Pak krag­dief­stal uit ’n an­der hoek, sê Mk­hi­ze

Die Burger - - 20 - Fran­cois Wil­li­ams

Krag­dief­stal – en men­se wat on­wet­tig geld maak uit die ver­koop van ge­steel­de krag – moet an­ders aan­ge­pak word, sê Z­we­li Mk­hi­ze, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke.

Hy het gis­ter aan die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor) ge­sê som­mi­ge mu­ni­si­pa­li­tei­te is al so diep in die skuld om­dat hul­le nie die geld vir krag­ver­ko­pe kan in­sa­mel nie dat hul­le nooit hul skuld aan Eskom sal kan be­taal nie. Die skuld sal her­struk­tu­reer moet word.

Die na­si­o­na­le te­sou­rie se stand­punt tot dus­ver is eg­ter dat die staat nie red­dings­boeie na plaas­li­ke re­ge­rings gaan gooi nie.

S­koor het Woens­dag by die tien mu­ni­si­pa­li­tei­te wat so­wat R10 mil­jard van die to­ta­le mu­ni­si­pa­le skuld van R13 mil­jard aan Eskom ver­skul­dig is, ge­hoor Eskom se hof­sa­ke teen wan­be­ta­len­de mu­ni­si­pa­li­tei­te ver­oor­saak dat groot sa­ke­on­der­ne­mings hul krag­re­ke­nin­ge reg­streeks by Eskom be­taal, want hul­le wil nie hê hul krag moet af­ge­sny word nie.

Dit raak eg­ter mu­ni­si­pa­li­tei­te ne­ga­tief, want hul­le is af­hank­die lik van die wins op krag­ver­ko­pe aan die groot sa­ke­on­der­ne­mings.

S­koor het Woens­dag eers met die tien groot­ste mu­ni­si­pa­le skul­de­naars van Eskom ver­ga­der voor sy ver­ga­de­ring gis­ter met die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le taak­span wat oor die mu­ni­si­pa­le geld­pe­na­rie saam­ge­stel is.

Mk­hi­ze, voor­sit­ter van die taak­span, sê teen De­sem­ber het mu­ni­si­pa­li­tei­te R23 mil­jard aan staat­sen­ti­tei­te ge­skuld. Hier­van word R13 mil­jard aan Eskom ge­skuld en R7,4 mil­jard aan wa­ter­ra­de.

Krag­ver­ko­pe maak tot 60% van mu­ni­si­pa­li­tei­te se in­kom­ste uit, sê hy.

Mk­hi­ze, wat nou vyf maan­de in sy pos is, sê hul­le ver­staan kri­tie­ke uit­wer­king van die mu­ni­si­pa­le skuld op Eskom, want hy moet ge­du­rig ren­te op sy skuld van meer as R350 mil­jard be­taal.

Een van die uit­da­gings is die grond­wet­li­ke man­daat van wie tus­sen Eskom en mu­ni­si­pa­li­tei­te krag mag ver­koop en ver­sprei, sê Mk­hi­ze. Dit skep ver­war­ring en on­reg­ver­di­ge be­de­lings in ge­bie­de waar mu­ni­si­pa­li­tei­te krag ver­koop, maar Eskom s­tuur in die­self­de ge­bie­de ook re­ke­nin­ge uit. Op die ou end sub­si­di­eer een groep krag­ver­brui­kers in die­self­de mu­ni­si­pa­li­teit die krag­ver­bruik van an­der.

Die taak­span het ’n ad­vies­pa­neel aan­ge­stel oor die pro­bleem wat oor ’n paar we­ke ’n ver­slag met aan­be­ve­lings sal in­dien. Die taak­span hoop om teen Sep­tem­ber aan S­koor ver­slag te doen.

Mk­hi­ze het Eskom ge­vra om nie mu­ni­si­pa­li­tei­te se krag af te sny nie en mu­ni­si­pa­li­tei­te is ge­vra om “asseblief te be­taal wat hul­le kán be­taal” so­dat die t­wee par­tye na­der aan me­kaar kan kom.

Mu­ni­si­pa­li­tei­te het Woens­dag ge­kla oor on­wet­ti­ge krag­ver­bin­dings, hoë werk­loos­heid wat mee­bring dat men­se nie hul krag­re­ke­nings kan be­taal nie, ver­ou­de­ren­de in­fra­struk­tuur en skuld­in­vor­de­raars wat te veel geld van mu­ni­si­pa­li­tei­te vra. Hul­le kla die po­li­sie help hul­le nie wan­neer hul­le krag­dief­stal aan­meld nie.

Dit blyk daar is ge­wa­pen­de men­se wat on­wet­ti­ge krag­ver­bin­dings maak wat soos ben­de­le­de op­tree en mu­ni­si­pa­le wer­kers be­dreig.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Mu­ni­si­pa­li­tei­te het Woens­dag in die par­le­ment ge­kla oor on­wet­ti­ge krag­ver­bin­dings soos dié, as­ook oor werk­loos­heid, wat mee­bring men­se nie hul krag­re­ke­nings be­taal nie.

Z­we­li Mk­hi­ze

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.