Pas­toor At is ’n ware bles­sing vir hier­die land

Die Burger - - 14 - Da­na Sny­man

God wil hê ons moet ryk wees, sê Ben. God wil ons b­less met geld. God haat ar­moe­de. Hy wil hê ons al­mal moet mil­joe­nêrs wees. Daar­om het hy en Es­tie die NG Kerk ge­los, sê Ben. Hul ou­ers is nog in die NG Kerk, en dis sad. Hul­le weet nie van prai­se en wors­hip en fel­lows­hip nie. Hul­le koek en tee nog ná die diens in die kerk­saal en hou ba­saar.

In die NG Kerk is te veel te­o­lo­gie. Als net te­o­lo­gie. Ooms met hul G­rieks en He­breeus en an­der goed wat net hul­le ver­staan.

Hy gaan eer­der na Hillsong of na Pas­toor At se diens­te toe, sê Ben. Pas­toor At is ’n bles­sing vir hier­die land. Pas­toor At gym vyf dae ’n week. In pas­toor At se kerk kan jy sien hoe men­se hul lewe om­draai en hoe God hul­le b­less. Jy kan Je­sus se spi­rit in sy prai­se-en-wors­hip-diens­te voel – ver­al as die band be­gin speel. Dis amazing as jy so op­staan en die band speel en al­mal prai­se en wors­hip en jy voel die spi­rit in jou in­kom.

Vir pas­toor At gaan dit oor suk­ses. Success. We­alth. He­alth. Hap­pi­ness. Dis nie ’n kerk vir lo­sers nie. Dit is ’n kerk vir wen­ners.

Men­se moe­nie met hul Gand­hi-sto­ries by hom kom nie, sê Ben.

Jy mag maar baie geld hê son­der om op

’n guilt trip daar­oor te gaan. Van­dat hy by Pas­toor At is en geld vir pas­toor At se kerk gee, b­less God hul be­sig­heid on­ge­loof­lik. God het hom en Es­tie ook met die strand­huis op B­ren­ton ge­bless.

Son­der geld kan jy niks doen nie. Kyk na die men­se in die towns­hips en squat­ter­kam­pe. Hul­le doen niks nie. Sit net en drink en doen d­rugs en toyi-toyi en gee a­part­heid en werk­loos­heid en al­ler­han­de an­der goed die skuld vir hul si­tu­a­sie. They are trap­ped in their ne­ga­ti­ve thoug­hts.

Hy lees graag Joel O­steen se boe­ke, sê Ben. O­steen is hier­die in­cre­di­ble A­me­ri­kaan­se p­re­di­ker wat sê elk­een van ons skep ons eie suk­ses. God het O­steen ge­bless met hier­die man­si­on in Tex­as, en ’n pri­va­te jet, en ’n luxu­ry seil­jag.

En hoe­kom nie? Om arm te wees is nie God se wil nie. Ons al­mal wil tog al­les hê wat ons hap­py maak. Je­sus sou moont­lik in ’n man­si­on ge­bly het en die nu­we Porsche Pa­na­me­ra ge­ry het as hy van­dag ge­leef het.

Dit is hoe­kom hy so van Do­nald Trump hou, sê Ben. Trump wil hê al­mal moet ryk wees. An­der lan­de se ar­mes moet nie oor ons gren­se kom en ons geld en goed kom vat nie.

En men­se wat so la­waai maak oor glo­bal war­ming keer net e­ko­no­mie­se voor­uit­gang.

Die ar­mes moet be­sef die op­los­sing lê in hul­self. Dit gaan oor the po­wer of po­si­ti­ve thin­king. Dink po­si­tief. Glo in jou­self. Dis jou eie skuld as jy arm is. You must see your­self in a pro­spe­rous con­di­ti­on. Vi­su­a­li­seer jou suk­ses. Sit daar in jou shack en sien jou­self in ’n man­si­on bly en met die nu­we Porsche Pa­na­me­ra ry. Just do it.

Dit is al am­per weer De­sem­ber, en hy en Es­tie gaan weer in Eu­ro­pa ski, sê Ben. Wat ’n bles­sing! Nê­rens voel hy na­der aan God as op die Al­pe se ski slo­pes nie. Dit was ’n taw­we jaar. Hul­le moes men­se by die werk re­trench so­dat die be­sig­heid kon bly groei.

‘‘ Die ar­mes moet be­sef die op­los­sing lê in hul­self. Glo in jou­self. Dis jou eie skuld as jy arm is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.