Kos­te vir Cra­ven­week laat baie vrae

Die Burger - - 18 - Be­kom­mer­de­ ou­er,­ Port­ E­li­za­beth

Ek, as en­kel­ou­er wie se seun vir OP se Cra­ven­week-span ge­kies is, wil graag die vol­gen­de on­der u aan­dag bring.

Die kos­te wat el­ke kind moet be­taal, lyk soos volg:

Vir vol­gen­de na­week se toer­nooi op Oudts­hoorn moet el­ke spe­ler R1 200 be­taal. Dit is blyk­baar ’n toer­nooi tus­sen span­ne van die OP, WP, G­rie­kwas, SWB en moont­lik Bo­land.

Vir die Cra­ven­week in die Paarl, moet el­ke spe­ler R4 500 be­taal. Waar­voor gaan die geld? Sa­ru be­taal tog vir die ver­voer en ver­blyf van die spe­lers, en die OP-rug­by­u­nie be­taal die spe­lers se sweet­pak­ke, truie, broe­kies, gholf­hemp en kou­se. En ons as ou­ers gee ons kin­ders sak­geld.

Kan ie­mand asseblief vir ons ver­dui­de­lik wat hier aan­gaan?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.