All Blacks se moe­tie maak hul­le on­sig­baar

Die Burger - - 19 - Wil­lem Laub­scher, S­tel­len­bosch

Hoe ver­re­gaan­de dit ook al klink, die All Blacks is nie net die bes­te rug­by­span in die wê­reld nie, maar ook die ver­vaar­di­gers van ’n on­feil­ba­re moe­tie. Ver­le­de Sa­ter­dag se wed­stryd teen die Ha­ne het dit on­teen­seg­lik be­wys.

Dié moe­tie maak hul spe­lers on­sig­baar vir skeids­reg­ters wan­neer hul­le ge­reeld oog­lo­pen­de ob­struk­sie teen hul teen­stan­ders, son­der die bal, pleeg. Ek noem net ’n paar hier­van: Hou vas, stamp, staan on­kant in hul pad, en­so­voorts. Die in­ge­wik­kel­de reëls ten op­sig­te van los­skrums maak dit in baie ge­val­le vir skeids­reg­ters on­moont­lik om dit reg toe te pas, maar as grow­we oor­tre­dings nie raak­ge­sien word nie, is daar net een lo­gie­se ver­kla­ring daar­voor: Die oor­tre­ders is on­sig­baar!

Ten­sy dié oor­tre­ders on­sig­baar was, moes die skeids­reg­ter Sa­ter­dag ’n paar keer oor­tre­dings ge­sien het.

Ras­sie, kry vir jou ook van hier­die moe­tie an­ders sal ons nooit die All Blacks kan klop nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.