Wie en wat sit werk­lik ag­ter dié be­to­gings?

Die Burger - - 19 - B­re­sler van B­lerk, Bot­ri­vier

Lal­lie de Wet se brief (11.06) ver­wys.

Ek vra die­self­de vrae as Lal­lie. ’n Mens hoor feit­lik daag­liks van be­to­gings wat land­wyd voor­kom. Dit gaan blyk­baar oor mu­ni­si­pa­le diens­le­we­ring, maar is dit werk­lik waar­oor dit gaan? Vir my lyk dit as­of daar meer ag­ter hier­die op­tre­des steek. Dit wil ook voor­kom as­of nie net plaas­li­ke in­wo­ners aan die be­to­gings deel­neem nie, maar vreem­de­lin­ge wat per bus na die be­trok­ke dor­pe aan­ge­ry word.

Ons as vreed­sa­me en wets­ge­hoor­sa­me bur­gers word ver­ont­rief, want paaie word ver­sper. Dit gaan ook ge­woon­lik ge­paard met ska­de aan die pad­op­per­vlak, wat geld kos om te her­stel. Dan word mil­joe­ne ran­de se ska­de aan ge­boue en voer­tuie aan­ge­rig, soos baie on­langs op Bot­ri­vier en dor­pe in die Swart­land.

Dit ver­oor­saak dat mu­ni­si­pa­le kan­to­re nood­ge­dwon­ge moet sluit tot­dat her­stel­werk ge­doen kan word. Dit is ook nie net mu­ni­si­pa­le ge­boue wat in die slag bly nie, maar ook p­ri­va­te ei­en­dom, soos win­kels wat af­ge­brand en ge­plun­der word. Vir my grens dit aan a­nar­gie. Ver­der het dit blyk­baar so al­le­daags ge­word dat dit nie eens meer al­tyd nuus­waar­dig is nie.

Dus: Is po­li­ti­ci (ANC en DA) be­wus van wat in die land ge­beur? Is daar ’n plan om op­los­sings te pro­beer kry? Het po­li­tie­ke par­tye be­heer oor hul on­der­steu­ners? Wat word van die SAPD ver­wag ge­du­ren­de hier­die be­to­gings?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.