Wind ruk se­ders uit­me­kaar in Ope

Die Burger - - 23 - Ma­ri­zan­ne Kok

Toe daag die wind by New York se Long Is­land op ... en blaas S­hin­ne­cock Hills se skerp tan­de wa­wyd oop.

Die wê­reld se voor­ste spe­lers het gis­ter som­mer met die in­trap­slag ont­hou hul­le is van­dees­week by die moei­lik­ste gholf­toer­nooi in die wê­reld, met net t­wee van die og­gend-af­sla­ners wat baan­sy­fer kon oor­tref in die A­me­ri­kaan­se Ope se eer­ste ron­de.

Die A­me­ri­ka­ner S­cott Pier­cy en En­gels­man Ian Poul­ter het die Ope se eer­ste og­gend­ses­sie as klub­huis-voor­lo­pers af­ge­sluit met ’n tel­ling van 69 (een hou min­der as baan­sy­fer). Al­bei het drie vo­ël­tjies en t­wee brou­houe op hul tel­kaar­te in­ge­vul.

Dié t­wee tel on­der ’n hand­vol spe­lers wat te­vre­de van die baan kon weg­stap, saam met on­der an­de­re die 2013-kam­pi­oen, Jus­tin Ro­se, C­har­les Ho­well en C­har­ley Hoff­man (al­mal 71).

Maar daar was do­sy­ne meer fron­se aan die ein­de van die ses­sie – met drie die­pes op die voor­kop­pe van die mans in die og­gend­ses­sie se mar­kies­groep.

Tus­sen hul­le het die ma­jor­kam­pi­oe­ne P­hil Mic­kel­son, Ro­ry M­cIl­roy en Jor­dan S­pieth 25 houe meer as baan­sy­fer ge­speel. M­cIl­roy, ’n twee­ma­li­ge Ope-wen­ner, het die swak­ste van die t­rio ge­vaar met ’n ron­de van 80 wat se­we brou­houe en drie dub­be­le brou­houe in­ge­sluit het.

Die Noord-Ier se ys­ter­spel het hom le­lik in die steek ge­laat, en hy kon net vyf set­per­ke in re­gu­la­sie-houe be­reik. Daar­by het hy net die helf­te van die skoon­vel­de van die bof af ge­haal – en by S­hin­ne­cock Hills met sy lang fes­cue-gras is dit ’n dood­son­de.

S­pieth moes te­vre­de wees met ’n 78, wat self vyf brou­houe en t­wee dub­be­le brou­houe in­ge­sluit het.

Mic­kel­son, wat Sa­ter­dag 48 word en ná ses twee­de plek­ke droom van ’n eer­ste se­ge (en daar­mee saam die loop­baan­Slam), het ’n 77 op sy tel­kaart in­ge­vul.

Vier Suid-A­fri­ka­ners was in ak­sie in die og­gend­ses­sie, met Lou­is Oost­hui­zen (op 74 net vyf houe ag­ter die voor­lo­pers) die bes­te van hul­le. Bran­den Gra­ce het 76 houe ge­speel, Dy­lan F­rit­tel­li 78 en C­harl S­chwart­zel 79.

Met druk­tyd was dit nog vroeg in Er­nie Els en De­an Bur­me­ster se ron­des.

Ook Ti­ger Woods was in ak­sie in die mid­dag­ses­sie. Hy het sy toer­nooi af­ge­skop met ’n drie­dub­be­le brou­hou by die eer­ste put­jie.

Fo­to:­ GETTY­ IMAGES

’n Dui­de­lik om­ge­krap­te Ro­ry M­cIl­roy pas na­dat hy gis­ter sy eer­ste ron­de van die A­me­ri­kaan­se Ope met ’n brou­hou af­ge­sluit het. Hy het 80 houe ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.