Rand bok­spring ná eu­ro ver­swak

Die Burger - - 20 - – Vi­da Booy­sen

Die rand het gis­ter­mid­dag aan­vank­lik skerp ver­ste­wig na­dat die Eu­ro­pe­se Sen­tra­le Bank sy ren­te­koer­se on­ver­an­derd ge­hou het.

Die bank het ook, soos ver­wag, aan­ge­kon­dig dat hy sy sti­mu­lus­pro­gram teen die ein­de van die jaar sal be­ëin­dig.

Die rand het aan­vank­lik tot R13,14 teen­oor die dol­lar ver­ste­wig voor­dat dit laat­mid­dag tot R13,33 te­rug­ge­sak het.

Die eu­ro het ná die aan­kon­di­ging met 0,95% teen­oor die dol­lar ver­swak.

Die pro­gram van kwan­ti­ta­tie­we ver­rui­ming wat in die fi­nan­si­ë­le kri­sis van 2009 in­ge­stel is, het be­hels dat die bank maan­de­liks Eu­ro­pe­se staats­ef­fek­te van €30 mil­jard te­rug­koop om die eu­ro­ge­bied se e­ko­no­mie vlam te laat vat. Dit sal nou van Ok­to­ber tot €15 mil­jard ver­min­der word.

Die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad het VSA­ren­te­koer­se vroe­ër die week vir die twee­de keer van­jaar met 25 ba­sis­pun­te ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.