Myn­bou pro­du­seer steeds min­der in SA

Die Burger - - 21 - El­vi­ra Wood

Pro­duk­sie in die Suid-A­fri­kaan­se myn­be­dryf neem steeds af.

In A­pril was pro­duk­sie 4,3% la­er as in die oor­een­stem­men­de maand ’n jaar ge­le­de, na­dat dit in Maart met 8,5% op ’n jaar­grond­slag ge­krimp het.

S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) het gis­ter­og­gend die nuut­ste sy­fers vir myn­bou­pro­duk­sie en -ver­ko­pe be­kend ge­maak.

Ook op ’n maand­grond­slag boer pro­duk­sie ag­ter­uit. In A­pril was pro­duk­sie 2% la­er as in Maart.

Op ’n jaar­grond­slag het die pro­duk­sie van die pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM’s) met 6,5% ge­daal.

“An­der” me­ta­le (-36,3%), di­a­man­te (-24,1%) en goud (-5,7%) het ook ag­ter­uit­ge­boer.

Ten op­sig­te van ver­ko­pe lyk sa­ke be­ter: Mi­ne­raal­ver­ko­pe was vol­gens SSA in A­pril 6,1% ho­ër op ’n jaar­grond­slag.

Dit is ook 3% meer as in Maart 2018.

Op ’n jaar­grond­slag staan man­gaan­erts (+116,5%, wat 5,6 per­sen­ta­sie­pun­te tot die al­ge­he­le sty­ging by­ge­dra het), steen­kool (+10,6%; 2,9 per­sen­ta­sie­pun­te) en an­der nie-me­taal­ag­ti­ge mi­ne­ra­le (+78,1%;

2,1 per­sen­ta­sie­pun­te) uit.

Die pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM’s) (-18,6%) het -4,6% tot die al­ge­he­le punt by­ge­dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.