‘Ek wil nie te­rug­kyk nie’

Die Burger - - 19 - On­der Vier Oë Wil­le­mien Br­üm­mer

E­bra­him Rasool, die ver­kie­sings­hoof van die ANC in die WesKaap, ge­sels oor sy plan­ne vir dié pro­vin­sie en daar­die las­ti­ge bruin­koe­vert-skan­daal.

‘Been the­re, do­ne that,” ant­woord E­bra­him Rasool blits­vin­nig op die vraag of hy weer pre­mier van die Wes-Kaap wil word.

“Ek wil nie wees soos Lot se vrou nie. Sy het te­rug­ge­kyk. Dis nie iets waar­voor ek am­bi­sie het nie. Ek wil nie te­rug­kyk na die Wes-Kaap­se re­ge­ring nie.”

Hier waar hy in sy huur­huis in Cla­re­mont sit met sy toe­ge­knoop­te blou hemp en blink swart skoe­ne, is hy die ANC se Groot Hoop om dié par­ty in die Wes-Kaap uit die “waak­saal” te red. Hy is ’n be­lig­ga­ming van die ANC se glo­rie­ja­re tus­sen 2004 en 2008 voor­dat die DA dié ge­sog­te pro­vin­sie ’n jaar la­ter weg­ge­raap het.

Se­dert­dien was hy on­der meer am­bas­sa­deur in die VSA waar hy nooit, soos Zu­ma se a­ko­lie­te, hoef te ge­vra het: “W­hat, will my hands ne­ver be cle­an?” nie. Of am­per nooit. Die las­ti­ge bruin­koe­vert-skan­daal, toe hy daar­van be­skul­dig is dat hy joer­na­lis­te van die Ca­pe Ar­gus be­taal het om hom blink te poets, wil steeds net nie wyk nie . . .

As die ANC se ver­kie­sings­hoof in die Wes-Kaap hoop hy nou om die Ra­ma­fo­rie oor die voor­ma­li­ge ko­lo­nie te laat re­ën en die DA se ver­knor­sing mak­si­maal uit te buit. Die re­de hoe­kom hy te­rug is in die Kaap, na­dat hy iet­wat on­se­re­mo­ni­eel as pre­mier ge­pos is, is eg­ter ’n lang sto­rie. . .

Die groot o­li­fant in die ver­trek

Hy praat sui­wer A­fri­kaans, ’n ge­oe­fen­de re­de­naar wat e­ni­ge go­ël­bal kan trot­seer. Bui­te word sy tuin ver­swelg deur on­kruid. ’n Ver­weer­de kin­der­swaai en ’n klim­raam dreig om uit­me­kaar te val. Bin­ne is sy meu­bels uit In­dië ryk­lik ver­sier as­of dit in ’n pre­miers­wo­ning hoort.

Op ’n ta­fel­tjie pryk fo­to’s van hom en sy ge­sin saam met oud­pres. Ba­rack O­ba­ma, met wie hy reeds se­dert 2006 ’n noue ver­bin­te­nis het.

“Nee kyk, vir my was daar baie ver­soe­kings om in die VSA te bly. Toe my ter­myn in 2015 as am­bas­sa­deur ver­stryk het, is ek te­rug­ge­nooi na die Ge­or­ge­town-U­ni­ver­si­teit in Washing­ton om ’n gas­lek­tor te word, wat baie baie lek­ker was. Ge­or­ge­town wou hê ek moes ver­der aan­bly en daar was an­der be­trek­kin­ge wat ge­wink het.”

De­s­nie­teen­staan­de het hy ein­de 2016 te­rug­ge­keer om­dat sy pa, Is­mail, se long­kan­ker ’n der­de keer op­ge­vlam het. “Ek was bly dat ek hier kon wees en dat dit toe in my huis was waar hy oor­le­de is. Dit was ’n baie ge­luk­ki­ge tyd en ek was ook nie so be­sig nie, so ek kon hom hos­pi­taal toe neem en in ’n ma­te vir die af­we­sig­heid op­maak.”

Kort voor sy dood het dié voor­ma­li­ge Pep­si- en Co­ca-Co­la-ver­koops­man sy seun aan­ge­moe­dig om die ANC se kon­fe­ren­sie in Nas­rec by te woon.

“Toe my pa hoor ek is ge­nooi, het hy ge­sê ek moet gaan, al ge­beur wat ook al met hom. Daar­om is ek om­trent vyf dae ná sy dood op 15 De­sem­ber na Nas­rec. Hy was baie be­wus van die po­li­tiek en het ge­weet van die ska­de wat Ja­cob Zu­ma die land en die ANC aan­ge­doen het.”

Al was hy ge­du­ren­de Suid-A­fri­ka se tien don­ker­ste ja­re in die VSA, is die A­me­ri­ka­ners geen en­gel­tjies nie, sê Rasool. “Ras­sis­me bly die groot o­li­fant in die ka­mer.”

Hy ver­tel hoe sy vrou, Ro­sie­da, en sy seun, Tan­wir, in Washing­ton gaan stap het toe ’n mo­tor langs hul­le stop. ’n Man het die ven­ster af­ge­draai en ge­skree: “Go back to Iran!”

Hy glim­lag wrang. “My vrou dra ’n hi­jab, ’n doek, en sy het by­voor­beeld in Washing­ton DC uit ’n bi­bli­o­teek ge­kom met haar han­de vol boe­ke en skie­lik was ie­mand be­sig om fo­to’s te neem. Sy het uit die pad pro­beer kom, want sy het ge­dink die per­soon wil fo­to’s van die ge­bou neem, maar die vrou volg haar toe.

My vrou sê toe: ‘Ex­cu­se me, why are you doing t­his?’ Die vrou sê toe: ‘Be­cau­se you are sus­pi­ci­ous.’ Hul­le werk op die leu­se: ‘See so­mething, say so­mething.’ Elk­een dink hy is be­sig om die vol­gen­de ter­reur­aan­val af te weer.”

Die bruin­koe­vert-skan­daal

Ons praat oor hoe­kom hy des­tyds ge­vra is om as pre­mier te be­dank en sy tien jaar uit die ak­tie­we po­li­tiek.

“In ’n ma­te het my uit­tre­de uit die re­ge­ring in die Wes-Kaap meer te doen ge­had met die Zu­ma-men­se se on­te­vre­den­heid dat ek as ’n lei­er in die WesKaap ’n meer­der­heid stem­me vir T­ha­bo M­be­ki Po­lo­kwa­ne toe ge­neem het.

“Trou­ens, Zu­ma het baie min stem­me uit die Wes-Kaap ge­kry en ek was baie o­pen­lik oor waar­om ons nie vir Zu­ma stem nie.”

Hy vou sy han­de teen me­kaar. “Ek dink teen 2009 het die backlash van die feit dat ek ge­vra is om te be­dank en die Wes-Kaap daar­na (on­der Lyn­ne Brown) vir die ANC ver­lo­re ge­gaan het, hul­le tot ’n ma­te ge­dwing om iets vir my te vind om te doen.

“As ge­volg van my ver­bin­te­nis met O­ba­ma was die VSA toe die ge­ko­se p­lek waar­heen ek ver­ban is. Dit het my uit die ve­ny­ni­ge po­li­tiek ge­hou. Ek kon baie mak­lik sê ek het baie min met die Zu­ma-ja­re te doen ge­had.”

Tog is die re­des hoe­kom Rasool uit sy amp ont­slaan is iet­wat meer in­ge­wik­keld. Ek pols hom oor die bruin­koe­vert-skan­daal.

Dit was die dek­man­tel vir sy ont­slag, sê hy. “Dit was din­ge wat al in 2006 deur die ANC en die Ca­pe Ar­gus on­der­soek was en daar was niks wat hul­le kon vind nie. Ek was al­tyd baie con­fi­dent dat niks ge­vind sou word nie, want ek het nog al­tyd vir men­se ge­sê: ‘As jul­le e­nig­iets kan be­wys, gaan na die po­li­sie­kan­toor toe.’ ”

En die be­ë­dig­de ver­kla­ring wat Ash­ley S­mith by die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag in­ge­dien het waar­in hy be­we­rings er­ken dat hy ’n beeld­poet­ser was vir Rasool ter­wyl hy ’n po­li­tie­ke joer­na­lis by die Ca­pe Ar­gus was?

Hy skud sy kop. “Ek het Ash­ley am­per ’n de­ka­de laas ge­sien, maar ek het ’n groot jam­mer­te vir hom en tot ’n ma­te ’n waar­de­ring.”

Hy tel sy woor­de. “Hy het vir my ’n brief ge­stuur waar­in hy sê hoe­kom hy ge­doen het wat hy ge­doen het, maar dit is nie iets wat ek nou be­reid is om o­pen­baar te maak nie, want ek voel steeds jam­mer vir hom.”

‘Is jy mal?’

Sy te­rug­keer tot die po­li­tiek was nie son­der duw­wel­tjies nie. Toe Fi­ki­le M­ba­lu­la, die ANC se ver­kie­sings­hoof, hom vra of hy dié par­ty se veld­tog in die Wes-Kaap sou lei, moes hy eers die “Rasool-vrou­e­li­ga” trot­seer.

Laas­ge­noem­de was sy ma, sy vrou en sy sus­ter, met sy dog­ter op die te­le­foon wat ge­vra het: “Is jy mal?”

“Ek moes vir hul­le ver­dui­de­lik dat ek nie kon nee sê nie. Die po­li­tiek bly in jou bloed en twee­dens, jy meen dat jy die werk kan doen, en der­dens is daar ’n kans dat die ANC uit die ICU kan kom en ten min­ste in die re­ha­bi­li­ta­sie­saal kan gaan.

“Jy kan nie te­vre­de wees met 26% van die stem­me nie, want in die WesKaap het dit die im­pli­ka­sie dat die ANC sy nie­ras­sig­heid ver­loor het.”

Hy aar­sel. “Maar ons is nog nie daar waar ons kan sê dat die ANC gaan wen nie. E­nig­een wat die Wes-Kaap­se po­li­tiek ken, weet jy lieg.”

En ja, na­tuur­lik wil hy die bruin stem te­rug­wen in die pro­vin­sie na­dat die ANC in die Wes-Kaap, ver­swak deur fak­sie­ge­veg­te, gro­ten­deels ’n “swart” or­ga­ni­sa­sie ge­word het.

“Ek dink die ANC moet net wys ons gee om, ons is be­reid om die har­de werk te doen, dat ons daar is om ver­troue te wen en nie nood­wen­dig stem­me nie. Toe ons ge­gaan het na Wood­lands Park met die Si­qa­lo-sto­rie, wou al wat bruin men­se daar was hoor dat ons vir nie­mand die be­hui­sings­ry gaan laat jump nie.

“Hul­le wil net reg­ver­dig­heid hê. Sel­le met die Bo-Kaap. Hul­le wou net hê die president moes sê dis ’n er­fe­nis­ge­bied en nou kan ons werk aan wat dit be­te­ken om ’n er­fe­nis­ge­bied te wees.”

Van­self­spre­kend wil hy ook baie se­ker maak dat die DA nie van sy hui­di­ge pro­ble­me her­stel nie.

“Dit was die mak­lik­ste ding om te sê ons is ’n skoon re­ge­ring ter­wyl jy die Groot Zu­ma het.

“Die DA moet nou leer jy kan nie weg­kom deur drie slag­spreu­ke – N­kand­la, Gup­tas en sta­te cap­tu­re – te skree nie. Jy moet nou op jou eie me­rie­te staan en reeds vyf maan­de in die Ra­map­ho­sa-era in is die DA ont­bloot vir wat hul­le eint­lik is.”

’n ‘Kan­ker in die DA’

En wat van die ANC in die Wes-Kaap se eie ge­mors?

“Ek dink ons is taam­lik op dreef om die her­nu­wing en die skoon­maak van die ANC in die Wes-Kaap aan die gang te kry. Ek dink ons sit die (Marius) Frans­man-ja­re (voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die ANC in die Wes-Kaap wat van sek­su­e­le teis­te­ring aan­ge­kla is) ag­ter ons, en ons is be­sig om meer doel­be­wus die stryd vir die voor­sit­ter­skap en die streek­kon­fe­ren­sies te be­stuur.”

En sal die ANC vir Pa­tri­cia de Lil­le, be­le­ër­de bur­ge­mees­ter van Kaap­stad, na­der in die ko­men­de ver­kie­sing­stryd?

Hy lyk of hy dié pe­na­rie van die DA in­tens ge­niet. “Nee, ek dink De Lil­le doen or­raait waar sy is. As sy aan die ein­de van haar tyd kom met die DA, dan is dit ’n an­der sto­rie.

“Maar as ek moet sê as hoof van die ver­kie­sing, ver­kies ek op die oom­blik vir Pa­tri­cia as ’n kan­ker in die DA, eer­der as wat ek haar as ’n ba­te vir die ANC be­skou.”

Ons ge­sels oor sy plan­ne vo­ren­toe. “Daar is niks angs­tig­heid of am­bi­sie wat my dryf in my hui­di­ge po­si­sie nie. “Ek is nou uit my eie pad uit.”

Maar hy sal nie nee sê vir ’n ka­bi­nets­pos nie.

“Ek dink ek het glo­ba­le er­va­ring, maar ek ver­staan uit­ein­de­lik moet die president t­wee din­ge ná die ver­kie­sing doen. Hy moet die ka­bi­net ver­klein en hy moet die bes­te men­se aan­stel. Daar is baie men­se wat glo hul­le be­hoort daar te wees. Ek doen wat ek doen op grond van pu­re ge­na­de.”

My oog val op die in­skrip­sie, in Ara­bies, net bo die bank waar hy sit. Dit be­te­ken: Al­les wat jy het, is net deur die ge­na­de.

Dis tóé dat ek won­der of die po­li­tiek Rasool dié keer ge­na­dig sal wees.

Fo­to: A­DRI­AN DE KOCK

E­bra­him Rasool, voor­ma­li­ge pre­mier van die Wes-Kaap en ge­we­se am­bas­sa­deur in A­me­ri­ka, in sy huur­huis in Cla­re­mont met sy meu­bels uit In­dië. Hy en sy ge­sin het be­sluit om dié huis te huur om­dat daar ’n kot­huis is waar­in sy ou­ers kon bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.