‘Toets wys wat Bok­ke, Ro­se kán ver­mag’

Die Burger - - 22 - Ti­nus van S­ta­den

Rug­by slaan ’n nu­we rig­ting in, en span­ne moet nou min­stens drie drieë in ’n toets kan druk as hul­le met die bes­tes in die wê­reld wil mee­ding.

Daar­om glo Je­re­my Guscott, ’n voor­ma­li­ge sen­ter van En­ge­land en die B­rit­se en Ier­se Leeus, dat die eer­ste toets tus­sen die Ro­se en die S­pring­bok­ke op El­lis­park ’n uit­ste­ken­de ad­ver­ten­sie vir die sport­soort was.

Guscott was gis­ter ’n a­tel­jee­gas ty­dens ’n spe­si­a­le uit­sen­ding van die Bloem­fon­tein­se ra­di­o­sta­sie OFM.

“Die af­ge­lo­pe tien jaar of so was rug­by op ver­de­di­ging ge­skoei. Ver­skeie rug­by­li­gas­ter­re het daar­die in­vloed saam met hul­le ge­bring, want ver­de­di­ging is vir hul­le baie be­lang­rik,” het Guscott ge­sê.

“Al­mal jaag die All Blacks, maar as jy hul­le wil klop, moet jy min­stens drie drieë in ’n toets kan druk.”

Dié voor­ma­li­ge sen­ter sê die eer­ste toets was ’n puik voor­beeld van hoe goed ’n toets tus­sen t­wee van die bes­te span­ne in die wê­reld kan wees.

“Wan­neer laas het jy se­we drieë in een helf­te van in­ter­na-si­o­na­le rug­by ge­sien? Ed­die (Jo­nes, En­ge­land se brei­er) sal ge­reeld sê hy het die span nie goed ge­noeg voor­be­rei vir ’n toets as hul­le ver­loor nie. Ek dink nie dít was Sa­ter­dag die ge­val nie.

“En­ge­land het vrees­lik baie straf­skop­pe af­ge­staan, daar was meer in­di­vi­du­e­le fou­te as span­fou­te aan En­ge­land se kant. Die S­pring­bok­ke het straks meer span­fou­te be­gaan in daar­die eer­ste 20 mi­nu­te.

“Ed­die sal by­voor­beeld vir Ma­ro I­to­je sê om in die twee­de toets nie so­veel in­di­vi­du­e­le aan­dag aan Faf de K­lerk te gee nie.

“Ma­ro het Faf o­ral op die veld rond­ge­jaag en hom met ’n paar skelm­stre­ke by­ge­kom.

“Ed­die sal vir Ma­ro aan­sê om eer­der dít te doen waar­voor hy be­kend is: hard­loop met die bal en voer groot duik­slae uit.

“Die af­rig­ter sal hoop hy kry sy span tot so ’n ma­te op­ge­sweep dat hul­le die toets in Bloem­fon­tein met 15 pun­te kan wen. Dit sal goed wees uit ’n me­dia-oog­punt as die toets in Kaap­stad ’n be­slis­sen­de een is,” sê hy.

Guscott het ook ver­wys na Siya Ko­li­si . “Daar was so­veel aan­dag op hom om­dat hy die eer­ste swart spe­ler ge­word het om die Bok­ke in ’n toets aan te voer.

“Om die span op so ’n merk­waar­di­ge wy­se kalm te hou, is uit­ste­kend. Hy het puik ge­vaar.”

Fo­to:­ IAN­ THURTELL

A­din Ma­sen­camp van die S­trand sal die na­week in Blou­berg­strand aan Jor­dy S­mith se Kaap­stad­se by­een­koms deel­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.