Oud­be­leg­ger in KWV wen pi­o­nier­saak oor waar­da­sie­reg­te

Die Burger - - 20 - Nel­lie Brand-Jon­ker

’n Be­leg­ger in die voor­ma­li­ge KWV het gis­ter ge­skie­de­nis ge­maak deur die eer­ste saak in Suid-A­fri­ka te wen krag­tens be­sker­ming wat die Maat­skap­py­e­wet aan min­der­heids­aan­deel­hou­ers gee.

“Dit is kor­po­ra­tie­we ge­skie­de­nis dié. Dit is ’n be­lang­ri­ke hof­saak,” sê die be­leg­ger, Al­bie Cil­liers. Hy het die hof­saak reeds in 2016 aan­han­gig ge­maak.

Cil­liers is al as ’n soort boe­re­aan­deel­hou­e­r­ak­ti­vis be­skryf. Sy pa was de­ka­des lank ’n lid van en la­ter aan­deel­hou­er in KWV. Cil­liers woon op hul fa­mi­lie­wyn­plaas na­by Ro­bert­son.

Dit was kort ná ’n tran­sak­sie waar­in KWV se be­dryfs­ba­tes, han­dels­na­me en voor­raad ver­koop is, en dit wat oor­ge­bly het, La Con­cor­de ge­doop is.

KWV se min­der­heids­aan­deel­hou­ers het hier­na aan­de­le ge­kry in La Con­cor­de, waar­van die ba­tes be­staan het uit die geld wat hy vir KWV-be­dryfs­ba­tes ge­kry het, ’n paar ge­boue en ’n kuns­ver­sa­me­ling.

Die re­spon­den­te sluit in La Con­cor­de Be­he­rend, sy vol­fi­li­aal KWV South A­fri­ca en nog ’n fi­li­aal, KWV In­tel­lec­tu­al Pro­per­ty.

Cil­liers wou nie ’n min­der­heids­aan­deel­hou­er in La Con-cor­de Be­he­rend wees nie en het ge­vra dat sy aan­de­le uit­ge­koop word. Hy is R13,47 elk aan­ge­bied, wat hy meen te min is.

Hy is dus hof toe krag­tens art. 164 van die Maat­skap­py­wet, wat aan aan­deel­hou­ers so­ge­naam­de waar­da­sie­reg­te gee.

Dit is die eer­ste keer se­dert die wet in 2011 van krag ge­word het dat ’n aan­deel­hou­er die hof na­der om sy waar­da­sie­reg­te daar­vol­gens uit te oe­fen.

Reg­ter Tas­well Pa­pier het gis­ter in Cil­liers se guns be­slis dat die wet in­der­daad min­der­heids­aan­deel­hou­ers in be­heer­maat­skap­pye waar­da­sie­reg­te gee wan­neer ’n fi­li­aal ba­tes ver­koop.

La Con­cor­de het aan­ge­voer ’n min­der­heids­aan­deel­hou­er in ’n be­heer­maat­skap­py het nie waar­da­sie­reg­te wan­neer ’n fi­li­aal al of die mees­te van sy ba­tes ver­koop nie.

Cil­liers sê die re­spon­den­te het die hof­saak t­wee jaar lank uit­ge­rek deur die ver­tol­king van die wet te be­vraag­te­ken.

“Dit was ten spy­te daar­van dat dit baie dui­de­lik in die wet staan dat die aan­deel­hou­ers in die be­heer­maat­skap­py ook reg­te het.”

Pa­pier het op­ge­merk La Con­cor­de het self aan­vank­lik in sy om­send­brief oor die tran­sak­sie en op ’n al­ge­me­ne ver­ga­de­ring aan­deel­hou­ers in­ge­lig dat hul­le waar­da­sie­reg­te het, maar hy het la­ter sy sie­ning ver­an­der.

La Con­cor­de moet vir die kos­te van die hof­saak, in­slui­ten­de t­wee se­ni­or ad­vo­ka­te, be­taal.

Cil­liers sê hy het nie die tran­sak­sie in twy­fel ge­trek nie. “Al wat ek ge­sê het, is dat die Maat­skap­py­e­wet aan my as min­der­heids­aan­deel­hou­er reg­te gee om uit ’n tran­sak­sie te tree en ’n bil­li­ke waar­de vir my aan­de­le be­taal te word.

“Ek wil nie in ’n maat­skap­py bly wat met net ge­boue en skil­de­rye sit nie.”

Die hof moet nou die waar­de van die aan­de­le be­paal.

Cil­liers, sy pa en sus­ter het hul reg­te uit­ge­oe­fen en hy weet van drie an­der aan­deel­hou­ers wat dit ge­doen het.

Hy sê die Maat­skap­py­e­wet ver­leen ek­stra be­sker­ming aan min­der­heids­aan­deel­hou­ers. “Dit is een van die mees pro­gres­sie­we maat­skap­py­wet­te ter wê­reld wat be­tref die be­sker­ming van min­der­heids­aan­deel­hou­ers.”

Cil­liers is deur adv. Roy Gor­don ver­teen­woor­dig wat on­der­steun is deur Bar­ba­ra Vaughn. Sy pro­ku­reur was A­dam Pi­ke van Pi­ke Law. Die re­spon­den­te is deur E­du­ard Fa­gan ver­teen­woor­dig, on­der­steun deur P.J. O­li­vier. Hul pro­ku­reurs is ENS.

La Con­cor­de het nog nie re­a­geer op die vraag of hy gaan ap­pel­leer nie.

Fo­to: NEL­LIE BRAND-JON­KER

Al­bie Cil­liers (regs), die aan­deel­hou­ers­ak­ti­vis van Ro­bert­son, by die KWV-ver­ga­de­ring waar­op aan­deel­hou­ers die tran­sak­sie goed­ge­keur het. Sy pa, A­bra­ham (links), het al in die 1970’s lid van die voor­ma­li­ge wyn­ko­ö­pe­ra­sie KWV ge­word wat la­ter in ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.