Rus­se laat Poe­tin breed glim­lag

Die Burger - - 24 -

’n Wys­neus het voor­af ge­sê die Rus­sie­se sok­ker­span sal dit nie waag om voor hul president, Wla­di­mir Poe­tin, te ver­loor in die o­pe­nings­wed­stryd van die Wê­reld­be­ker-toer­nooi gis­ter teen Sa­oe­di-Ara­bië nie.

Hy was reg.

Die Rus­se het ’n groot glim­lag op Pu­tin se ge­sig ge­plaas deur die Sa­oe­di’s met 5-0 te klop, na­dat hul­le rus­tyd reeds met 2-0 voor­ge­loop het.

Die Rus­se het die sout kwaai in die won­de ge­vryf met t­wee doe­le in die laas­te drie mi­nu­te van by­ko­men­de speel­tyd.

Die Rooi Ge­vaar het in die vol­ge­pak­te Loe­z­j­ni­ki-sta­di­on in Mo­s­kou net 12 mi­nu­te ge­neem om hul re­ke­ning te o­pen, toe die mid­del­veld­spe­ler Iu­ry Ga­zin­sky die eer­ste doel van die toer­nooi met ’n kop­skoot be­haal het.

Dit was van­af ’n hoek­skop wat aan­vank­lik eers rond­ge­dob­ber het, maar toe met ’n puik dwars­skop op die kop van die blon­de­kop Ga­zin­sky be­land het om dit ver­by die uit­ge­strek­te hand van die doel­wag­ter, Abdul­lah Al­mu­ai­ouf, te s­tuur.

En­ke­le mi­nu­te voor rus­tyd het die Rus­se se buf­fer ver­dub­bel toe die plaas­ver­van­ger De­nis C­herys­hev die net laat be­we het met ’n ste­wi­ge skop van skaars vyf me­ter van­af die doel­hok.

Hy het dit in be­se­rings­tyd kort voor die ein­de her­haal met ’n uit­ste­ken­de doel van ’n skop van by­kans 20 me­ter.

Al­mu­ai­ouf het die bal glad nie eens ver­by hom sien be­weeg tot in die doel­hok nie.

Met hier­die vuur­pyl­doel van hom het C­herys­hev die eer­ste plaas­ver­van­ger nóg ge­word wat ’n doel in die o­pe­nings­wed­stryd van ’n WB-toer­nooi aan­te­ken en dit toe la­ter ver­be­ter deur die eer­ste plaas­ver­van­ger te word wat t­wee doe­le in ’n o­pe­nings­wed­stryd ag­ter sy naam skryf.

Net soos wat die ge­val met Ga­zin­sky was, was dit ook C­herys­hev se eer­ste doel vir sy land. Ga­zin­sky het boon­op in sy eer­ste wed­stryd se­dert Maart ver­le­de jaar ge­speel, waar­na hy uit guns ge­raak en nog nie weer ge­kies is tot en met hier­die wed­stryd nie.

C­herys­hev het die Rus­sie­se ster­spe­ler Alan D­za­goev, wat in die 22ste mi­nuut ’n dy­spier­be­se­ring op­ge­doen het, ver­vang.

In die 70ste mi­nuut was dit weer sul­ke tyd vir die Rus­se en moes Al­mu­ai­ouf weer die bal uit sy doel­hok op­tel toe nóg ’n plaas­ver­van­ger, Ar­tem D­zyu­ba, die kol met ’n kop­skoot ge­tref het.

Die laas­te doel is deur A­lek­san­der Go­lo­vin met ’n vry­skop aan­ge­te­ken.

Fo­to: REUTERS

Sa­oe­di-Ara­bië se doel­wag­ter, Abdul­lah Al­mu­ai­ouf, vlieg deur die lug, maar kan nie De­nis C­herys­hev se twee­de doel keer nie. Rus­land het sy Wê­reld­be­ker-veld­tog op tuis­bo­dem gis­ter af­ge­skop met ’n oor­win­ning van 5-0 oor die Sa­oe­di’s in Mo­s­kou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.