Frans wag 9 jaar om Ma­ko weer te pak

Stut sê hy ver­wag taai stryd voor­langs

Die Burger - - 22 - Ti­nus van S­ta­den

Frans Mal­her­be moes ne­ge jaar lank wag vir die twee­de ron­de in die skrum-kryt teen die En­gel­se los­kop­stut Ma­ko Vu­ni­po­la.

“In­te­res­sant ge­noeg het ek in 2009 teen hom ge­skrum. Ek was toe in ma­triek en dit was vir die Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­span teen En­ge­land se o.18-span, som­mer net hier an­der­kant in Kim­ber­ley,” het Mal­her­be gis­ter in Bloem­fon­tein ge­sê na­dat hy by die S­pring­bok-be­gin­span in­ge­sluit is vir mô­re se twee­de toets teen En­ge­land.

En wie het dié twee­stryd ge­wen?

“Dit was ’n taai stryd, ek sou sê dit was 50/50,” sê hy.

T­wee nek­be­se­rings het dié 27ja­ri­ge ge­bo­re Paar­liet in die laas­te t­wee jaar ge­teis­ter. Hy het op 17 Ju­nie ver­le­de jaar in die twee­de toets teen Frank­ryk laas vir die Bok­ke ge­speel.

“Dis ’n reu­se-voor­reg om weer in die S­pring­bok-op­set te wees. Ek het dit baie ge­mis om vir die Bok­ke te speel en weer tyd saam met hier­die ou­ens deur te bring.

“Ek het ver­le­de jaar baie goed her­stel ná my nek­be­se­ring. Van­jaar was al my simp­to­me ná ’n maand ver­by. Ek het drie maan­werk,” de ge­le­de weer be­gin speel en dit is nou my groot­ste toets, ook vir my nek.”

Mal­her­be sê die Bok­ke het goed ge­skrum in die eer­ste toets op El­lis­park, wat Suid-A­fri­ka met 42-39 ge­wen het.

“Wil­co (Louw, wat ver­le­de week die nr. 3-trui ge­dra het) was re­de­lik ste­wig in die skrums, maar ek dink En­ge­land het ons in die be­gin by die in­slaan ge­klop.

“Ek het baie ag­ting vir hul pak en vir Ma­ko. Hy is ’n goeie skrum­wer­ker met baie er­va­ring. As ’n stut glo ek die twee­de toets gaan weer baie fi­siek wees. Die skrums moet sterk staan. Die o­nus rus op my, dis my eer­ste sê Mal­her­be.

Met die me­de­din­gers om die nr. 3-trui wat skie­lik meer is as dié tyd ver­le­de jaar, kan Mal­her­be al­ler­mins be­kos­tig om op sy lou­e­re te rus.

“Dis baie be­lang­rik dat ek my kans waar­neem. Al­mal kon sien wat die im­pak was wat T­ho­mas du Toit ver­le­de week ge­maak het.

“Dan het jy nog ’n ou soos Coe­nie Oost­hui­zen, wat straks gou weer Su­per­rug­by sal speel ná sy be­se­ring.

“Wil­co het in ’n paar toet­se be­gin ver­le­de jaar, so daar is baie me­de­din­ging. Dit is ge­son­de me­de­din­ging.”

Met ver­al Oost­hui­zen en Du Toit wat groot werk in al­ge­me­ne spel ver­rig, be­sef Mal­her­be sy by­drae kan nie net tot die vas­te skrums be­perk wees nie.

“Jy moet be­slis di­na­mies wees. Daar is nie meer e­ni­ge p­lek om weg te kruip nie. Jy moet fik­ser wees, jy moet rat­ser wees en kan by­hou by die tem­po van die wed­stryd.

“Die span­ne wat goed vaar, is die span­ne wie se vas­te vyf ook by­dra­es in die vas­te­los le­wer. My hoof­werk is steeds die skrums, lyn­sta­ne en rol­maal­be­we­gings, maar jy moet goed wees op die ver­de­di­ging en ook die aan­val.”

Mal­her­be het ook ’n lan­sie ge­breek vir sy stut­maat, Be­ast M­ta­wa­ri­ra, wat mô­re in sy 100ste toets speel.

“Dis ’n on­ge­loof­li­ke myl­paal vir hom. Dit is so ’n groot eer vir my om saam met hom in sy 100ste toets te speel. Hy was ook daar toe ek my bui­ging ge­maak het. Ons sal e­nig­iets doen om dit ’n spe­si­a­le oom­blik vir hom te maak.”

Fo­to:­ MLUNGISI­ LOUW

Frans Mal­her­be staan gis­ter die me­dia te woord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.