Hier­ro sê S­pan­je sál ge­reed wees

Brei­er gaan hou by voor­gan­ger se struk­tuur

Die Burger - - 23 -

Hy kan nie in t­wee dae ver­an­der wat oor die af­ge­lo­pe t­wee jaar in p­lek ge­stel is nie.

Só sê Fer­nan­do Hier­ro, nu­we af­rig­ter van S­pan­je se sok­ker­span, aan die voor­aand van die groot Wê­reld­be­ker-groep­wed­stryd teen Por­tu­gal.

Dié krag­me­ting in Groep B gaan van­dag plaas­vind teen die ag­ter­grond van hoog­dra­ma in die S­paan­se kamp die laas­te paar dae.

S­paan­se sok­ker­ba­se het Woens­dag vir ’n reu­se-op­skud­ding ge­sorg toe hul­le hul brei­er, Ju­len Lo­pe­teg­ui, die trek­pas ge­gee het om­dat hy ag­ter sy werk­ge­wer se rug ’n kon­trak met die S­paan­se klub­span Re­al Ma­drid ge­sluit het.

On­der Lo­pe­teg­ui het S­pan­je nie ’n en­ke­le ne­der­laag in 20 wed­stry­de ge­ly nie, met 14 se­ges en ses ge­lyk­op­uit­slae.

Hier­ro, wat deel was van Lo­pe­teg­ui se span­be­stuur, sê die ge­heim vir hom gaan wees “om so min as moont­lik te ver­an­der” aan wat sy voor­gan­ger ge­doen het.

“Jy kan nie t­wee jaar se werk in t­wee dae wil ver­an­der nie en ’n groot deel van die teg­nie­se span gaan aan­bly.

“Ons het reeds beeld­ma­te-ri­aal van Por­tu­gal ont­leed en wat be­lang­rik is, is om nou sa­me­ho­rig te wees. Ons sal ook slim moet dink. Daar is nie baie ruim­te om e­nig­iets voor die Por­tu­gal-stryd te ver­an­der nie.”

Die 50-ja­ri­ge Hier­ro, ’n voor­ma­li­ge S­paan­se spe­ler, het nie baie er­va­ring as ’n af­rig­ter op die hoog­ste vlak nie. Trou­ens, hy het nog net die twee­de­li­ga­span O­vie­do af­ge­rig.

Tog sê hy dié kans kon hy nie van die hand wys nie en hy glo die spe­lers is voor­be­rei om die Eu­ro­pe­se kam­pi­oen (Por­tu­gal) van­aand in Sot­sji te ver­slaan.

“Hul­le is al­mal be­roep­spe­lers, vol­was­se en ver­ant­woor­de­lik. As ek nie ge­dink het ons kan dié toer­nooi wen nie, sou ek nie dié pos op kort ken­nis­ge­wing aan­vaar het nie.”

Die er­va­re S­pan­jaard en Bar­ce­lo­na-le­gen­de An­drés I­nies­ta het in­tus­sen sy span­maats ge­waar­sku teen die ge­vaar wat die Por­tu­ge­se ta­lis­man en Re­al Ma­drid-doe­le­vraat C­ris­ti­a­no Ro­nal­do vir hul­le in­hou.

“C­ris­ti­a­no is ’n sleu­tel­spe­ler vir e­ni­ge span vir wie hy uit­draf. Por­tu­gal is geen uit­son­de­ring nie. Dit verg baie om ’n span soos Por­tu­gal te ver­slaan en ons sal op ’n baie hoë vlak moet speel,” het hy aan die pu­bli­ka­sie Ca­de­na Co­pe ge­sê.

I­nies­ta, ’n 34-ja­ri­ge mid­del­veld­spe­ler, was lid van die S­paan­se span wat in 2010 die WB-toer­nooi in Suid-A­fri­ka ge­wen het.

■ Hoe­wel hul­le buur­lan­de is, is dit ver­stom­mend dat dié t­wee span­ne in 2012 laas krag­te ge­meet het. Daar­die wed­stryd, in die half­eind­ron­de van die Eu­ro­toer­nooi in Do­netsk, Oe­kra­ï­ne, het met 0-0 ge­ëin­dig ná by­ko­men­de speel­tyd. S­pan­je het die daar­op­vol­gen­de straf­doel­stryd met 4-2 ge­wen.

Hul laas­te WB-ont­moe­ting was in 2010 in Kaap­stad, met S­pan­je wat dié uit­klop­stryd in die twee­de ron­de met 1-0 ge­wen het.

Fo­to:­ AP

Al­le oë sal op C­ris­ti­a­no Ro­nal­do en sy Por­tu­ge­se span ge­rig wees wan­neer hul­le van­aand in Sot­sji in ’n groot Wê­reld­be­ker-groep­stryd teen S­pan­je te staan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.