Net­bal: ak­sie, maar g’n geld

Die Burger - - 23 - Ann­chen Nel

Ver­le­de jaar het die kam­pi­oen­span die lok­aas ge­had van deel­na­me aan ’n oor­se­se klub­toer­nooi.

Son­dag word die kam­pi­oen in die vyf­de af­le­we­ring van die na­si­o­na­le P­re­mier­liga-net­bal­reeks ge­kroon, maar dit is steeds on­dui­de­lik of hy prys­geld gaan ver­dien.

Die Spe­ler van die Wed­stryd ná el­ke krag­me­ting het tot dus­ver ’n tjek vir R3 000 in die sak ge­steek, maar dit is on­se­ker hoe­veel die Spe­ler van die Toer­nooi gaan ont­vang.

Die uit­speel­wed­stry­de word die na­week op die Tuks-kam­pus in P­re­to­ria be­slis.

Die Fla­mes van Noord­wes, wat der­de ge­ëin­dig het, speel van­mid­dag ’n uit­speel­stryd teen die King­dom Stars, wat ses­de klaar­ge­maak het.

Daar­na pak die C­ri­nums (vier­de) van die Vry­staat die Fi­re­balls van Gau­teng (vyf­de).

Die Fla­mes be­hoort hul wed­stryd ge­mak­lik te wen en sal dan mô­re ’n half­eind­stryd speel teen die Ja­guars, wat on­oor­won­ne was en dus eer­ste ge­ëin­dig het.

Die wen­ner van die twee­de wed­stryd speel die­self­de tyd as die S­pring­bok-rug­by­toets (teen En­ge­land) teen die S­tings van die Wes-Kaap.

Ce­ci­lia Mo­lo­kwa­ne, die president van Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA), het ver­le­de maand met die be­kend­stel­ling van die toer­nooi ge­sê spe­lers “moet vir trots speel”.

’n Be­drag van R800 is be­loof vir el­ke span se twaalf­tal vir die af­ge­lo­pe vyf na­we­ke.

In van­dag se e­ko­no­mie kos dit ’n spe­ler baie meer as dít om by oe­fe­nin­ge en wed­stry­de te kom.

Die C­ri­nums het op 27 Mei hul groep­wed­stryd teen die Fi­re­balls met ’n en­ke­le punt ge­wen (44-43) en sa­ke is baie ge­lyk­op in dié span­ne se stryd.

Do­ret­te Ba­den­horst, die Fi­re­balls-af­rig­ter, en haar e­we­knie van die C­ri­nums, Bur­ta de Kock, is al­bei in hul vyf­de jaar aan die s­tuur van ’n P­re­mier­liga­span en ken me­kaar goed.

De Kock het al ses doel­skie­ters met ge­meng­de wel­slae in­ge­span, ter­wyl Ba­den­horst suk­kel met diep­te on­der haar skerp­skut­ters.

■ Na­week se pro­gram: Van­dag: 16:00:­ Fla­mes­ t.­ King­dom­ Stars;18:00:­ C­ri­nums­ t.­ Fi­re­balls­ (al­bei­ opSS­ 10).­ Mô­re:­ 09:00:­ Di­a­monds­ t.Aloes;­ 11:00:­ Ba­o­babs­ t.­ Sun­bi­rds;13:00:­ Uit­speel­stryd;­ 15:00:­ Half­eind­stryd1;­ 17:00: Half­eind­stryd­ 2­ (al­bei­op­ SS­ 10,­ GDN).­ Son­dag:­ 10:00: Der­de­plek;­ 12:00:­ Eind­stryd­ (SS­ 10,­ GDN).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.