Wal­la­by-span bly, Ie­re ge­snoei

Die Burger - - 22 -

Die Wal­la­bies se af­rig­ter, Mi­cha­el C­hei­ka, het die­self­de 23-tal wat ver­le­de na­week teen Ier­land ver­ras het, ge­kies vir mô­re se twee­de rug­by­toets in Mel­bour­ne.

Dit is die eer­ste keer se­dert C­hei­ka in No­vem­ber 2014 in dié pos aan­ge­stel is dat geen ver­an­de­rings aan die span aan­ge­bring is nie.

Aus­tra­lië het die Se­s­na­sies­kam­pi­oen en naas­bes­te span in wê­reld­rug­by ver­le­de Sa­ter­dag in B­ris­ba­ne teen die ver­wag­tin­ge in met 18-9 ge­klop.

Dit is on­der meer toe te skryf aan die er­va­re Da­vid Po­cock se teen­woor­dig­heid by die af­breek­pun­te en die im­pak wat die Wal­la­bies se plaasvervangers diep in die twee­de helf­te ge­maak het.

Daar was wel ’n paar haak­plek­ke in die lyn­sta­ne, maar C­hei­ka het daar­teen be­sluit om die Wa­ra­tahs se Ned Ha­ni­gan, wat be­seer was en nie vir die eer­ste toets oor­weeg kon word nie, in te sluit.

Ge­ge­we die 30-ja­ri­ge Po­cock se ver­to­ning en die kom­bi­na­sie wat hy en die kap­tein, Mi­cha­el Hooper, vorm, sou dit ’n waag­stuk ge­wees het om Ha­ni­gan te kies.

Alan Alaal­a­toa, wat aan­vank­lik een van die plaas­ver­van­ger­stut­te was, maar hom weens ’n en­kel­be­se­ring ont­trek het, staan nou ag­ter Tom Ro­bert­son in die ry.

Joe S­chmidt, Ier­land se brei­er, het in­tus­sen ’n ma­kro­agt­tal ge­kies. Die stut­te Tad­hg Fur­long en Ci­an He­a­ly is te­rug in die be­gin­span.

John­ny Sex­ton is ook te­rug op los­ska­kel.

Die Ie­re het in B­ris­ba­ne ge­suk­kel om die tuis­span se pak baas te raak, wat mee­ge­bring het dat hul­le nooit rit­me op die aan­val kon vind nie.

Sex­ton, Fur­long en He­a­ly se te­rug­keer is drie van agt ver­an­de­rings aan die be­gin­span.

Dan Le­a­vy is langs die kant van die skrum in Jor­di Murp­hy se p­lek ge­kies om Po­cock in toom te hou.

Die he­mel­be­sem De­vin To­ner is op slot in Iain Hen­der­son se p­lek ge­kies.

Ni­all S­can­nell is die nu­we ha­ker ten kos­te van Rob Her­ring, wat be­te­ken dat Ier­land ’n nu­we voor­ry het.

In die ag­ter­lyn is Gar­ry Rin­gro­se weer in die mid­del­veld langs Rob­bie Henshaw ge­kies. Bun­dee Aki het nie vir die twee­de toets ’n p­lek in die 23tal ge­kry nie.

■ Aus­tra­lië: Is­rael­ Fo­lau,­ Da­ne­ Hay­lett-Pet­ty,Sa­mu­ Ke­re­vi,­ Kurt­ley­ Be­a­le,­ Ma­ri­ka­ Koroi­be­te,Ber­nard­ Fo­ley,­ Will­ Ge­nia,­ Ca­leb­ Ti­mu,­ Mi­cha­elHooper­ (k),­ Da­vid­ Po­cock,­ A­dam­ Co­le­man,I­zack­ Rod­da,­ Se­ko­pe­ Ke­pu,­ Brandon­ Pa­en­gaA­mo­sa,S­cott­ Sio.­ PLAASVERVANGERS:­ To­luLa­tu,­ Tom­ Ro­bert­son,­ Ta­nie­la­ Tu­pou,­ Rob­ Sim­mons,Luk­han­ Tui,­ Pe­te­ Sa­mu,­ Nick­ P­hipps,Ree­ce­ Hod­ge.

Ier­land:­ Rob­ Ke­ar­ney,­ Andrew­ Con­way,­ Gar­ryRin­gro­se,­ Rob­bie­ Henshaw,­ Keith­ Earls,­ John­nySex­ton,­ Co­nor­ Mur­ray,­ CJ­ S­tan­der,­ Dan­ Le­a­vy,Pe­ter­ O’Ma­ho­ny,­ Ja­mes­ Ry­an,­ De­vin­ To­ner,Tad­hg­ Fur­long,­ Ni­all­ S­ca­nell,­ Ci­an­ He­a­ly.PLAASVERVANGERS:­ Rob­ Her­ring,­ JackM­cGrath,­ Andrew­ Por­ter,­ Tad­hg­ Beir­ne,­ Jor­diMurp­hy,­ John­ Coon­ey,­ Joey­ Car­be­ry,­ Jor­danLar­mour.­

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­Fo­to:­GETTY­IMAGES

Die bie­lie-stut Tad­hg Fur­long is een van ’n paar staat­ma­kers wat te­rug is in Ier­land se be­gin­span vir mô­re se twee­de toets teen die Wal­la­bies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.