en on­ge­lyk­heid in die he­den­daag­se Suid-A­fri­ka en die a­part­heids­be­leid wat dit ge­vorm het nie.

Hul hand­boek ein­dig in 1994 en dit is waar die re­le­van­sie van die ge­beu­re wat hul­le be­stu­deer ook vir hul­le ein­dig.

Ons hui­di­ge sa­me­le­wings­or­de het eg­ter ’n be­paal­de oor­sprong, en dit is be­lang­rik om dié oor­sprong te ver­staan ten ein­de sin te maak van die wê­reld om ons. ’n Blo­te ken­nis van fei­te maak nie só ’n be­grip van­self­spre­kend nie.

Leer­lin­ge kort die be­ge­lei­ding van ’n kun­di­ge wat hul­le wys hoe om fei­te te ver­tolk en ska­kels te sien. Daar­om het ons ge­skie­de­nis­on­der­wy­sers no­dig wat ver­by die hand­boek kan kyk om die ver­ban­de tus­sen gis­ter en van­dag te lê.

In ’n on­stui­mi­ge en kom­plek­se land is dit nie ’n mak­li­ke taak nie. In ons soe­ke na be­grip en sa­me­ho­rig­heid word ge­skie­de­nis­on­der­wy­sers in die voor­ste li­nie ge­plaas.

F­red­ Mou­ton­ is­ Dins­dag­ weer­ op­ sy­ pos.­ Dié­ spot­prent­ van­ hom­ het­ op­ 15­ No­vem­ber­ 2008­ in­ver­skyn.­ ­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.