Eras­mus bra lug­tig vir gif­ti­ge Ci­pri­a­ni se im­pak

Die Burger - - 24 - O­wen Kock

Die En­gel­se los­ska­kel Dan­ny Ci­pri­a­ni is nie gis­ter om do­we neu­te op die Ro­se se plaas­ver­van­gers­bank in­ge­sluit nie.

Vol­gens Ras­sie Eras­mus, af­rig­ter van die S­pring­bok­ke, ver­wag hy dat Ci­pri­a­ni ’n be­lang­ri­ke rol as im­pak­spe­ler in mô­re se twee­de toets teen Suid-A­fri­ka in Bloem­fon­tein gaan maak.

Die En­gel­se moet dié toets wen om ’n reeks­ne­der­laag af te weer na­dat die Bok­ke hul­le ver­le­de Sa­ter­dag met 42-39 op El­lis­park in Jo­han­nes­burg ge­klop het.

Die Ro­se het die Bok­ke on­kant be­trap deur van die af­skop af met die bal te hard­loop, pleks daar­van om die tuis­span se ag­ter­ste drie met hoë skop­pe te bom­bar­deer.

Hul­le het die Bok­ke se ge­bre­ke op die ver­de­di­ging, deels om­dat daar ’n paar groen­tjies ag­ter­langs was, kli­nies uit­ge­buit en drie ver­doel­de drieë in die eer­ste 18 mi­nu­te aan­ge­te­ken.

Dis ’n raai­sel hoe die En­gel­se be­plan om dié week te speel, maar Ci­pri­a­ni se in­slui­ting dui daar­op dat die En­gel­se nie kon­ser­wa­tief gaan wees in die laas­te kwart van die wed­stryd nie.

“Hul span het nie baie ver­an­der nie. Ci­pri­a­ni is op die bank, want as die wed­stryd la­ter gaan oop­maak, is hy die soort spe­ler wat ’n im­pak kan maak,” sê Eras­mus.

“Hy is ’n ou wat ruim­te op die veld uit­ste­kend be­nut, so hy gaan ’n be­drei­ging wees. Ek dink met (Joe) Laun­chbu­ry (op slot) en (Brad) S­hields (op steel­kant­flank) gaan hul­le meer vaart hê en ook baie meer me­de­din­gend in die lyn­sta­ne wees.

“S­hields ken rug­by in die Sui­de­li­ke Half­rond baie goed en het ge­reeld teen die man­ne (die mees­te van die S­pring­bok-spe­lers) ge­speel, so dit gee vir hom ’n voor­deel.”

Ci­pri­a­ni, ’n spe­ler wat stryk­deur sy loop­baan met sy af­rig­ters kop­pe ge­stamp het, sal die eer­ste keer se­dert 2015 weer ’n En­gel­se trui oor die kop trek.

Ed­die Jo­nes, En­ge­land-brei­er, het Ci­pri­a­ni voor die reeks ge­waar­sku dat hy op die eer­ste vlieg­tuig te­rug huis toe sal wees as sy hou­ding nie reg is nie.

Hy glo eg­ter Ci­pri­a­ni se vaar­dig­he­de maak van hom die i­de­a­le spe­ler om die tou­tjies te trek as die teen­stan­ders teen die ein­de be­gin uit­sak.

Ci­pri­a­ni het al in 14 toet­se vir En­ge­land ge­speel.

Fo­to: GETTY IMAGES

Dan­ny Ci­pri­a­ni se vaar­dig­he­de maak hom ’n gif­ti­ge spe­ler as die spel los­tor­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.