Jy ont­moet só ’n mens net 1 keer

Die Burger - - 18 - Qu­ar­ta­ du­ Toit,­ Perth

Soms is ’n mens be­voor­reg om ’n be­lang­ri­ke per­soon se por­tret in die koe­rant te sien en soms selfs om hom of haar te ont­moet.

Dis eg­ter ’n ge­skenk om saam met so ’n per­soon te kon werk en deel van sy span te wees.

Dit was my voor­reg om saam met prof. Kay de Vil­liers te kon werk. Hy was se­ker­lik een van die in­tel­li­gent­ste en mees be­le­se men­se wat ek ge­ken het.

Tog het hy die groot­ste deer­nis en re­spek vir el­ke pa­si­ënt ge­had.

Saal­ron­des was lank om­dat hy by el­ke pa­si­ënt iets vir ons wou leer en sy ken­nis was breed en op die hoog­te. Hy het ook met aan­dag ge­luis­ter as e­ni­ge van ons ’n by­drae wou le­wer. Oor saal­hi­gi­ë­ne was hy on­ver­bid­de­lik en ek ont­hou, toe ons ty­dens die bou van die nu­we Groo­te S­chuur-hos­pi­taal ’n vlie­ë­plaag ge­had het, hoe die saal­sus­ter met ’n kan­ne­tjie in­sek­do­der se­ker ge­maak het dat daar nie ’n vlieg was nie. An­ders het ons met sy an­der kant te doen ge­kry.

Dit was ’n voor­reg om in die te­a­ter te sien hoe sy han­de, soos flad­de­ren­de wit dui­we, se­kuur die fyn­ste o­pe­ra­sie op ’n brein uit­voer.

Die net­heid van sy span was on­on­der­han­del­baar, en dik­wels is ’n me­die­se stu­dent wat nie die reg­te skoe­ne of ’n skoon witjas aan­ge­had het nie, met ’n vin­ger­wy­sing en ’n “I don’t see you” die deur ge­wys.

Hy was die soort mens wat jy net een keer in jou le­we ont­moet en nooit ver­geet nie. Rus sag, Kay. Jy het ge­sê: “Nie­mand sterf so­lank ie­mand hom ont­hou nie.”

Jy leef in ons har­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.