Ca­ne glo nie Ha­ne sal wraak koes­ter

Die Burger - - 22 - Sam Ca­ne

Sam Ca­ne is glad nie be­kom­merd dat die Fran­se Ha­ne mô­re in Wel­ling­ton met wraak­ge­dag­tes op die veld gaan draf nie.

Die All Black-flank was ver­le­de Sa­ter­dag, in sy span se eer­ste rug­by­toets teen Frank­ryk in Auck­land, een van die son­daars in ’n om­stre­de duik­slag wat die Fran­se vleu­el Ré­my Gros­so met t­wee ske­del­breu­ke ge­laat het.

Ca­ne het skot­vry daar­van af­ge­kom, ter­wyl Gros­so se toer be­ëin­dig is.

Die t­wee span­ne pak me­kaar mô­re in die We­st­pac-sta­di­on in Wel­ling­ton, maar Ca­ne sal nie oor sy skou­er loer nie. “Ek het tot nou nog nie eens daar­aan ge­dink nie. Ek is nie be­kom­merd nie,” het Ca­ne gis­ter ge­sê.

“In­ter­na­si­o­na­le span­ne maak nie jag op me­kaar na­mens be­seer­de span­maats nie.

“Ek dink hul­le sal op hul ver­to­ning wil ver­be­ter (en) ek sal ver­baas wees as hul­le deur so iets aan­ge­spoor word,” het Ca­ne voorts ge­sê.

“Ons as span sou nie. Ons sou ge­fo­kus wees op waar ons kan ver­be­ter, om be­ter op die tel­bord te vaar.”

Die be­se­ring aan Gros­so maak rug­by­lief­heb­bers min­der vies as die feit dat nie Ca­ne of sy span­maat Ofa Tu’ung­a­fa­si (die an­der spe­ler be­trok­ke by die duik­slag op Gros­so) geel of rooi op die lyf ge­loop het vir die voor­val nie.

■ S­te­ve Han­sen, Nieu-See­land se brei­er, het in­tus­sen ’n on­ver­an­der­de span vir die twee­de toets ge­kies.

Die All Blacks het die eer­ste toets met 52-11 ge­wen.

“Dit is nie i­de­aal om nou groot­skaal­se ver­an­de­rin­ge te maak nie, want ons bou aan ons kom­bi­na­sies, vaar­dig­he­de en spel­pa­troon,” het hy ge­sê.

Sy Fran­se e­we­knie, Ja­c­ques Bru­nel, het vyf ver­an­de­rin­ge aan sy span aan­ge­bring met die doel om ’n bie­tjie trots te her­win.

Die los­voor­spe­lers Ke­li­an Gal­le­tier en Ma­thieu Ba­bil­lot ver­vang Ju­di­ca­el Can­co­riet en Fa­bien San­con­nie, ter­wyl Ke­vin Gour­don van flank na agt­ste­man skuif.

Die Suid-A­fri­kaans ge­bo­re Ber­nard le Roux sak in sy 32ste toets op slot in die p­lek van Paul Ga­bril­la­gues.

Ag­ter­langs speel Ben­ja­min Fall heel­ag­ter in Max­i­me Me­dard se p­lek en Ga­el Fickou ver­vang die be­seer­de Gros­so op lin­ker­vleu­el.

■ Nieu-See­land: Jor­die­ Bar­rett,­ Ben­ S­mith,An­ton­ Lie­nert-Brown,­ Ry­an­ Crot­ty,­ Rie­ko­ Io­a­ne,Beau­den­ Bar­rett,­ Aa­ron­ S­mith,­ Lu­ke­ W­hi­te­lock,Sam­ Ca­ne,­ Li­am­ S­qui­re,­ S­cott­ Bar­rett,Sam­ W­hi­te­lock­ (k),­ O­wen­ Franks,­ Co­die­ Tay­lor,Joe­ Moody.­ PLAASVERVANGERS:­ Nat­hanHar­ris,­ Karl­ Tu’in­u­ku­a­fe,­ Ofa­ Tu’ung­a­fa­si,­ Va­e­aFi­fi­ta,­ Ar­die­ Sa­vea,­ TJ­ Pe­re­na­ra,­ Da­mi­anM­cKen­zie,­ N­ga­ni­ Lau­ma­pe.

Frank­ryk :­ B en­ Fall,­ Ted­dy­ T­ho­mas ,­ Ma­thi­euBas­t­a­reaud­ (k),­ Ge­of­frey­ Dou­may­rou,­ Ga­elFickou,­ An­tho­ny­ Bel­leau,­ Mor­gan­ Par­ra,­ Ke­vinGour­don,­ Ke­li­an­ Gal­le tier ,­ Ma­thieu­ Ba­bil­lot,Yo­ann­ Ma­e­s­tri,­ Ber­nard­ l e­ Roux ,­ Ui­ni­ A­to­nio,Ca­mil­le­ C­hat,­ Dan y­ P­ri­so.­ PLAASVERVANGERS:Pi er­re­ Bou­ga­rit,­ Cy­ril­ Bail­le,­ Ce­da­te­ Go­mes­ Sa,­ Paul­ Ga­bril­la­gues,­ A­lex­and­re­ La­pand­ry,­ Bap­tis­te­ Se­rin,­ Jul es­ P­lis­son,­ Max­im e­ Me­dard.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.