Lib­star pak gro­tes in jo­gurt­mark

Die Burger - - 21 -

Die Suid-A­fri­kaan­se voed­sel­ver­vaar­di­ger Lib­star gaan ’n nu­we jo­gurt-reeks be­kend stel in ’n po­ging om mark­aan­deel van Da­no­ne en Clo­ver te wen.

An­dries van Rens­burg, uit­voe­ren­de hoof van Lib­star, sê die jo­gurt en jo­gurt­s­kom­mels gaan in Ju­lie deur Lib­star se Lan­ce­wood­een­heid be­kend ge­stel word.

Jo­gurt­ver­vaar­di­gers be­mark hul pro­duk­te toe­ne­mend as ’n ge­son­de en voed­sa­me kos­soort of s­kom­mel wat ge­rief­lik as peu­sel­hap­pie ge­nut­tig kan word. Dit sluit aan by die sty­gen­de vraag na ge­riefs­kos.

‘‘

As ver­brui­kers by die huis kos maak, wil hul­le klaar­be­rei­de be­stand­de­le koop.

Lib­star het in Mei op die JSE ge­no­teer en se­dert­dien het sy aan­deel­prys met 20% ge­val – teen­oor die in­deks van al­le aan­de­le se sty­ging van 1% oor die­self­de tyd­perk.

Sy ver­ko­pe het in 2017 met 10% tot R8,8 mil­jard ge­styg.

“Ons be­oog om ons mark­aan­deel we­sen­lik te ver­hoog met ons nu­we reeks jo­gurt,” sê Van Rens­burg.

Lib­star het die af­ge­lo­pe ja­re tal­le ver­kry­gings ge­doen, waar­on­der die ver­kry­ging van Son­nen­dal Dai­ries in 2017.

Hy wil in die mark vir ge­riefs­kos uit­brei en het ver­le­de jaar Mil­len­ni­um Foods ver­kry met die oog hier­op.

“Ver­brui­kers raak al hoe be­si­ger. As hul­le by die huis kos maak, wil hul­le klaar­be­rei­de be­stand­de­le koop. Ge­riefs­kos is dus ’n groot ten­dens,” sê Ro­bin S­mith, han­dels­di­rek­teur.

Ge­riefs­kos het ’n ho­ër wins­mar­ge en dié deel van die mark word deur Wool­wort­hs oor­heers, ter­wyl C­hec­kers ook be­gin het om sy aan­bod van ge­riefs­kos uit te brei.

Lib­star wil ook sy pro­duk­te aan die voed­sel­diens­te­be­dryf uit­brei deur voor­be­rei­de e­tes soos la­sa­gne aan kroeë, ho­tel­le en re­stau­ran­te te ver­skaf.

“Ons be­skou dit as ’n groot groei­ge­bied,” het S­mith by­ge­voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.